Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57138 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -6 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -6 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -59 minutes ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -1 hour ago
Slowstrike---Lucky strike Julie 2019 - Koffiekroeg wessels -1 hour ago
Mirrrag!!

Danie, geniet die…
Julie 2019 - Koffiekroeg Groot G -1 hour ago
oom Wessel, moet nou nie vir… Waar is almal Groot G -1 hour ago
Ski verskoning Waar is almal wessels -1 hour ago

Echo uithaler diens

Brits
Submitted by wessels on Fri, 12/04/2019 - 11:23
Forums

Middag vriende 

Ek wil net noem dat ek die week my boswa laat diens het by ECHO hoofkantoor. Dit is nou die 2de keer vandat ek dit het.

Aangesien sommige van ons [die uwe inkluis] so gou is om van swak diens te vertel, is dit sekerlik ook net korrek om te noem as mens goeie diens by 'n verskaffer kry. 

My waterpomp wat die kombuis en stort bedien, moes vervang word. So gebeur dit toe dat hulle per ongeluk geen pomp in voorraad het nie. Ten einde my tegemoed te kom sodat ek my wa môre kan kry, het hulle 'n pomp uit 'n nuwe wa op hulle vertoonvloer gehaal om in myne te sit.

Dit is wat ek diens noem.

Groete

Wessel

PS: Voortrekker, verwyder maar die insetsel as jy dink dis moontlik advertensie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 12/04/2019 - 18:28

Wessel, dit laat my ver terugdink na 1969 toe ek 'n klein Sprite GT by die Sprite-handelaar in Bramley, Johannesburg gekoop het.  Die karavaantjie was pas vrygestel en ek was hul eerste koper. Voor die handelaar se gebou het hulle 'n reuse hand gehad wat op 'n draaitoestel gemonteer was en bo-op die hand se wysvingerpunt, het hulle 'n leë dop Sprite GT karavaantjie met 'n hyskraan aangebring vir reklame doeleindes.  Na my eerste vakansie-rit met die Sprite, het die veerstelsel ingegee en die wa het na links oorgehang.  Ongelukkig was onderdele op die nuwe waentjie nog uiters skaars en ek was haastig vir my volgende rit.  Die handelaar het wraggies die hele as-stelsel van die demo-model op die draaiende hand afgehaal en my Sprite s'n daarmee vervang ! Ek was stomgeslaan van sulke goeie diens !

.

Centurion

Voortrekker

Sun, 14/04/2019 - 07:33

Voortrekker, verwyder maar die insetsel as jy dink dis moontlik advertensie.

   Behalwe as jy vir hulle werk of direk voordeel hieruit trek?  Maar ek glo nie so nie wink

Môre Voortrekker

Ek werk nie vir Echo nie, en ek moes  maar uithaal en betaal vir die "uithaler" diens.

Groot deel van die diens was skoolgeld, maar algaande word mens wys.

Groete

Wessel   

Roodepoort

HennieBo

Mon, 15/04/2019 - 08:41

....en Francois Swart wat destyds by Loftus Karavane  en tot nou onlangs by Comet karavane die verkoops bestuurder was, is nou die verkoopsbestuurder van 2de handse waens daar.

Haal maar af as dit advertensie is Anton.