124306 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Franschoek pas Heuwelsig Franschoek maurits -27 minutes ago
Franschoekpas Heuwelsig Franschoek Wessel Strydom -57 minutes ago
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -1 hour ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -1 hour ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -1 hour ago
Na 'n lekker brekkie ... Ons 4-maande toer Chris Boucher -1 hour ago

Kleinmond en Palmiet karavaanparke

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 13/01/2020 - 12:32
Forums

Ek weet Oom Chris Boucher woon in Kleinmond en hy gee baie goeie resensies maar ek twyfel of hy op sy agterstoep gaan kampeer. Is daar enige forumlede wat onlangs een van die twee kampeerplekke besoek het en menings kan gee? Ek sien op ’n ander forum dat Palmiet nogal raserig (kamper geraas) kan wees. Ek soek ‘n plekkie in die Overberg naby aan die see vir die einde April langnaweek en dis tussen die twee en Onrus sover want ons gaan Paasnaweek Strandskloof toe. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 13/01/2020 - 21:14

Ons het vroeër jare, toe ons nog in Grabouw gewoon het, meermale by Palmiet gaan kamp. Ons het dit altyd baie geniet. Maar deesdae is dit wat my aanbetref 'n "no-go" plek. Alhoewel ek lanklaas van voorvalle gehoor het, was daar maar op 'n stadium groot sekuriteits-probleme.

En Kleinmond karavaanpark, sommer naby my huis, sal ek waaragtig nie aanbeveel nie. Kom ek weerhou my van detail kommentaar, maar ek sal beslis nie een van ons twee munisipale parke aanbeveel nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/01/2020 - 08:14

Chris, ek aanvaar Kleinmond- en Onrusrivier-karavaanpark is dieselfde plek  -  is ek reg ?

Ons het al 'n paar keer by Onrus gekamp waarvan die laaste keer so 4 jaar gelede was.  Ten spyte daarvan dat die kampbestuurder uiters hopeloos was en dat daar destyds 'n paar diefstal gevalle was, het ons tog lekker gekamp.  Die ablusie was oud en afgeleef, maar alles het darem gewerk en was skoon.

Maar drie jaar is 'n lang tyd en dinge kon seker nog verder agteruit gegaan het.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 14/01/2020 - 08:23

.... nee, Kleinmond beskik oor twee munisipale woonwaparke - Palmiet aan die westekant van die dorp en Kleinmond woonwapark aan die oostekant. Onrus se woonwapark is uiteraard in Onrus, ook 'n munisipale park van dieselfde munisipaliteit (Overstrand). Laasgenoemde park was eens 'n heel aanvaarbare kampeerplek waar ons verskeie kere gaan kamp het. Maar dit het ook maar agteruit gegaan en verskeie voorvalle van inbrake en diefstal het reeds daar voorgekom.

Worcester

Wildehont

Tue, 14/01/2020 - 08:50

Ons het verlede jaar Paasnaweek na Onrus gaan kyk toe ons by Meerensee in ‘n rondawel gebly het. Daar is ‘n heining aan die see se kant gerig op verbeterde sekuriteit. Dit was die einde van die Paasnaweek en die ablusieblok waarna ek gaan kyk het, het oud gelyk en asof dit die nog nie skoongemaak is na Paasnaweek nie. Van my kennisse in ons streek sê dit is lekker om daar te kampeer as mens aanvaar dit is ‘n munisipale oord met ou geriewe.

Dalk sal ons egter eerder Bontebok Nasionale Park toe gaan daardie naweek. Sover gaan ons Vloedbos toe 24 Jan, Suikerbossie einde Maart en Strandskloof Paasnaweek. Februarie en die langnaweke einde April en begin Mei is nog oop. Junie se langnaweek sal ons waarskynlik Grootvadersboch toe gaan want die klimaat is lekker daar in die winter. Julie is dit wildtuin en die res van die jaar moet ek ook nog beplan. Dis darem maar pret!

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 14/01/2020 - 08:55

Chris Wildehont - julle is beslis bedrywige kampeerders. Geniet dit! Ek het op 'n stadium gekom waar 'n gewone- of selfs 'n langnaweek vir my té veel PT is om te gaan kamp.

Worcester

Wildehont

Tue, 14/01/2020 - 09:10

Ek is te lief vir gatskuur en het “net” 24 dae se verlof so ons moet maar die meeste maak van naweke en langnaweke. Ons probeer ten minste een keer ‘n maand wegkom. 

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 14/01/2020 - 11:25

...Chris en sy gesin het nou wild vlam gevat met die kampery, lekker man lekker. St beplanning klink amper vooruit soos ons sinne. Paas naweek die laaste staanplek gekry by Eastco Parys en dan so n hoop vol ander besprekings ook nog daar by.

Chris se spaarwiel is seker nou vas en nou kan hy lekker rond ry smiley

Middag Lapskag

Wil jou net waarsku, ek het jou naam gestoor, net ingeval ek ook jou dienste/advies gaan nodig krylaugh

Groete

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 14/01/2020 - 11:42

Geen probleem nie, ek help graag waar ek kan as ek kan. Soos ek al genoem het, 'Van 'n kampeerder aan 'n kampeerder'. As ek nie weet nie kan ons altyd probeer uitving hoe om te kan help.yes

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 06/10/2024 - 12:14

Dit is goeie nuus. Kleinmond karavaanpark is 'n hanetreetjie van my huis af - en dit benodig dringend opgradering. Ek vertrou die Venters gaan dit doen.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 06/10/2024 - 13:14

Daar word 'n moontlikheid van 'n paar druppels reën voorspel vanaf 21:00 vanaand tot in die vroeë oggendure. Gevolglik sal ons maar die stoeptent vanmiddag afslaan, want ek het nie lus om môre-oggend nat kampgoed weg te pak nie. Buitendien wil ek nie te laat hier wegkom nie, want ek wil so vroeg moontlik by Karoo Nas Park aankom aangesien die park blykbaar redelik vol gaan wees.

Dit is vandag bietjie koeler, maar ons kon darem 'n lekker 5 km staptog op die strand geniet. Hier begin nou 'n ligte briesie van die see se kant af opsteek, maar niks ernstigs nie.

Worcester

Wildehont

Sun, 06/10/2024 - 13:14

Ek vertrou nie meer Onrus se sekuriteit nie. Dis baie jammer, want dit was ‘n lekker oord. Hopelik raak Kleinmond nou ‘n goeie alternatief. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 06/10/2024 - 13:25

My laaste inset hierbo moes op my Dwarswegstrand gesprekslyn geplaas gewees het.

Brackenfell

HennieBo

Sun, 06/10/2024 - 15:47

My laaste inset hierbo moes op my Dwarswegstrand gesprekslyn geplaas gewees het.

So gedink,  Dit maak mos nie eintlik saak nie. Jy is mos van Kleinmondlaugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus