TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -46 minutes ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -1 hour ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -1 hour ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -2 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -4 hours ago
Dit wil vir my ook so… Geniepsig Voortrekker -4 hours ago

c

Karavaan-batterye

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Mon, 11/05/2020 - 18:39
Forums

Ek het 'n spesifieke vraag oor karavaan batterye, maar wil betyds keer dat ons nie verval in die holrug-geryde standaard goed waaroor ons elkeen die beste opinie het nie, soos of 'n battery voortdurend gelaai moet word of nie, of die pole ontkoppel moet word of nie, of 'n slimlaaier beter is as 'n gewone laaier, dat 'n battery nie op 'n sementvloer moet staan nie, of 'n kar-battery netso goed is soos 'n diepsiklus battery asook 'n hoësiklus battery en enigsens gebruik kan word of nie.

Eers die agtergrond : Ek het 5 jaar gelede saam met die installering van my PowrTouch "mover" 'n 102Ah "high cycle" Deltec battery in my Exclusive laat installeer.  My 2005 Exclusive het uitgekom met 'n battery wat deur die Jurgens se Apolo laaier gelaai word en die Deltec voorsien nou alle 12V krag wat die karavaan en "mover" benodig.  Ek het ook 'n National Luna battery-monitor geïnstalleer om die vlak van die battery dop te hou.  Ek is maar voortdurend in en uit in die karavaan en skakel die Apolo-laaier net aan wanneer die NL-monitor wys die battery-vlak daal onder 12V.  Ek het ook met my multi-meter dopgehou dat indien die battery-krag by 13,8V kom, skakel die Apolo die laaiproses af.

My vraag :

Hoe kan ek bepaal wat die toestand van die battery is en of dit naby aan die gees-gee is ?  In die ou dae kon jy een van daardie glasbuise met die rubber-bol by die battery se proppe indruk en dan kon jy 'n lesing kry via die batterysuur of die battery naby sy einde is.  Deesdae kan jy dit nie doen nie omdat die batterye geseël is.

Die rede hoekom ek vra is dat as ek Aug/Sept in die Wildtuin is en die battery gee daar in, is ek in die moeilikheid want my ligte en waterpomp werk vanaf die battery asook my "mover" en ek sal nie maklik my wa sonder dit kan hanteer nie.  Een derde van my Wildtuin-besoek sal sonder krag wees en dan is die batterykrag onontbeerlik.

Die Deltec-battery is nou 5 jaar oud en makeer op die oomblik niks nie en miskien sou dit maar raadsaam wees om nou 'n nuwe battery te koop.  Omdat die goed deksels duur is, wil ek nie geld mors as die oue nog sy ding kan doen nie.

Die vraag is dus : hoe kan ek die toestand van hierdie 5-jaar oue battery bepaal sonder om te raai ?

Ns.  Daar is 'n webblad "Battery University" maar dis 'n "overload" van inligting en ek was reeds moeg net om daarna te kyk en miskien kry ek hier op die forum 'n slim antwoord.

Sommer vir 'n bietjie kleur, hier is my battery gemonteer met die PoerToch "mover" se kontroleboks links en die Apolo regs.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/05/2020 - 20:01

Phillip, ek het dit oorweeg om die battery uit te haal en na 'n batteryplek te neem.  Maar ek weet wat die antwoord gaan wees : "die battery makeer niks nie" en dit weet ek, alles werk 100% en die battery hou krag as dit gelaai word.  Ek sou net graag 'n aanduiding wou gehad het dat die battery besig is om af te gaan na "scrap".

Môre Len

Jy kan darem slapemde honde wakker maak.

Phillip se raad klink baie goed, ek gaan net sukkel om my twee batterye uit te haal. 

Kyk of die battery nie 'n sigglasie bo het nie. Gewoonlik wys dit groen, vir reg, rooi --moet gelaai word ensovoorts. Ek stel voor jy laai jou battey tot jou stelsel ophou laai [vol]. Ontkoppel die battery totaal [haal poloe af] en kyk hoe lank hou dit die spanning oor die pole. As die battery vinnig [paar dae] spanning verloor, sal dit dui op 'n battery wat dalk vervang moet word.

As jy weet hoeveel stroom jou NL trek, laat loop dit vir byvoorbeeld 12 ure. Dan kyk jy of die spanning wat die NL monitor wys met jou verbruik ooreenkom. Met ander woorde, gestel jy het 50amp.hr gebruik, moet jou battery van 102amp.hr dus slegs 50% kapasiteit oorhê. Dalk wys jou monitor wat is die ekwivalente voltlesing, wat jy kan meet.

As jou battery dus oud is, sal die oorblywende kapasiteit veel laer wees. 

Hoop dit help.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 12/05/2020 - 10:40

Baie dankie Wessel, jou aanbevelings maak sommer baie sin en ek gaan dit dadelik op die proef stel.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 12/05/2020 - 11:28

As dit enigsens moontlik sal ek Philip se raad volg deur n load test te doen. So twee maande gelede n battery vervang, glasie was groen maar het enjin sleg gedraai. Die voertuig het 2 batterye in so het skakelaar geruil en met ander gestart. Het ou scrap gehad vir inruil, en nadat nuwe battery ingesit is, selfde probleem. Die aux battery se aarding was effe sleg !! Nou is hier n spaar 105Ah battery..... duur les.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 12/05/2020 - 14:05

Wessel, ek het my Deltec battery ontkoppel en uitgehaal want ek kon nie mooi sien wat in die glasie aangaan nie.

Die laaier het opgehou laai en die krag op die battery ontkoppel en battery uitgehaal.  Krag staan nou op 13,08V.  Op die battery staan daar :-

  • Green : battery fully charged
  • Black :  recharge
  • Clear :  replace battery

Die glasie is beslis nie groen nie, terwyl die laaier het opgehou laai en die multi-meter asook die NL monitor wys die battery is volgelaai op 13,08V

Ek sukkel om op die glasie te onderskei tussen "black" en "clear" en kan nie besluit watter een van die twee is dit nie.  Ek het selfs met 'n flitsie op die glasie geskyn maar sien niks nie en ek wil aanvaar dit is "clear" en die battery moet vervang word.  Noudat die battery ontkoppel is en vol gelaai was, merk ek op die battery verloor 0,05V elke uur  -  dis maar min maar is seker 'n aanduiding dat die battery besig is om te gaan.

Ek dink ek gaan maar wag tot net voor ons eerste kamp (hopelik Aug/Sept) en dan 'n nuwe battery koop, dan wen ek nog so 'n paar maande met die waarborg.

Dankie vir die raad Wessel  -  ek is nou vies vir myself dat ek dit nie self so kon uitdink nie.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 12/05/2020 - 15:11

Ek is maar dom met dié ding, kan sien as daar 220v is en 12v en dan daai deel wat "peep" as die twee punte raak.

Middag Len

Wag so bietjie voordat jy finale besluit maak.

Meet die battery so oor 'n paar dae, onthou 12.7v word as vol kapasiteit beskou.

Daar is natuurlik 'n fluktuasie op die volts wat jy meet. Ek verwag jou battery se volts gaan daal tot 12.7v en daar bly. Die spanning op 'n vars gelaaide battery is altyd meer as 13v.

Kyk so elke oggend wat jy meet, myne staan maklik 25dae na 'n laai, voordat die volts onder 12.7 gaan.

Groete. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 13/05/2020 - 12:46

Dankie Wessel

Ek maak soos jy voorstel en gaan daagliks kyk wat gebeur.  Op dag 2 na 24 uur staan die ongekoppelde Deltec battery op 12,88v, slegs 0,o2v laer as een volle dag gelede.

Intussen het ek my ou Mercedes battery in die karavaan gekoppel en selfs hy hou verbasend krag al skakel die laaier af.

Ek begin nou wonder of ek eerder tydens ons beoogde Widtuin-trippie in Augustus, maar die "spaar" Mercedes-battery moet saamry, net ingeval die Deltec finaal sou ingee. Intussen monitor ek nou eers die daaglikse prestasie van die ongekoppelde Deltec battery.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 13/05/2020 - 23:07

My karavaan battery is alweer moeg, weet dit nou al vir twee maande en het hom nie so lank terug vervang nie.

Wil hom nie net sommer weer  so vervang die keer nie. Het hom laas sommer met n gewone nuwe 610 kar battery vervang. 

Die keer iets meer deepcycle insit en meer dink oor laai onderhoud... amp hours en so aan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/05/2020 - 19:46

Wessel, sover werk jou aanbeveling nog !

Dis nou dag 3 en die ongekoppelde 5 jaar oue Deltec battery se krag staan nou op 12,82v  -  slegs o,26v verloor !  Ek is nuuskierig om te sien of die krag soos joune op 12,7v gaan stilstaan.

Môre Len

Jip, dis 'n lekker eksperiment.

Het jy 'n goeie laaistelsel, wat vir jou 'n uitlees van volts en ampere gee?

Sommer vir kennisname, my stelsel in die wa meet beide en kontroleer die stroom soos die battery se volts opgaan. Dit kan wees dat jou stelsel effe minder laai, of anders gestel, dat die maks volts, waar die stroom verminder word, laer gestel is. 

Byvoorbeeld, myne laai amper 16 amp totdat 14 volt bereik word [vertoon as "boost". Sodra 14v bereik word, sny dit die stroom terug, so hou dit aan totdat stelsel "float" wys, ongeveer 13.6v. Volgens Pieter moet ek dit so laat staan vir 'n paar uur. Onthou, al die bogenoemde waardes is onder laai toestand. As jy dan ontkoppel, mag die spanning elkgeval 'n klein bietjie verminder, dalk 13v. 

My oorspronklike skakelaar in die wa, wat veronderstel was om die batterye te ontkoppel [isoleer] van die res van wa se stelsel, het deurgelek. Dus het batterye stadig pap geword. Noudat Pieter dit vervang het, werk dit perfek, bedoelende die batterye word nie so gou pap nie.

Jy kan natuurlik die battery laat toets onser las vir gemoedsrus. Jy het dit tog buite die wa.

Hou my ophoogte

.  

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 15/05/2020 - 21:07

Nou ja, ek het nou Len se A-raam draad besoedel, jammer Len.

Ek oorweeg nou al baie lank om die Penta se batery ook na binne te skuif, dit behoort nie te moeilik te wees nie, ek is net skrikerig vir gas dampe, maar, Len, as ek reg verstaan, het nou al paar jaar syne binne, sonder probleme. Al my vorige waens se batery was binne,  en geen probleme gehad nie.

Die hoof rede is maar die neus gewig, ek kom nie onder 120 Kg op die jocjey nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/05/2020 - 21:33

Wessel, nee ek het nie so 'n grênd stelsel soos die Echo Kavango nie, maar vermoed ook dit laai tot hier naby 14v en dan daal die krag in die battery tot hier by 12v en float dan.

Feit is hierdie battery wat ons nou toets was volgelaai tot waar dit gefloat het op 13.08v  -  dit was 12/5 om 11:30.  Vandag, 15/5 om 11:30 het die volts afgekom tot 12,78 en ek het nou, 10 uur later (15/5 om 21:30) gou gaan loer, dit staan nog op 12,78v !