Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -1 hour ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

2019 Namaqua, Weskus blomme toer

Meyerton
Submitted by Jo White on Sat, 29/06/2019 - 13:05
Forums

Goeie môre Kampforum

Met die reën wat só lekker val in die Kaap, is ek sommer lus om die karavaan te hak en te ry. Nou wonder ek oor die kamp plekke. Wat sal julle advies aan my wees: moes ek alreeds kamp plekke bespreek het, of sal ek net die pad vat en ry van plek tot plek. Ek was nog nooit gedurende die blomme tyd in hierdie gebied nie, en dit klink vir my dat dit maar besig kan raak. Ek wil so na die einde Julie begin Augustus vanaf Mosselbaai ry tot op Springbok en dan af te beweeg Kaap toe.

Ek hoor graag van julle. Lekker dag en naweek.

Middelburg

Noel

Sat, 29/06/2019 - 22:07

Johan, ons het vir die eerste keer blommetoer gedoen in 2015. Len is reg vir die beste tyd om blomme te kyk is vanaf middel Augustus tot eerste week van September. Ons het vanaf  Malmesbury tot by Springbok blommetoer gedoen. Ek het geen besprekings gemaak vir die toer nie en het nie gesukkel om staanplek te kry nie. Ons eerste staan was by Leentjiesklip in  Langebaan.Ons het Weskus nasionale park, Darling en Malmesbury toer gedoen. Tweede staan was by Lambertsbaai se munisipaliteit karavaanpark. Ons het Lambertsbaai, Elandsbaai en Leipoldtville toer gedoen. Derde staan was by Strandfontein karavaanpark. Ons het Strandfontein, Doringbaai , Lutzville en Vredendal toer gedoen. Vierde staan was by Nieuwoudtville karavaanpark. Ons het Nieuwoudtville, Vanrynsdorp, Calvinia en Loeriesfontien toer gedoen. Vyfde staan was by Verbe karavaanpark in Kamieskroon. Ons het Skilpadsirkel ,Groenrivier, Hondeklipbaai, Garies, Leliefontein toer gedoen. Vyfde staan was by Koperboom karavaanpark in Springbok. Ons het Springbok, Okiep en Goegap reservaat toer gedoen. Ons het na die blomme kyk verder noord opgegaan tot Port Nolloth en terugkeer huistoe op Upington roete gery. Vir 17 dae se toer het ons 5500km gereis. By die karavaanparke doen navrae by die ontvangs en by die kampeerders oor blommeroete. Toe ons by Springbok was, was die blomme  klaar gewees.Begin van Noord na Suid soos julle beplan. Beste blommekyk is by Kamieskroon en Nieuwoudtville omgewing. By Hondeklipbaai sien die mooiste vygies. Ek gaan beslis weer blommetoer doen. Ek sal daarvan hou om saam met Kampforum die toer doen laugh

Meyerton

Jo White

Sun, 30/06/2019 - 22:00

Baie dankie vir jou skrywe Noel, dit is baie insiggewend. Hoeveel dae gemiddeld het julle by elke plek oorgestaan? Het julle dalk die kusroete vanaf Kleinzee na Hondeklipbaai gery?

Jy praat van 17 dae en 5500km gery. Was dit uit en tuis? Hoeveel dae en km's het julle net in die blomme gebied gedoen?

Wanneer beplan jy om weer hierdie toer te doen? Ek moet nou eers 'n paar dinge in plek kry voordat ek my finale beplanning afhandel. Ek sien baie uit na die toer. Kom toer saam met ons.

Middelburg

Noel

Mon, 01/07/2019 - 05:53

Ekskuus Johan, ek het die dae verkeerd getel. Ek het 21 dae toer gedoen vir 5500km. Die blommetoer alleenlik was 16 dae. Net Leentjiesklip en by Strandfontein was vir 2 nagte elk en res van ander staanplekke was vir 3 nagte. Ek was nie by Kleinsee nie. Ek het vanaf Kamieskroon na Hondeklipbaai gereis. Ek het gemiddeld 150km gereis per dag om blomme te kyk. 2015 was n baie goeie blommejaar gewees. 2016 en 2017 was n baie erge droogte gewees. Hou maar die website dop van inligting van blomme vanjaar. Afgetrede is makliker as die werkende om blommetoer te aanpak. 

Môre Noel en ander

Dankie vir jou detail uiteensetting van jou blommetoer. Ek gaan beslis daarop terugval, wanneer ek my blomme toer beplan.

Gelukkig het ons mos lede van daardie geweste, sal nou nie name noem nie, maar dalk kan hulle laatweet wanneer die blomme begin kopuitsteek. Dalk is hulle so gaaf dat mens sommer in hulle agterplaas kan gaan penne inslaan/kap.

Ek het klaar my Kgalagadi besoek bespreek, anders kan dit 'n opsie wees om blommekyk en park te kombineer. Sodoende kan mens baie petrol spaar.

Wessel