Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53671 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groepbesprekings impak Kampforum & CCSA Suidrand… wessels -2 minutes ago
Nee, glad nie Anton. Ek sal… Kampforum & CCSA Suidrand… leeu -44 minutes ago
Trained not tame Aasvoëlkrans "Predator… Wildehont -1 hour ago
Was ek te hard gewees met my… Kampforum & CCSA Suidrand… Voortrekker -1 hour ago
Goeie middag. Junie 2019 - Koffiekroeg GerhardM -1 hour ago
................ Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -2 hours ago
Wilsor kamp 4-6 Okt WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Hein -3 hours ago

To AB or not to AB

Worcester
Submitted by Wildehont on Fri, 07/06/2019 - 14:12

Almal het seker gesien dat AB de Villiers homself ter elfder ure beskikbaar gestel het vir die Proteas, op die vooraand van die aankondiging van die toergroep. Krieket Suid Afrika (KSA) het hom uiteraard nie ingesluit nie, en het goeie motivering daarvoor gehad.

Nadat hy verlede jaar in Mei sy uittrede aangekondig het, het KSA hom gevra of hy nie maar nog ten minste die eendag reekse teen Pakistan en Sri Lanka wil speel nie, ten einde die agterdeur oop te hou vir die Wereldbeker. Hy het dit van die hand gewys. Dit sou dus nie regverdig wees om iemand (waarskynlik van der Dussen) wat wel gespeel het, uit te laat sodat AB kan saamgaan nie. 

Ek stem saam met KSA se besluit en ek dink AB was onredelik. Hy het gekies om uit te tree, en ook om vir groter geld in ander toernooie te gaan speel. Ek blameer hom nie vir een van die twee keuses nie. Sy loopbaan staan einde se kant toe, en hy wil sekerlik iets wegsit vir wanneer hy nie meer kan krieket speel nie. Hy het immers 'n gesin. Dit was egter totaal en al onnodig om die bom nou, op veral hierdie tyd wat die Proteas so sukkel, te laat bars.

Wat dink julle van die hele gedoente oor AB? Laat maar die Proteas se huidige spelpeil uit die gesprek uit, niemand gaan dit betyds oplos om enige positiewe verskil aan vanjaar se toernooi te maak nie.

Faf

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 07/06/2019 - 15:54

Ek persoonlik dink AB het jy ruggedraai op sy land. Dit alles vir geld. 

Dalk sal mense sê ons moet verstaan.

Kyk na spelers soos Tendulkar, wat baie ryk was en nog steeds tot op sy oudag vir India bly speel het en dit het nie gegaan oor geld nie, maar om sy land te help so vêr hy kon.

Daarvoor het ek baie respek vir sulke spelers, wat hulle ding vir sy land doen.

My resep so verloor vir AB.

Hy het grooter geword as die spel.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 07/06/2019 - 18:10

KSA se besluit is reg. My persoonlike gevoel is ook dat hy het bedank, nuwe manne het sy plek gevul. AB is uit lyn om so voorstel te maak, hy behoort van beter te weet.            Terwyl Wildehont van Rassie praat, ek hou regtig van hom, daai man gaan nog n uitblinker van formaat word, " mark my words"

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/06/2019 - 04:29

AB het sy uit tree aangekondig vir internasionale krieket maar gese hy gaan nog IPL speel hy was n briljante speler maar nee hy moet maar by IPL bly

Magaliesburg

GerhardtN

Mon, 10/06/2019 - 11:47

Van n maniese sport aanhanger kyk ek deesdae net MotoGP. SA sport spanne is swak. AB sal ek enige tyd terug vat omrede hy man alleen n wedstryd kan wen. Wat hy doen t.o.v. sy toekoms is sy keuse.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/06/2019 - 20:48

Gerhard, nou praat jy. Formula 1 is so goor, ek lees eerder boek, praat nie van die res nie. Ek kan nie wag vir die volgende olimpiese spele nie, absoluut versot op die beech volley ball, veral die dames spanne maak dit regtig n skouspelagtige belewenis.

Roodepoort

HennieBo

Tue, 11/06/2019 - 08:50

Gelukkig kyk ek nie meer sport nie, so ek raak nie opgewonde oor ons BAIE verloor nie. Ek het my Premium pakket met DSTV gekanselleer so 3 jaar terug en weet nie eers wat is beskikbaar op die oorblywende sport kanale. Ek glo dit is die sport waaraan ek in elk geval gladnie belanggestel het nie. Ek was mal oor Formule 1, MotoGP en het wel rugby en krieket gekyk.

My tyd voor die TV deesdae is baie beperk en ek verkies dit ook so. Sit eerder en luister na een van ons plaaslike radio stasies "Bosveld Stereo" en geniet die afrikaans en spandeer die tydjie saam my vrou.

Newcastle

Franshark

Wed, 12/06/2019 - 16:52

Persoonlik dink ek daar kon vroer harder geprobeer geword het om hom terug te kry. Maar steeds voel ek hy kon n groot verskil gemaak het.. Maar in die plek van Amla wat reeds van vorm af is en baie Persoonlike aandag aftrekkings het...