TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

Ou Skip

Algemene Inligting

Resensies

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 06/05/2019 - 07:27

Ons het die tweede keer hier kom penne in slaan, en soos met ons vorige besoek in 2016, was ons nie teleur gestel nie.

Die toegangs pad is teer, en by ontvangs word jy vriendelik ontvang. 

Daar is permanent 'n wag op diens by die hoof hek.

Staanplekke is gemerk, en word vooraf bespreek, maar jy kan onderhandel, sou jy so voel.

Die oord is in Melkbosstrand geleë, maar het nie 'n see uitsig nie, jy kan wel maklik strand toe stap. 

Ons het nooit onveilig gevoel nie,  'n sekeriteits wag met 'n hond patroleer snags die oord.

Die "snoepie" het die basiese goed soos brood melk en lekkergoed, maar die dorp het voldoende winkels vir al jou behoeftes,  en is 'n klip gooi verder.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
6 uit 10
Kamp Datum
16 tot 23 April 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Slegs speelpark
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Mon, 26/04/2021 - 19:16

Hier wil ek weer my penne kom inslaan, dit is veilig en die moeitewerd om hier tent op te slaan, personeel is vriendelik en sekuritiet 24/7 by die hoof ingang, lekker beskermd teen die wind en staanplekke is lekker ruim.

Hoekom ek se daar is nie water en krag by elke staan plek nie, daar is 3 staan plekke in n ry, die eerste 2 deel water en krag, die derde een moet krag aanle, seker so 10 meter en water moet geskep word tussen die eerste 2 staan plekke! 

Ek weet nie of dit die selfde is by die karavaan staan plekke nie, karavane en tente staan nie saam nie!

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
April 2021
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Nee
Water by staanplekke?
Nee
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Slegs speelpark