Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53669 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Trained not tame Aasvoëlkrans "Predator… Wildehont -8 minutes ago
Was ek te hard gewees met my… Kampforum & CCSA Suidrand… Voortrekker -36 minutes ago
Goeie middag. Junie 2019 - Koffiekroeg GerhardM -1 hour ago
................ Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -2 hours ago
Wilsor kamp 4-6 Okt WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Hein -3 hours ago
Len---'n liedjie vir jou Aasvoëlkrans "Predator… wessels -3 hours ago
sien ek die ongelukkigheid… Aasvoëlkrans "Predator… Voortrekker -3 hours ago

Ons kampdae is verby

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Mon, 10/06/2019 - 11:44
Forums

Ons het besluit om die stap nou te neem.   Ons verkoop die karavaan en alle kamp toerusting, ons kampdae is verby.

Ek wil nie die redes net voor Colin se deur lê nie maar sy rugprobleem en eetprobleem maak dat hy dit nie meer geniet om te kamp nie.   En dit maak dat ek nie meer lekker kamp nie.   So, ons het saam besluit.

Ons het reeds van ons kamptoerusting verkoop maar heelwat van dit gaan ook as ekstras saam met die karavaan.  Hierdie tyd van die jaar is die aanvraag maar stadig, veral in die Ooskaap (mense het maar min geld hier).

Die Raven is in 'n pragtige toestand, so hopelik kom die regte koper op 'n stadium by ons verby.  Ek sit 'n paar foto's op wat ons saam met die advertensie geplaas het.

.
L-vorm tent
.
Tent met oop stoep
.
2 Awnings met sykante en shadecloth "fronts"
.
Baie netjies buite en binne.  Die dak se "surround" en "gas lifts" is nuut.
.
Die kaste en afwerking binne is baie netjies, 'n groot yskas, blindings voor die vensters.   Daar is geen nattigheid êrens nie.  
.
Eiland bed

 

Jozie

It'l Dodat

Mon, 10/06/2019 - 12:06

Sorry to hear you are no longer camping, crying... Please don't leave the forum....

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2019 - 12:24

Ai Freda, dis nou slegte nuus so op 'n Maandagoggend, maar op ons ouderdom is daardie besluit iets wat vir ons almal lê en loer.  Ek aanvaar dit was 'n moeilike besluit, maar dat julle gelukkig daarmee vrede gemaak het.  Gelukkig kan die aangename kamp-herinneringe nie van julle weggeneem word nie.

Ek hoop julle Raven kry gou 'n nuwe eienaar sodat julle nie nog daagliks met sy teenwoordigheid gekonfronteer word nie.

Ek het lankal vermoed iets is nie pluis nie, want jou teenwoordigheid op die forum was merkbaar minder die afgelope tyd.  Ek hoop jy slaan ag op die verskeie versoeke hierbo en gaan voort om deel van ons kletsgeselskap te wees.

Sterkte vir julle.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 10/06/2019 - 12:31

Ek hoor julle!laugh

Die geadverteerde prys is R118 000 en sluit in:

Padwaardigheidsertifikaat, Ewicks Mover, Spaarwiel, tente soos bo gewys, 2 grondseile, 2 plaat gasstoof, 2 kampstoele, 2 tafels.  'n Netjiese sak met al die verskillende grondpenne, 'n sak met verskillende lengtes elektriese koorde, eetgerei, beddegoed en nog ander kleiner ekstras.

 

Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/06/2019 - 13:48

Ai toggie Frieda [Frieps] dit is baie jammer!?

Maar onthou 'n kampeerder [of kamper soos baie mense ons noem] tree nooit af nie!

Hulle kamp net verder in hul gedagtes, jy en Collin het mos oor die jare vele pragtige herineringe opgebou, waarop julle jare kan teer.

Daai skemer tyd op die stoep met 'n glasie goeie wyn, dan begin dit, Collin sal se "Kyk net die mooi sonsondergang" en dan onthou jy daai een op watse kamplek ook al. Daar loop dit, die een herinering op die ander, en voor julle weet kamp julle sommer lekker daar op die stoep in die lekker patio stoele, sonder om 'n vinger te lig!

Nee wat kamp sal julle kamp, al is dit in die gedagtes, ook amper net so lekker sonder al die harde werk en Ape wat by jou wil aanle?

Antie, ek weet ek self ok maar skaars hier, maar jy moet ons asb nie weggooi niecryingheart

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 10/06/2019 - 14:57

Ag nee Antie Frieps, dit is nou nie lekker nuus soos almal al hier bo gesê het.  Maar soos Arie sê julle kan nog lekker saam met ons kamp hier op die Kampforum.

Hoop hy staan nie te lank op julle voorstoep nie sad

Gerhard, is dié jou besluit om die Ou Lady vir die Raven te verruil ?  smiley

Secunda

Sleep nou

Mon, 10/06/2019 - 15:11

Regtig sad Freda en ons weet dit was nie n maklike besluit nie sterkte daar en ek weet jy gaan nog lekke gesels / kamp saam ons oppie forumsad

Port Elizabeth

Antie

Mon, 10/06/2019 - 15:32

Ek het nou die dag vir iemand gesê my mooiste herinnering sal van ons kampe wees.   Ek glo ons gaan dit  baie mis en met hartseer daaraan dink.

In my hart sal ek altyd 'n kampeerder wees, so die feit dat ons nie meer kamp nie, sal nie my belangstelling in die forum laat verloor nie.   Ek weet ek is stiller in die laaste tyd maar ek voel die manne gesels lekker en wil ook nie altyd inchip as die enigste vrou nie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/06/2019 - 20:14

Freda, ek het skoon n knop in die keel. Jy is nou regtig een van die groot maters hier, en al kamp die lywe nie meer nie, is dit soos die manne se, kamp asb saam in die gedagtes.

Eendag gaan ek nog PE toe ry om te kom dagse,  Groete daar.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 10/06/2019 - 21:05

Freda, ek is nou tot in my tone in geskok, stom geslaan.

Mag jy en Colin jul mooi herinneringe geniet, en asb, moet ons nie ook verlaat (verkoop) nie, ek kyk gereeld as ek 'n inset van jou af sien,  altyd gebalanseerd, positief en konstruktief.

Nee wraggies, ek kry nie die woorde nie.

Die wapad.

Koos Mol

Mon, 10/06/2019 - 22:14

Dis nou jammer dat julle so moeilike besluit moes neem, Freda. Ek glo dat julle kamp herinneringe julle tot ver in die toekoms sal bybly. 

Ek is bly ons het die voorreg gehad om julle raak te kamp.

Ons vertrou dat julle vorentoe geseënd sal wees met goeie gesondheid.

Groete aan Colin.

Centurion

Dusty

Tue, 11/06/2019 - 05:17

Antie, ek glo dat dit nie 'n maklike besluit was nie. Wanneer kamp in jou bloed is wil 'n mens net graag kamp. gelukkig is daar rondawels en chalets ook by baie kampplekke.

Sterkte en rustigheid vorentoe vir julle

Roodepoort

HennieBo

Tue, 11/06/2019 - 06:34

Antie, dit is seker maar 'n besluit waar ons almal by sal uitkom. Kan nie maklik wees nie maar, as dit die besluit is moet mens maar daarmee berusting kry.

Die wa lyk baie mooi en het heelwat ekstras. Watse jaar model is die wa?

 

Pretoria

leeu

Tue, 11/06/2019 - 07:54

Jammer om te hoor Frieda, die lewe stap aan en soos baie reeds genoem het, dis ons almal se pad. Julle wa lyk pragtig opgepas, hoop julle kry hom vinnig verkoop, nou is die regte tyd, net voor die skool vakansies. Sterkte daar.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 11/06/2019 - 09:57

Baie dankie vir almal se mooi woorde.  Herman, onthou daai belofte!  Koos, ons is ook bly dat ons julle kon ontmoet, julle kamp nog so lekker die hele wêreld vol.  Ek hoop jul kan nog lank so aanhou.

Ja, dankie vir elkeen se spesiale woorde, ek weet dit kom uit jul harte.

Hennie, dit is 'n 2004.   Ons het die Raven by iemand gekoop wat dit ook baie mooi opgepas het.  Ek en Colin kyk ook mooi na ons goed en Colin het nooit toegelaat dat iets agteruit gaan nie, so ja, dit is in 'n goeie toestand.

Dis altyd hartseer as mens iets moet opgee waarvoor jy lief is en dis buite jou beheer. Ek glo mos die kamp-ding hou jou jonk , maar daar kom 'n dag wat jy nie meer die ouderdom kan systap nie. Ek kry sommer 'n knop in my keel as ek net daaraan dink.