TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -2 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -4 hours ago

Hekelwoorde

Daspoort Pretoria
Submitted byWillem Brits onTue, 18/08/2020 - 09:28
Forums

Ek vol dit nou al geruime tyd op fb en het besluit en gaan soms dit hier plaas vir ons lede.  As jy dit ook op fb volg en iets sien plaas dit asb. hier vir ons ander.

Waar voel en lag en huil en opstaan se woorde gesê word soos dit is.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/08/2020 - 09:37

Die eeu-oue les is dat in enige situasie waarvan jy nie hou nie jy drie keuses het - jy kan dit aanvaar (en ophou kla!), jy kan dit verander, of jy kan die situasie verlaat. Dis dit - maar jy moet 'n besluit neem en shift,! Want as jy gaan bly voortpeuter en kla soos 'n plaat wat vasgehaak het kan jy net sowel elke oggend jou Joy in die toilet gaan afspoel voor jou eerste koffie.

So waar laat hierdie post-apocalyptic dilemma na Lockdown ons in hierdie scenario? Daar is harde lang maer maande en jare wat in elke land voorlê, en vir jou om jou beste lewe te leef moet jy besluit hoe jy hierdie jare gaan leef - jy sal moet besluit, en hoe gouer hoe beter. 

Jy is welkom om dit te doen as jy wil, maar ek persoonlik weier om hierdie nuwe realiteit te aanvaar.  Om in vrees te leef steel my Joy, en om in woede te leef maak my 'n bliksem in 'n vel wat baie onlekker is vir ander mense - ek wil nie daai mens wees nie. En om te onderdruk werk ook nie, want iewers sal daai emosie weer soos lawa uitspring. So aanvaar sal daar nie aanvaar word nie - ek hou van geestelike beweging, vooruitgang, ek wil bly shift.  So nee, ek gaan nie aanvaar nie. 

Kan ek die situasie verlaat? Wel, as jy 'n maanmannetjie is kan jy weer in jou piering spring en teruggaan waar jy vandaan gekom het, en as jou tyd op aarde amper verby is kan jy uitsien om in die heavenly fields onder 'n peerboom te gaan sit. Maar tensy jy reg is om pap en wors, en jou ouers, en die grootste glimlagte in die wêreld vir altyd koebaai te waai en in 'n ander land te gaan woon, is hierdie nou die hand wat ons gedeel is. Hierdie land wat so in sy moer in is. En ek gaan dit nie verlaat nie. 

So kan ek dit verander? Ek kan nie die groter prent verander nie - kan nie drie miljoen mense se werke vir hulle teruggee nie, kan nie mense in tronke terugsit nie, kan nie daai gevreetlike vet selfsugtige taai handjies uit al die heuningpotte uitkry nie. Ek kan ook nie Corona afmaai nie. My arms is te kort vir al daai. Maar wat ek kan doen is ek kan shift - my houding (attitude) teenoor hierdie situasie kan ek shift - want ek wil my beste lewe leef. 

Ek kan elke dag in dankbaarheid begin - vir klere, kos, 'n dak, wiele, kinders, gesondheid, arms, 'n brein, my kinders - die klein goed wat huge is kan ek soos 'n fliek voor my afspeel elke oggend. My dankbaarheid soos 'n soldaat elke tree voor my laat uitloop. 

Ek kan my energie in elke dag gaan inspuit sodat die lewe weer kan begin beweeg - Lig saai sodat Hoop gebore kan word (nie hoop vir ander omstandighede nie, maar hoop vir ons mens se vermoë om op te staan uit omstandighede uit). 

Ek kan begin oefen en genoeg slaap, dat ek elke dag my allermeeste kan insit, want insit maak mens gelukkig. 

En ek kan planne bly maak om te bly vorentoe gaan.. maniere uitdink om anders te dink, nuut te praat, negatiwiteit te breek, mense se perspektiewe te verander. Ek kan soos 'n groot towenaar met 'n lang baard my arms lig, en in 'n sidderende beweging goeie energie soos 'n wind van Lig oor my wêreld laai waai - dis wat ek kan doen. 

Ons het nodig om te shift. Binne ons realiteit die besluit te neem om soos groot geestelike reuse op te staan en bo ons liggame uit te troon, vorentoe te stap in die wilsbesluit om te oorwin - ons omstandighede te oorwin, maar ook onsself. Uit my eie pad uit te kom, dat ek kan beweeg. 

So kom ons begin 'n nuwe beweging - Commit to Shift. Hang 'n strik in jou voortuin, of 'n lap, 'n klok, 'n wapperende vlag van hoop. Hang dit sodat ander weet jys gereed om op te staan - vorentoe te gaan. Ready to fight this spiritual fight. Want ons nuwe land gaan IN ons lywe begin opstaan, nie buite ons lywe nie. 

VANDAG. 
#committoshift

© HEKELWOORDE

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/08/2020 - 09:55

As jy Namibië toe ry koop jy nie Padkos nie, jy maak dit self.... 

Jezelle is 'n bekende sangeres in Namibië, sy het met my toestemming hierdie voordrag van my gedig opgeneem. Ek deel dit graag hier onder.  👏👏

(Ek kry nie die "youtube" skakel gelaai nie maar luister op fb na dit wat sy sê)

https://www.facebook.com…

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/08/2020 - 10:08

My post-Coronamens is 'n boggerop. Ek voel erg onlekker sleg. Nie selfmoord-haatdraend sleg nie - net knaend en kwynend sleg. Saai en afgemaai. 

Want my lyf het van doodwerk in hierdie tyd net 'n reuse brein geword wat geplant is in 'n tuin van selluliet en vetrolle. My bome behang met vrugte van ou klere, gerekte skipants, ou sokkies, kamerjasse en nagklere... my sexy iewers al in Maart weggepak saam met kaste vol vet sakke maer klere. 

En met my lyf in sy glory, my selfbeeld wat soos Schmegel deur gleuwe begin sypel om aan nerwe komplimente van ander mense te gaan lek... te vergryp aan slurpies goedvoel en met tentakels klouend in my grot te gaan versteek. 

My ongebalanseerde menswees wat nie genoeg Son en Lig gekry het nie - van te min ry en te veel bly. Facebook en Netnuus wat soos kranse begin uitgroei het tussen horisonne van  lag en gesels en verbeel. Van Cyril en Zuma gespice oor braaivleis en 30 seconds. Verveling gelawe in borde kos, verdrink in glase wyn. Besigheidsplanne op Zoom tussen skottelgoed en hondehare.  

Die wyse manne sê ons moet leef in die nou, maar ek is nou gatvol vir nou. Ek wil die toekoms vat en dit soos perfuum oor my spuit, en wil planne vat en myself besmeer met reise en grondpaaie en padkaarte. My drome soos trosneste oor die saai van nou kom hang. Ek gaan myself weer begin verbeel. In die wonderlikheid in. 

Ek is kant ek klaar geCorona. Nou begin ek weer droom! 

© HEKELWOORDE

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/08/2020 - 10:13

Die Anglia

Ek het al vergeet hoekom jy daardie nag jou moer gestrip en wiele opgetrek het in ons liefde. Maar ek onthou nog die Babelse verwarring toe jy die volgende oggend sonder waarskuwing opgedaag, die Anglia kom haak, en seil en al met skreeunde bande die straat weggejaag het. 

Die bure het beleefd weggekyk en weer verder gesels - soos dowes wat net in die vorentoe van hulle kyk leef. 

Na 'n halfuur se stilte het ek die laaste wyn uit gisteraand se bottel uit gedrink, op die grond gaan lê om seker te maak ek ruik jou nêrens, my kerngesonde ego verseker ek het niks verkeerd gedoen nie, en aan die slaap geraak.

- fiksie/nie-fiksie

© HEKELWOORDE

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/08/2020 - 12:43

Ek wil na die Put van Onverbiddelike Moeders toe gaan, en my dors gaan les aan daardie swart gevrotte waters... tot ek leeggedrink is aan al my raas.

Ek wil by die afgrond van my grense gaan staan, en met die gebeentes van my wense, nog kilometers van geduld met my hande gaan aanbou. Dat ek net verder kan strek vir my kinders as die Nou.

Ek wil my hart uit my bors uit ruk, en soos 'n fragile sticker op my voorkop plak - dat hulle deur die basuin van my woorde my liefde kan bly raaksien - soos 'n mot na die Lig toe kan bly gaan... ten spyte van al die donker.

Ek sou my hart in 'n seil span om hulle tot in die waters van vrede te seil, met ongeskonde skoon palette uit my huis uit te laat gaan..... maar my boot bly sink, my hout bly vrot, my skroewe bly lek, die vorentoe bly agtertoe.

Ek wens ek was volmaak. 'n Volmaakte ma. Of ten minste net beter. Of ten minste net flippen volwasse genoeg dat ek soms my mond kan hou. My vrese in my lyf kan wegsluit. Net in die grense van liefde en vrede kan bly liefhê. In die stilte.

Ek wens ek was daai ma, die een wat kan stilbly, twee keer dink, beter doen, en dit regkry. Ek flippen wens ek was daai ma.

© HEKELWOORDE

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/08/2020 - 12:46

Eks gatvol-de-moer-in dat elke week meer surreal begin voel as die vorige een. Ek wil met my kop deur die wind gaan wapper en my brein deur die see gaan spoel. My brein is dik gedink, en gatvol.

https://hekelwoorde.co.za/gatvol/

Vandag is ek moertoe. En gatvol. Gatvol gewerk, gatvol gezoom, gatvol tussen my mure gebly, gatvol vir my lessenaar in my kamer, gatvol vir statistieke en

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/08/2020 - 12:57

Daar is geen kortpaaie verby pyn of hartseer nie. Nie 'n onderdeur of 'n langsaan of bo-oor of sylangs verby nie.

Jy kan probeer, natuurlik kan jy.
En jy mag!

Maar die takwortels van pyn en hartseer is soos 'n doolhof wat jou altyd weer sal teruglei na die begin toe. Tot jy bereid is om daardeur te gaan... jou staf in die grond in te slaan. Jou Rooi See deur te loop. Before and After.

Want jy moét daardeur gaan.
Een of ander tyd sal jy moet...
jou gaan verdrink in die trane...
onder die grond gaan lê ...
saam met die nagwind huil..
deur die skrewe sypel...
oor die kranse gil....

En uiteindelik gaan verwelk op jou knieë.... voor die stukkende droom.

En eers dán, as jy kaal uitgetrek net in jou waarheid oorbly, dán kan die Heelword begin. Nie dokter of oupa of mamma of juffrou of tannie of broer of mevrou nie.

Net gedaante van die verwagting.
Gereed vir die toekoms.
Huilend hoopvol.
En real.

© Hekelwoorde

Hekelwoorde se foto.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/08/2020 - 12:58

Ek is nie reg vir hierdie nuwe lewe nie, ek wil omdraai en terughol uit die woestyn uit na waar dinge in Maart nog dieselfde was, en met 'n sakdoekie al huilende die res totsiens groet en dan ingaan in my ou lewe in en daar vertoef vir altyd. Ek wil 'n langtafel reël soos ek net ses maande gelede gedoen het, met liggies in die bome en mense wat in lang rye styf teen mekaar sit en glase cheers en mekaar se gesigte vat van omgee. Nou mag ek nie eers aan my eie gesig vat nie.

https://hekelwoorde.co.za/lughawe-lewe/

Hekelwoorde se foto.

Secunda

Sleep nou

Thu, 20/08/2020 - 07:52

Die person mag maar skryf ek voel ook so moeg vir die masker wil ook weghardloop terug na die normaal

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/09/2020 - 09:02

Ek wil vir julle die storie vertel van die armband, die skoene, en die gat (nee, nie my gat nie.... net 'n gat!). Dis 'n lang storie.. maar ook bittermooi,  amper soos 'n wonderwerk... en het vandag in my eie huis met my eie self gebeur.

So kom ek begin by die skoene. Van lankal af doen ek voorlesings met 'n paar rooi ' 'skoolskoene', hulle is parmantig en pas meestal nie by my uitrustings nie, en dan vertel ek iewers tussen lese van die storie uit 'Woman who run with the Wolves' ...van die weeskindmeisie wat vir haarself rooi skoene uit oorskietmateriaal gemaak het.. en dan staan daar: "they were crude, but she loved them, and they made her feel rich". Tot sy aangeneem is deur mense wat haar rooi skoene weggegooi  en vervang het met vaalgemanierde skoene, en verwag het dat sy haarself ordentlik en prospers gedra... opinieloos en stil.... peteuterd soos dit 'n gewone mens sonder passie betaam.

... EN SY HET.... ter wille van hulle. 

Tot op 'n dag wat iemand weer vir haar mooi skoene gekoop het, en toe is sy só bly dat sy aan't danse gaan.... oor berge en dale het sy gedans... al vinniger en vinniger... tot sy nie  haarself meer kon stop nie, en hulle albei haar bene moes afkap ... om haar tot stilstand te help bring. 

Die les? Moenie toelaat dat enigiemand jou toelaat om ooit jou rooi skoene (simbolies) uit te trek nie - want die deel van jouself wat jy onderdruk, sal iewers later soos 'n vulkaan uitskiet - omdat jy nie veronderstel is om altyd ten koste van jouself in ander mense se raam te pas nie. 

En die armband? Dis my liewe vriend Jaco se MiTribe armbande wat hy self ontwerp het, en een van my kosbaarste hartsbesittings is. Dit maak my soms sterk as ek peteuterd voel, want dit herinner my dat ek belong, omdat daar 'n vuur in my brand wat my mense koester, en omdat ek as myself vir hulle genoeg is. Toe so paar maande gelede besef ek my armband is weg - heeltemal spoorloos in die niet verdwyn. En deur al die vaal van Lockdown moes ek armbandloos soos 'n slonsgat om die huis my essence probeer behou... en omdat ek nie kon nie.... het al hoe meer soos 'n wit kermistafeldoek of pienk verjaarsdagservet begin voel... net soos al die ander! Swart jean dag-in-en-dag-uit. Bleek lippe. Onsigbare wenkbroue. Sewentig-in-die-lyf-van-vyftig, my hele essence  in die traak-my-nie-care-not-se-bos-verdwaal. 

En dit bring my by die gat. Nie my gat nie, ook nie 'n grillerige mosbesaaide donker onlekker gat nie - net 'n gewone gat, asof as jy met 'n graaf 'n ordentlike een in jou agtertuin gaan grawe en daarin gaan klim - dag in en dag uit... net diep genoeg dat jy nie ver kan sien tot by môre nie. Net jy, jouself en I - van die oggend tot die aand... so 'n gat. En so is ek, en my eie gat, in die Lockdowngat, teen my nerwe in met gewoongeid besaai.

En vanoggend, toe sit ek in my bed en dink Nee Donner Man! So kan dit nie aanhou nie. En ek plant myself regop teen die kussings, maak my oë toe en begin visualiseer myself in die toekoms - fabulous en kleurvol en exotic, beroemde skrywer met huise wat afbetaal is en lang reise in kultuurbelaaide lande met snaakse kos en pragtige mense, pragtige foto's, en kinders wat kersfees om bome lag, 'n hele wêreld van kleur en geluk het ek myself bedroom, tot ek my Lig weer kon begin skyn.

Toe staan ek op en trek wildmooi aan - 'n flappende wit wyepyk broek, met 'n los wit laehals hemp, en 'n eksotiese oranje mantel met fraaiings en blomme.. saam rooi krale, nen 'n lang koper string prayer beads. En toe ek vir lielie wys jaag sy my terug vir beter skoene as my swart klompe.... Ek krap en krap... en sien my rooi skoene! Ek skree.... LIELIE!! MY ROOI SKOENE! EK gaan my rooi skoene aantrek! Want ek wou weer my essence seëvier....verstaan? Dat ek haar kan onthou.... En toe ek dit uit die kas uit haal.... Wat lê in die een skoen? Daar afwagtend van vir altyd af soos die bedorwe tand vir sy geldjie? My armband! My Mitribe armband lê binne-in my rooi skoen die hele Lockdown vir my en wag! 

Die Vader het my gebless met verstaan. Hy het gese: welkom kind, dis hoog tyd dat jy hierdie skoene trek - en terwyl jy dit doen vat asb jou armband, dat jy kan weet jy belong... NET SOOS JY IS! 

Ek en my armband en my rooi skoene het vandag die wêreld in die oë gekyk. Want dis die klere wat die engele vanoggend vir my gekies het. 

My Selfste Self. 
Se Klere. 
❤️ 

© Hekelwoorde

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 30/09/2020 - 20:55

jyt my van 'n hoë afgrond af in 'n klein emmertjie liefde laat induik

jyt my laat glo ek kan
en ek het.... 
vreesloos

en daar binne het dit soos die see gevoel
elke druppel liefde soos 'n waterval
oorvloed

die wêreld deur jou vergrootglas
was vir my genoeg

you get me
you get me not
you get me

maar die gat in die emmertjie was groot
die bietjie water daarin vinnig weg
jou fontein was droog

jy het niks gehad om te gee nie
nie eers 'n druppel nie
ek het dit nooit eers besef nie

ek het myself kom verdrink in jou niks

en later maar verslae uitgeklim
die trane afgevee
my hart in 'n klein papierbondeltjie in my sak gebêre
en huis toe gekom

You get me not.

© HEKELWOORDE

Hi Warren

What about;

I will not allow my daughter in law, to cook peas in a pea pot.

What did I miss, somewhere is a trap, of hoe???

Groete

 

I will not allow my daughter in law, to cook peas in a pea pot.

A-hem..... A pea pot is for peeing in..... definately, not for cooking peas... laugh