Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -45 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -8 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -8 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -8 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -9 hours ago

Koos se Ford Ranger storie in Punda

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Fri, 13/09/2019 - 09:55
Forums

Koos, hoe dan so stil daar uit die Kruger Wildtuin ?  Ek sien julle braai vandag daar teen 39º !

Vertel ons so 'n bietjie van die Ford Ranger se storie daar in Punda Maria-kamp.  Ek het wel via ons vrouens 'n vroue-verslag verneem, maar soos jy weet kan dit maar gebrekkig wees.

Vertel !

Die wapad.

Koos Mol

Fri, 13/09/2019 - 17:48

Jy's reg Len, dis warm hier op Satara, so warm die braaivleis vuur moet  met water afgekoel word anders verbrand jy jou vleis.devil

Ons staan op Punda Maria op oom Paul se plaas. Ry die Sondag oggend, 25 Augustus teerpad langs in die rigting van Shingwedzi met die plan om op Babalala ‘n lekker ontbyt saam te slaan. Kyk, “breakfast” op Babalala is altyd op die kaarte; Babalala bly maar die piekniekplek op die plaas, net so kortkop voor Pafuri. So ongeveer ‘n half na driekwartuur op pad stop ek om na ‘n prag troppie sebras te kyk. Toe ek daar wil wegtrek voel ek die rathefboom is baie los en daar sukkel ek om enige van die sewe ratte te kry, die voertuig is in derde (so vir my gevoel). Ek kry nie trurat nie en trek toe in derde rat weg op die koppelaar met die masjien op hoe revolusies. Nou moet ek plek soek waar ek op spoed ‘n u-draai kan maak terug na Punda (die Ranger soek baie spasie om in een draai om te draai). Kry toe die u-draai gedoen met wyd in die veld beide kante van die teerblad, dit was ‘n foutjie (later sal dit uitkom). Ons vat die pad terug na Punda en na ons regs gedraai het op die teerpad na Pundahek hoor ons die lawaai van ’n pap band, regs agter plat met die teer. My nuwe (direk uit China) 2ton “trolley jack” sal nou sy staal moet wys. Na vele pogings haal ek maar die Ranger se sker domkrag uit. Daar is net nie genoeg hoogte onder die as om die “trolley Jack”se hefboom aksie te werk nie, moet ook by sê my kragte is ook nie meer die soos van jongs nie. ‘n SANPARKE bakkie met 4 veldwagters op kom verby en 2 van hulle, gewapen natuurlik, word afgelaai om ons op te pas. Hulle help toe sommer om die wiel te ruil. Die Ranger manne (dis nou nie die veldwagters nie) sal kan bevestig wat se oefening dit is om die spaarwiel onder die bakkie uit te kry. Maar alles wel en ons vat die pad terug na Punda, weer wegtrek in derde rat. Die pap band is veroorsaak deur ‘n groot dakskroef wat ek seker opgetel het toe ek so halfuur terug die u-draai in die veld gemaak het.

Gelukkig het my versekering pad bystand ingesluit, ……. hulle geskakel om vir my insleepdiens te reël. Maandag oggend het die insleepdiens die bakkie by Pundahek kom oplaai, gelukkig nie te ver van die kamp nie so ek het maar weer in derde rat weggetrek.

Ek het nie die Ford agent, Action Ford, in Louis Trichardt geskakel nie; besluit ek daag netso by hulle deur op dan kan hulle my nie laat wag tot hulle ‘n plekkie oop het om te help nie. Ek moes ons bespreking in Punda wysig tussen Punda en Shingwedzi, my rugsak met so paar kledingstukke in was by my ingeval ek dalk in Louis Trichardt moes oorbly.

As jy nou praat van diens dan het ek DIENS gekry by Action Ford. Daar gekom het ‘n dame my dadelik gehelp, sy is blykbaar die werkswinkelbestuurder. Die man van die insleepdiens het die bakkie letterlik binne in die werkswinkel afgelaai, een van die tegnici het die bakkie op die hyser gelig en my meegedeel dis twee boutjies bo-op die ratkas wat losgekom het; een boutjie los en die ander heeltemal  uit. Binne 20 minute was ek weer oppad. Rekening van Ford: NUL, reken dit as ‘n vroeë kersgeskenk, was die man se woorde. Die rekening van die insleepdiens: R4,619, die versekering het darem R1,500 daarvan gedra. Nuwe band: R2,670.

Ek is dankbaar die skade was gering en ons kon ons tydjie hier verder geniet. Het toe darem by Babalala gaan ontbyt maak toe ons op Shingwedzi gestaan het.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 13/09/2019 - 18:43

 

My genugtig Koos, wat 'n storie met eintlik 'n mooi einde !

Maar wat de joos soek 'n dakspyker tussen Punda en Babalala in die veld, hoe het dit daar gekom ?  Ek gebruik ook dakspykers om my grondseile vas te spyker, maar wie sou nou daar tussen niks en nêrens gekamp het en grondseile daar vasgespyker het ?  En dat jy nou net mooi daar jou 3de-rat draai moes maak.  Moet beslis weer Murphy's Law wees !

Baie bly julle is nou weer opdreef !

Lessie geleer : Ek moet my eletriese domkrag eerder in die Pathfinder hou as in die Exclusive se neuskas  -  netnou kry ek ook 'n pawiel terwyl die Exclusive in die kamp staan !

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 13/09/2019 - 20:18

Koos, jammer om van die skade te lees,  maar soos genoem gelukkigis julle nou weer mobiel👍 

Ek huil in jy hand as ek so een band moet verloor,  net my eie geite,  ek hou niks van ongelyke bande nie en het al 'n band op die karavaan verloor, en al twee vervang.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 13/09/2019 - 20:32

Koos, ek sit nou so en nadink oor daardie dakspyker.  Hoogswaarskynlik het jy dit nie met die wye draai tussen Punda en Babalala opgetel nie, maar reeds in Punda-kamp waar dit baie moontlik is dat 'n kampeerder daar 'n dakspyker laat lê het !

Len jy is heelmoontlik reg. Dalk het die band die dakskroef opgetel en dit het tussen die groewe op die loopvlak vasgesit. Met die rowwe draai in die veld het die skroef dwars gedraai en die band gepenetreer. Sal nooit weet nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 14/09/2019 - 08:00

Koos, ek stem saam met Len ivm die dakspyker wat jy in Punda reeds op getel het, enige soort gelyke lek vat tyd om jou band pap te laat.

Het jy nie 'n tpms (druk monitor) op jou voertuie nie,  dit sou 'n vroë waarskuwing kon gee? 

Maar dat die spyker wel 'n baie vinniger lek sou veroorsaak met die draai beweging is 'n sterk moontlikeid. (Ek raai nou maar) 

Met slegs 10 000Km, sou ek ook maar liewer net die een band vervang.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/09/2019 - 10:43

Dit is regtig nie nodig om n band met n gaatjie in die loopvlak weg te gooi nie. Ek sit n snotlappie in, en hy is goed vir die res van sy lewe. Selfs n gaiter aan binnekant vir n kleinerige snytjie werk, my kar is darem nie so vinnig dat die gaan pla nie.

Die wapad.

Koos Mol

Sat, 14/09/2019 - 12:36

Herman.....

Dis nes jy sê. Ek het egter besluit dat met die dat ek hou van buite paaie en bergpasse ry; baie sleep met die voltyds kampery en my spaarwiel is nog 100% gaan ek maar die nuwe band opsie vat. Ek het vir die bande ou gesê hulle moet die ou band regmaak en dan die band vir 'n liefdadigheids geval aanbied.