Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53671 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groepbesprekings impak Kampforum & CCSA Suidrand… wessels -15 minutes ago
Nee, glad nie Anton. Ek sal… Kampforum & CCSA Suidrand… leeu -57 minutes ago
Trained not tame Aasvoëlkrans "Predator… Wildehont -1 hour ago
Was ek te hard gewees met my… Kampforum & CCSA Suidrand… Voortrekker -1 hour ago
Goeie middag. Junie 2019 - Koffiekroeg GerhardM -1 hour ago
................ Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -2 hours ago
Wilsor kamp 4-6 Okt WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Hein -4 hours ago

Hoeveel keer kamp julle n jaar

Alberton
Submitted by ski on Thu, 06/06/2019 - 07:59
Forums

Ek wonder nou maar net hardop. Hoeveel keer kamp julle n jaar en is dit die geld werd om wa te koop as jy net een of twee keer n jaar kamp. Die langnaweek sal kamp nr 12 wees van des 2018 af.

Centurion

Dusty

Thu, 06/06/2019 - 08:46

Ek doen op die oomblik maar min kampe. Dit sal net wees totdat Alta ophou werk. Sy werk by kleuterskool en werk elke dag tot 18h00. Om dan te ry sodra sy by die huis kom is klaar te laat. Ek wil nie middernag by die kampplek aan kom nie en om eers Saterdagoggend te ry maak nie vir my sin nie. Wanneer ek naby kamp dan ry ek alleen kampplek toe, kry alles reg en gaan dan later terug om haar op te laai.

Darem nog net 3 jaar

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 06/06/2019 - 10:27

...................eintlik te skaam om te sê : die Exclusive was 'n jaar gelede in Mei 2018 in die Wildtuin vir 'n maand-kamp en toe weer in November 2018 vir 'n paar dae in die Bontebok Nasionalepark hier by Swellendam. Ons ouer garde se krankhede moet mee rekening gehou word, maar einde Augustus is in sig en dan gaan ons kamp in Addo, Bergkwagga en Karoo om 'n bietjie op te maak.

In die verlede kon ons darem minstens kwartaalliks iewers gaan kamp en dalk kry ons dit een van die dae weer reg.

Gelukkig is die Exclusive al 14 jaar gelede gekoop en dus finansieël al lankal "afgeskryf".  Dit kos dus niks om hom hier in sy motorhuis aan te hou nie.  En dis vir my baie lekker om voortdurend aan hom te peuter, hier en daar dingetjies regmaak en selfs nuwe goeters in te voeg.

Worcester

Wildehont

Thu, 06/06/2019 - 11:32

is dit die geld werd om wa te koop

Ek dink dis 'n baie geldige vraag. Ek weet nou nie wat karavane gekos het 20 jaar gelede nie, maar deesdae is die goed darem maar peperduur! My duurste voertuig ooit is die 2011 Everest wat ek in 2014 vir R205 000 gekoop het, toe dit 78 000km opgehad het. As ek so kyk op Gumtree en die 4x4community forum, kan ek nie eers 'n 2de handse karavaan kry vir daardie prys nie, tensy dit baie oud en afgeleef is.

2019 behoort 62 nagte te maak as als goed gaan.

Ek wens ek kon dit verdubbel met meer "mid-week" kampe.

 

Hoe is jou laaitie Wian nou, min of meer?

Frikadel, jy bedoel seker hoe oud is Wijan ?

 

Jy sien, daar is die vinger foutjie.

Die rede hoekom ek vra is dat die dag wat daai mannetjie wegspring met rugby en ander aktiwiteite dan gaan die kamppery min word!! 

Centurion

Voortrekker

Thu, 06/06/2019 - 16:31

Toe die kinders nog baie klein was en nie op skool nie het ons amper elke maand gekamp. Sedert Anton jnr skool toe is het dit heelwat minder geword en nou  so 5 - 6 keer per jaar.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/06/2019 - 17:26

Frik

Hy sê hy speel net met ronde balle smiley

mannetjie wegspring met rugby en ander aktiwiteite 

Hy doen wel Skaak en Drama, hy is een vir tegnologie.

Secunda

Sleep nou

Thu, 06/06/2019 - 18:37

Kamp so twee keer n jaar hopeloos te min werk hou my en Berdien besig maar daar sal n tyd kom wat my prograam klopsad