TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73348 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maroela Media Coronavirus - COVID-19 Willem Brits -25 minutes ago
Stem:


Ek sê dankie vir…
Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -48 minutes ago
Len, ons kan nie kamp nie,… Oor ditjies en datjies Johann L -51 minutes ago
Neef ... My Kuierplek - Willem Willem Brits -54 minutes ago
Goeie môre!   Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -56 minutes ago
Môre môre, hier gaan dit nog… Junie 2020 Koffie Kroeg Lapskag -59 minutes ago
Baie mooi Willem, die oranje… My Kuierplek - Willem Johann L -1 hour ago

c

Powrtouch "mover"

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Tue, 17/09/2019 - 19:38
Forums

My Powrtouch "mover" is nou al 3 jaar inwerking sonder probleme.  Elke keer wanneer ek dit gebruik, wonder ek wanneer gaan die batterytjie in die handkontrole my in die steek laat.  Die handleiding sê die handkontrole benodig 'n 9V batterytjie en myne hou nou al langer as 3 jaar. Sou die battery te pap word, flikker al die rooi liggies. Sê nou dit gebeur wanneer my wa in die middel van die straat voor my huis vassteek ?  Dan benodig ek 'n skrowedraaier om die "remote" oop te maak en hopelik het ek 'n spaar battery beskikbaar.

Om hierdie verleentheid te voorkom, het ek myne oopgemaak en die batterytjie getoets : net 7V beskikbaar !  Ek het besluit om nie te wag vir die rooi liggies om te flikker nie en het die batterytjie vervang en weer 'n nuwe spaar-batterytjie in die Exclusive gebêre.

Ek lees ook in die handleiding dat die laagste karavaan-batterykrag waarmee die "mover" kan werk, is 12.2V.  As die battery presies 12V wys, beskou die stelsel die battery as te pap vir gebruik. Verdere interessante inligting is :-

  • 12.7 V = 100% vol
  • 12.5 V = 75%
  • 12.4 V = 50%
  • 12.2 V = 25%
  • 12.0 V = pap

Ek sien ook dit word aanbeveel dat die rollers se skerm afgehaal word en die motors dan met water afgewas word.  Daarna beveel hulle aan dat die rollers met "wax oil" gesproei word, maar ek weet nie wat dit behels nie.

.

.

 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 18/09/2019 - 08:20

Len maar daar is mos 'n draad van die kontrole wat jy by die handkontrole kan in prop sou sy battery pap word.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/09/2019 - 11:25

Willem, dis vir my nuus.  Ek het nie so 'n kabel nie en ook nie 'n port op die handkontrole om dit in te prop nie.  My handleiding praat ook niks daarvan nie en verduidelik net om betyds op te tree as al die rooi liggies begin flikker.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 18/09/2019 - 14:01

Baie goeie gesprek Len, my afstand beheer is nou ook al 'n paar jaar oud,  en nog op die oorspronklike baterytjie, ek het darem vier spaar baterye vir die huis alarm se remotes, en dit pas, glo ek, ook op die movers se beheer. Ek sal moet gaan seker maak.

Wil nie graag honderde kilometers van die huis af gestrand raak nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 19/09/2019 - 09:26

Len hier is waar myne kan inprop.

.
Onder die remote prop jy die draad in.
.
Die draad prop heel links in op die kontrole kas.

Jou "remote" lyk anders as myne.  Tog het jy joune na my gekoop, nou wonder ek of joune die nuwer model is ?