TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -37 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -55 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -58 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -1 hour ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -2 hours ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -3 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Vanaf Limpopo na die Wes kus

Vaalwater, Limpopo
Submitted byJosef Willem onFri, 29/01/2021 - 13:16
Forums

Goeie Middag alle lede,

Ja dit is jare laas wat ek gaan kamp het en het n bietjie raad nodig omdat ek nie te veel inligting op die webwerf kry nie.

 

Ek beplan om in Junie maand n "Road trip" te doen van sowat 5000km Vanaf Vaalwater, Limpopo, al die pad na Kuruman, Springbok, Paternoster, Houtbaai, Struisbaai, Oudtshoorn Bloemfontein en terug Vaalwater toe.

 

Kan julle asb enige aanbevelings maak van lekker kamp plekke in Kuruman, Keimoes, Springbok, Paternoster en Houtbaai. n Laaste vraag, is Junie maand die regte maand om te gaan of moet ek vroeer of later gaan?

 

Ek sal dit grootliks waardeer.

 

Groete Josef Willem

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 29/01/2021 - 15:27

Ek gaan my nie uitlaat oor die ander plekke nie, maar by Kuruman kan jy gerus Red Sands probeer. Springbok se kampplekke het ek nog nooit probeer nie, maar nie ver verder suid nie is Kamieskroon met Kroon Lodge - werklik 'n puik plek.

Laastens dink ek nie dat Junie die mees geskikte tyd vir die Wes-Kaap met 'n karavaan wees nie - tensy jy nie omgee vir koue noordwestewinde en die Wes-Kaap se piek-reëntyd nie. Ek sou eerder April oorweeg of dan andersins Sep/Okt. Aug/Sep is natuurlik 'n goeie tyd vir blomme in Namakwaland.

Middag Josef en vriende

Julle moet nounie Josef langs die pad los nie. Gee die man nou nog raad, so padlangs tot hy weer by sy huis is.

Ek sal jou aanraai om na die Resensie afdeling  [groen kol] te gaan en daar te lees oor opsies op jou pad. Vat dit so provinsie vir provinsie. 

Jou eerste oorslaap moet sommer Manyane-Pilansberg wees, of Buffelspoort, vandaar na Red Sands. 

geniet die beplanning en vra maar gerus aanhoudend.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Fri, 29/01/2021 - 16:04

Wessels en Chris,

 

Baie dankie vir die inligting sover, ek beoog om van Pretoria tot in Kuruman of selfs tot by olifantshoek in die eerste dag te ry, van daar af sal dit rustiger wees, wil met alle geweld net in die kaap profinsie kom, dis hoekom ek my eerste (tweede dag vanaf Pretoria) n bietjie wil stoot, die Hilux soek oop pad ernstig.

 

Maar baie dankie sover vir die inligting, het enige iemand dalk vir my n resensie oor shomatobe in kuruman of hou ons by Red Sands?

 

Groete

Josef

Ek gaan Meimaand oorbly by Red Sands, oppad Twee riviere toe, en ook terug. Ek het op die forum verneem dat oorslaapplekke in Kuruman moontlik 'n sekuriteits risiko inhou.

Vat dit kalm, Wes Transvaal se paaie vat jy met respek, of jy gaan jou Hilux self stoot.

Groete 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/01/2021 - 18:11

Josef, ek is ook 'n Kapenaar, maar is ongelukkig van die vervelige soort  -  ek kamp vernaamlik in die Kruger Wildtuin en Hartenbos en dan ook by oorde hier in ons omgewing.  Ek onderskryf Chris B hierbo se kommentaar wat die tydperk betref, beslis nie in ons reëntyd hier nie.

Oudtshoorn : ek aanvaar Kleinplaas in die dorp is op jou lys.  Wat my aanbetref, uitstekend !

Lekker beplan en dan lekker toer.

Ns.  Ons weet jy sleep met 'n Hilux, maar wat sleep jy ?

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 29/01/2021 - 19:10

... dit maak nie saak wat jy sleep nie - solank jy dit net met 'n Hilux doen.😉

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 29/01/2021 - 19:18

Josef, April is vir my die beste weer hier rond. Stem saam met Red Sands en Kleinplasie in Oudtshoorn. Red Sands het n lekker restaurant.

Loer na Strandfontein aan die Weskus, regtig n puik kamp, teen die strand met privaat ablusies. Hier op die tuisblad is n skakel met mooi fotos by.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Fri, 29/01/2021 - 19:50

Chris,

Ek het n vraag, op kroon lodge sien ek geen grasperke of sand nie maar baie gravel en dan daai hoekies wat op 3 kante toe is, hoe slaan n man n tent daar op of moet die matras maar ekstra diep wees dat jy nie die klippe voel nie.

Len,

Ek het groot geword met tente en ons aangrensende buurlande deur getoer toe ek op skool was en  alhoewel die my eerste keer weer gaan wees in seker 25 jaar dat ek weer in n tent gaan toer en kamp, sien ek uit daarna, het kanopie vir die Hilux gebou in lockdown laasjaar, het sonkrag, stort en toilet alles, so alles pas en gaan maar die harde grond aandurf met matras, die Sleep Gogga het my nog nie gebyt nie.

Lekker aand verder.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 29/01/2021 - 20:39

.... ek het sommer aanvaar jy sleep. Maar jy't reg gekyk, Kroon Lodge se staanplekke is met klipgruis bedek en is dalk nie die beste oppervlak vir 'n tent nie. Maar dat dit 'n netjiese kampeerterrein is met uitstekende geriewe is nie altemit nie. Ekself het nog nie daar gekamp nie, maar my deeglik vergewis van die netheid van hulle kampgeriewe toe ons in een van hulle chalets oorgeslaap het. En 'n gerieflike plek om die Weskus Nasionale Park vandaan te verken.

Centurion

Voortrekker

Sat, 30/01/2021 - 06:33

Ons het 'n maand gelede so 'n tipe roete gedoen.  Norvalspont, George, Somerset Wes, Paternoster, Elandsbaai, Hondeklipbaai, Port Nolloth, Augrabies.  Ek wou nog oppad terug tussen Augrabies en Pta oorslaap maar die Mahindra loop so lekker toe ry ek sommer deur... smiley

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sun, 31/01/2021 - 12:16

Goeie middag alle Kampeerders, 

Dit is alweer ek en het n bietjie raad en aanbevelings nodig, het enige iemand al gekamp in n tent in die Houtbaai, Vishoek en Simon's Town omgewing, enige parke of oorde wat die moeitewerd is? of moet ek eerder aanbeweeg na die Strand gebied?

Van Houtbaai omgewing wil ek aanbeweeg na Struisbaai, gaan ek my tyd mors of is daar ook lekker kamp plekke daar?

Weereens dankie vir al die terug voer.

Waardeer dit opreg.

Groete uit Limpopo

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 31/01/2021 - 13:00

Josef, eerstens, baie welkom op ons forum, jy vra lekker vrae, almal kan interesante inligting hier uit kry.

Ek kan jou nie antwoorde hier gee nie, maar volg die draad met groot belangstelingyes

Middag Josef

O gaats, ek hoop die DA burgers gaan jou help met jou vrae. Ek gaan jou dalk net verkeerde advies gee.

Groete

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sun, 31/01/2021 - 15:52

Goeie dag Lede,

Ok so ek het nou so n naastenby roete uit gewerk en wil weet wat julle dink en waar moet ek n paar dinge verander ook, so ek vertrek van Vaalwater na Pretoria my eerste dag.

Dag 2: Kuruman, slaap in Red Sands, 1 aand

Dag 3: Kakamas, slaap by Khamkiri, 2 aande

Dag 5: Springbok, slaap by Sperrgebiet. 1 aand

Dag 6: Kamieskroon, Slaap by Kroon Lodge, 2 aande

Dag 8: Strandfontein, slaap by Strandfontein vakansie oord, 2 aande

Dag 10: Langebaan, slaap by Seebries vakansie oord, 3 aande

Dag 13: Vishoek, slaap by Vishoek vakansie oord,  2 aande

Dag15: Gansbaai, slaap by Gansbaai karavaan park, 1 aand

Dag 16: Hartenbos, slaap by Dibiki resort, 2 aande

Dag 18: Oudtshoorn, slaap by Klein PLaas, 3 aande

Dag 21: Kimberley, 1 aand

Dag 22: Vaalwater.

Plekke wat ek langs die pad wil sien:

  

DIE OOG
BOESMANSGAT
The Truce Tree
Wonderwerk Grot
BEZALEL WINE ESTATE
ORANGE RIVER WINE CELLARS
KHI SOLAR ONE
AUGRABIES WATERVALLE
AUGRAIES NATUUR RESERVAAT
AUGRABIES HOT AIR BALLOONNING
DIE PIENK PADSTAL
NABABEEP MINING MUSEUM
KLEINSEE
NAMAKWALAND MUSEUM
BURKE'S PASS
HONDEKLIP BAAI LIGHUIS
HONNEHOKKE RESORT
GARIES TOERISTE STAL
LETTERKLIP
KNERSVLAKTE SPENS
ROOIBOS TEE HUIS NETMAR
VELSKOEN DRAAI PLAAS MARK
DIE PLAASMOL 
ELITE CHARTERS
BAY GALLERY EN VYGEVALLEI PLAAS STAL
TAFELBERG   
WATERFRONT
SUIDELIKSTE PUNT VAN SUID AFRIKA
KONGO GROTTE
ZIPLINES

VOLSTRUIS PLAAS

So hier is my beplanning sover, laat weet maar as daar enige plekke is wat ek moet bysit of waar ek moet verander,

totale roete tot dusver:  5000km

Verblyf koste:  R5000

Brandstof, plus minus:  R5000 

Sakgeld:  R15000

Sal graag julle raad wil sien en veranderinge aanbied om dit een awesome trip te maak, Het ook my datums aangepas en vertrek die 12 de April en nie meer in Junie nie.

 

Lekker dag verder

 

Groete

Josef

Centurion

Voortrekker

Sun, 31/01/2021 - 16:28

Josef my opinie is dat jy jou tyd gaan mors om te kamp in die Kaapse Skiereiland.    Daar is nie opsies in Srand area nie. 

Strandfontein Weskus is Paradys. Yzerfontein ook mooi en lekker kamp.   

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/01/2021 - 17:24

... as ek verdere kommentaar kan lewer.

Oorweeg eerder hetsy Chapmans Peak Farm of Imhoff in die Skiereiland i.p.v. Vishoek. Laasgenoemde is 'n munisipale oord waar dit maar soms rof kan gaan. By Gansbaai sal ek baie eerder oorweging gee aan Strandskloof naby Uilkraalsmond - 'n puik oord.

By Kimberley sal ek sonder twyfel eerder by Riverside Country Lodge gaan kamp as in Kimberley self. Jy's nog steeds naby genoeg aan Kimberley (sowat 30 km) as jy die omliggende besienswaardighede wil besoek.

Geniet die beplanning. Dit is vir my gewoonlik bykans netso lekker soos die vakansie self.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 31/01/2021 - 18:19

Ek stem saam met Chris B wat Kimberly betref, Riverside is 'n puik oord en veilig, naby is Magersfontein, en ander besienswaardighede, ook naby Kimberley.

Jy kan ook in Melkbosstrand, Ouskip oorweeg, nog puik oord en naby Tafelberg en ander interesante dinge, bv Kaappunt, verskeie ou lig toerings, Chapmanspeak ens, ens.

Gaan kyk gerus na my draad ivm my Kaapse toer, in daai omgewing moet jy ook via Worcester oor Villiers na Franshoek ry, asemrowende pas, daai Franschoek pas.

Noudat ek 'n beter idee van jou roete het, kan ek bietjie raad gee.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 31/01/2021 - 19:15

Ek het al in Simonstad (vergeet nou die oord se naam) gekamp, maar moet sê dit was lank terug toe nog met tent gekamp.

Struisbaai, daar het ons oom met tent gekamp, maar die wind kan jou baie pla.  In L'Agulhas is ook 'n kamp en die een deel is tussen hoë verblyf geboue wat kan help teen die wind dit was ook voor 2000 gewees met 'n tent.

Gaan kyk ook na Anton se trip van einde 2020 - 2021 teen die Weskus se verslag met foto's.

Sterkte met die beplanning, dit bly maar net so lekker soos die kamp self.