Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -2 hours ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -2 hours ago

Pierre--- Kavango navraag

Brits
Submitted by wessels on Wed, 17/04/2019 - 15:24
Forums

Middag Pierre

Kyk asb onder jou kontak plek of jy my epos/boodskap gekry het.

Indien nie, antwoord hier en ek gesels sommer hierlangs daaroor.

Groete

Wessel 

Brits

wessels

Thu, 18/04/2019 - 07:41

Môre Pierre

Ek sal probeer om gedurende die Paasnaweek fotos te neem en aan jou te epos.

Ek sal weer graag wil sien/hoor hoe jy die tentdak probleem opgelos het. 

Lekker kamp/speel

Wessel

Brits

wessels

Sun, 21/04/2019 - 17:06

Middag Pierre

Ek het vir jou fotos gestuur na jou "absa" epos. Hier aangeheg ene vir die nuuskierigheid.

Ek hoop dit help

Groete

Wessel

 

Heroldsbaai

Pierre

Mon, 22/04/2019 - 10:03

Dankie Wessel, het die fotos gekry. Ek dink die manne op die forum sal graag daai "jockey wheel" foto wil sien.   Het nog nooit so iets gesien nie.  Ek moet sê die spaarwiel lyk baie groot agter op die wa.  Ek vind dat my neusgewig nogal hoog is - die groter spaarwiel en die jerrykanne agter (as hulle vol is) help seker om die neusgewig af te bring.

Ek is nou besig met die modifikasies om die ekstra pale op die afdak aan te bring.  Ek skuif die pale na binne die tent met "eyelets" en maak 'n "bracket" om die pale by die nok vas te hou.  Sal fotos hier pos sodra ek klaar is.  As jy die kruideniersrak vervang laat my weet - vrou soek nog pakspasie!

So lyk my wa en ek wys hoe 'n mens die parkeerspasie in garage ten volle benut!

Groete,

Brits

wessels

Mon, 22/04/2019 - 15:15

Middag Pierre

Ek het nog nooit die neusgewig gemeet nie. Ek mis nogal 'n hoekstut voor, dan kan mens dit maklik meet met badkamer skaal.

Spaarwiel is gewone Hilux wiel, 17 duim velling met die Bridgestone 265/65 band op.

Ek merk jou stortpyp op, ek het sommer aantal Kreepy swembadpype wat ek vir die doel saamry.

Ek gaan probeer om foto jockey wiel aan te heg, anders voel ouens soos Voortrekker afgeskeep.wink

Wag in spanning vir jou tentpale fotos.

 

Wessel

 

Heroldsbaai

Pierre

Mon, 22/04/2019 - 16:41

Hi Wessel,

Ek gebruik 'n teleskopiese skaal wat ek in OZ gekoop het en volgens hom is my neusgewig so 125kg. Ek het my wa op die weegbrug by Swellendam geweeg verlede jaar op pad terug vanaf Bontebok Park en gelaai was hy toe presies 1200kg. Met die neusgewig bygetel is hy dus nog ver van die BVG af. Watertenk was leeg, ek het nog nie met hom vol gery nie. Hoe maak jy?

Groete,

Pierre

Brits

wessels

Wed, 24/04/2019 - 08:38

Middag Pierre

Ek ry gewoonlikmet die watertenk vol[120kg], en dit behooort jou neusgewig effe minder te maak.

 

Dan pak ek byvoorbeeld my sonpaneel agter op agterste bed toe onder komberse en matras, wat ook optree as teegewig.

Ek is ouskool en solank die wa ordentlik druk op trokkie, weet ek dat kans vir swaai amper weglaatbaar is. Die ander voordeel is dat Hilux dan sommer lekker sag ry. Pomp my trokkie en wa se bande alles 2.5bar.

 

Groete

Wessel

Heroldsbaai

Pierre

Thu, 25/04/2019 - 07:19

Môre Wessel,

Dankie, ek hou ook van gewig op die bal. Het gister die "bracket vir die pale op die nok vasgesit en ook my tent teruggekry. Vandag slaan ek op om alles te meet en pas. Fotos sal later volg

Groetnis.