Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -2 hours ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -2 hours ago

Padkaravaan vs Boskaravaan?

Submitted by Frikadel on Wed, 17/04/2019 - 08:21
Forums
Watter een verkies jy en hoekom? Onder die hofies van Voordele en Nadele.

My 2c is soos volg

Pad wa

Lekker spasie

Min opslaan werk

Veld wa

Kan grondpad ry

baie opslaan werk

 

So my gevoel is bou weer die ou waens wat al die gerif gehad het van padwa maar kan grondpad ry. My 1983 gysey 5 was tot in sesriem en terug op al die grondpaaie en niks het ooit af geval nie. 

Padkaravaan

Lekker ruim en goed sonbelig

Lig om te sleep - relatief

Slaan maklik op

Veilig, want daar is geen seile om onder te slap nie

Kan nie orals gesleep word nie, tog met logiese verstand kan jy baie plekke kom

Goedkoper

Boskaravaan

Swaar

Duur

Baie opslaan werk

Onveilig met al sy tente waaronder jy sleep

Voel soos n grot binne

Donker

Min spasie

My gevoel

Boskaravane is soos die groot avontuur motorfietse, 99.9% het nog nooit n ordentlike grondpad gesien nie, behalwe die paadjie van die teer tot by die kampterrein.

 

Brits

wessels

Wed, 17/04/2019 - 09:13

Môre Frikadel en ander vriende

Net eers my agtergrond oor die onderwerp. Ek het etlike jare met 'n Palma [padwa] gekamp. Nou vir die afgelope jaar met 'n Echo Kavango, dus kan ek seker 'n objektiewe indruk gee.

Onthou die oefening gaan uiteelopende resultate lewer, afhangende van watter waens be-oordeel/vergelyk word.

Nadele van boswa [Kavango] in vergelyk met padwa [Palma];

1] meestal kleiner binne, asook dan voltent oppervlak

2] bed uitleg is minder gerieflik, nuwe Echo-Kunene het nou 'n permanente bed agter.

3 effe hoër van grond, bemoeilik in/uitklim

4] binne kophoogte effe laer as in padwa, weereens funksie van tipe boswa

5] sytent span sleg, meer geneig om water op te vang

6] effe meer werk om oor te slaap, voorste bed oopslaan, badkamer uitstoot

7] minder pakplek binne, en geen hangkas vir langbroeke ens

8] ek vermoed in die algemeen PRYS. Ek dink dat boswaens weens gewildheid baie duurder geword het as padwaens [ek mag verkeerd wees, dit sal 'n analise van produkpryse verg]

9] moontlik minder "verfynd" volgens dames norme [tog is daar produkte wat dit nou aanspreek, soos Mobi lodge]

 

Voordele van boswa bo padwa;

1] meer meganies robuust, meer geskik vir slegte/slaggat paaie

2] groot ingeboude watertenk 120l teenoor 20l kan

3] warm water by kombuis en badkamer

4] sleep makliker omdat net so breed as my trokkie, en totale hoogte kwalik  hoër as my trokkie.

5] toegerus met 220V, 12V, gas vir ligte, kook, en vries/koelkaste

6] Kan maklik presies dieslfde velling/bande opsit as wat op sleepvoertuig is. Dus in noodgeval, pas trokkie en wa se wiele op mekaar.

7] haal maklik jokkie-wiel af, dus geen gehaak aan spoedwalle nie.

8] pas in gewone waenhuis[garage]

Neutrale opmerkings

Op die einde moet elkeen maar sy omstandighede, behoeftes en beursie raadpleeg en dan koop. 

Groete

Wessel

 

Pretoria

leeu

Wed, 17/04/2019 - 09:20

Ons verkies, op my ouderdom, 'n padwa.

Padwa:

Voordele - Spasie binne, slaap binne m.a.w beter t.o.v veiligheid, goedkoper tweedehans (as jy appels met appels vergelyk), tent slaan makliker op met die extrusion aan die wa. Goed ontwerpe tente met uistaande materiaal.

Nadele - Kan nie op slegte paaie gesleep word nie, is nie heeltemal ingerig vir "off grid" kampering nie, houtvrot, en is nie so sterk gebou soos boswaens nie.

Boswa:

Voordele - Sleep makliker, want hulle kom meestal uit met 15 duim wiele, Kan amper enige pad gesleep word, is ingerig met son panele en goeie 12V en of gas toerusting, Sal 'n leeftyd hou want in baie gevalle is daar geen hout wat kan vrot word nie.

Nadele - Die kombuis in die tent maak die tent baie kleiner, tente op die boswaens is swak ontwerp, klein en is nie ontwerp om in swak weerstoestande te hou nie, soos baie reen. Baie meer pale wat opgeslaan word. Boswaens weeg swaarder, Gewoonlik klim jy hande viervoet uit die bed in die oggende.

Dis maar net my ondervinding omdat ons altwee gehad het. Die een se nadele is eintlik maar die volgende se voordele. Ek vergelyk my ou Brakhah met die Jurgens Classique wat ons nou het.

Groot nadeel met die padwa is spoedhobbels, veral die wat jy nie kan sien nie.

Gedurende die Maart langnaweek het ek shortcut gevat na ons oord en nie n spoedhobbel gesien nie.

Moes gister die wa se as inspekteer so saam met die tente, gelukkig geen skade nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/04/2019 - 09:53

...............weer die vraag kon netsowel gewees het : "wat verkies jy, 'n John Deere trekker of 'n Volkswagen Polo ?"   Die antwoord op jou vraag sal gerig wees deur 'n verdere vraag : "Wat is jou uiteindelike doel  -  wil jy meestal die diep-boskamp ding doen waar geriewe beperk is of verkies jy kampering by 'n oord waar daar geriewe is ?

Om die vraag eerlik te kan beantwoord, behoort 'n ou eintlik ervaring van beide boswa en padwa te hê.  Ek steun dus op wat Wessel hierbo sê omdat hy beide besit het, maar ek wil graag sy kommentaar aanvul ten opsigte van sommige padkaravane soos my ou Exclusive :-

  • My wa het ook 'n ingeboude watertenk, alhoewel nie so groot soos 'n boswa s'n nie
  • My wa het ook warmwater by alle krane in die wa
  • My wa is ook toegerus met 220v, 12v en gastoerusting 
  • Jokkie wiel val uit wanneer opgelig en word nie geraak deur spoedwalle nie
  • Nadele van 'n padwa :-
    • Nie geskik vir grondpaaie nie
    • Nie geskik vir afgeleë boskampe nie
    • Die nuwer modelle padwaens is nie toegerus vir sonder-krag kampering nie
    • Is iewat meer lomp om te hanteer vanweë sy grootte
    • Pas beslis nie in 'n gewone motorhuis nie

Gevolgtrekking : Beide het voor- en nadele  -  besluit waar lê jou voorkeur met kampering,  kies die wa wat daarby pas en leef saam met die paar nadele van jou keuse wat die voordele by verre behoort te oortref.

Ns. Ek sien nou eers Leeu het ook ervaring van beide.

 

 

Elarduspark

GerhardM

Wed, 17/04/2019 - 12:19

Ons bly maar by die pad wa. Hou nie van 'offroad' nie.

 Back to basics!?

Ek bly maar by basics ook. wink Gister weer so een gesien vir R6000

wa

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 17/04/2019 - 18:13

Op n stadium was daar sterk oorweging om n off-road wa aan te skaf. Besluit op n spesifieke model, nogal bledie duur, maar het als wat kan ingebou. Maak n afspraak en toe ons daar kom is als opgeslaan en lyk te pragtig, regtig indrukwekkend, ons is oortuig dat die wa gaan werk.

 So onskuldig en opreg vra ek die verkoopsman of hy kamp kan afslaan, wegpak, en weer opslaan sodat ons die prosedure kan bekyk en verstaan. Wel , die man kyk my aan of ek mal is, en se hy het regtig nie die tyd daarvoor nie..... Ons het die waentjie idee laat vaar, en nooit weer daaraan gedink nie.

Centurion

Dusty

Thu, 18/04/2019 - 05:43

Het nog nooit met boskaravaan gekamp nie. Dus daar kan ek niks sê nie. Het eenkeer gesien by Sondela hoe 'n man sy boskaravaan oprig en vir my was dit net een te veel. Het wel 'n paar keer met tent gaan visvang. Selfs eenkeer saam met broer en swaer so onder die sterre en op 'n seil geslaap langs die dam 

Toe ek 'n karavaan wou aanskaf om te begin kamp wou Alta niks daarvan weet nie totdat sy by 'n skou in een geklim het.

Met 'n toer in 2007 deur die Noord Kaap het ek die volgende beleef :

Om net een aand oor te staan was vir ons maklik. Lig net die dak en sak net die pote en daar staan jy. Net 'n klein tafel uit gesit en 5 minute later staan jy.

Bed bly op gemaak en nie nodig om iets te skuif of om plek te maak om te dit nie.

Alles wat jy nodig het is byderhand. Jy hoef vir niks te krap nie. 

Heroldsbaai

Pierre

Thu, 18/04/2019 - 06:11

Ons het vanaf 'n Splash migreer na 'n Kavango boskaravaan. My siening is dat laasgenoemde baie vinniger op- en afslaan as die Splash. Boswaens daarenteen neem lank om op te slaan, ek het hulle al dopgehou. Ons moet dus ook onderskei tussen die gerief wat boskaravane bied teenoor die sleepwaens.

Die boskaravane maak 'n nuwe wêreld oop en sleep baie makliker. Die grootste lekkerte is dat hy in my garage staan en ek elke dag aan hom kan karring!

Middelburg

Noel

Sat, 20/04/2019 - 09:53

Interessante draad hierdie met elke kampeerder se menning. Stem volkome saam meeste boswaens of boskaravane het nog eers behoorlike grondpaaie gery of offroad gedoen nie. Die jonger generasie aanskaf boswaens agv spasie in hul woonplekke en asook kan met ligter voertuig gesleep word. Ek het Challenger boswa wat my R35000 gekos het en dit pla my nie glad nie of ek hopeloos te min gebruik nie.  Ek gebruik dit meestal vir toerkampe en by dam kampe. Die boswa gebruik net 5 pale: 2 pale vir die tent en 3 pale vir stoep awinning. Opslaan is vinniger as afslaan agv opvou van tent sodat die oortreksel maklik kan toemaak. Die boswa het 3 skuiflaaie : kombuis , vrieskas en klere saam beddegoed ens. Ek gebruik kapstok met hangers om klere te hang binne in die tent. Bring n strencher ook saam indien agv nood indien nie baie die trappe op en af klim nie. Karavaan is nog die gerieflikste en spasie  en is lekker vir langkampe en asook op ons ouderdom. Iemand sal wel eendag my boswa erf. Hierdie maand se kamp tydskrif is vol van luukse boswaens en is so baie duur. Daar is nie n manier dat ek die boswa meer as vir  R50000 sal betaal. My ideale en gerieflikste boswa is sal Invaders wees. Karavvaan bly nog tops !!

Secunda

Sleep nou

Sat, 20/04/2019 - 10:24

Boswa kan gaan waar gewone wa nie gaan boswa het wel minder pakplek  en is duur gewone wa meer spasie wat ek wel van boswa hou jy kan orral kamp jy moet maar net aanpas met spasie soos Noel ook na verwys 

Secunda

Sleep nou

Sun, 21/04/2019 - 19:36

Invader hier by Buffelspoort ek dink dis n awsome wa vir pad en bos die een tot vol tent by