TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -42 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Met watse tent kamp jy

Vaalwater, Limpopo
Submitted byJosef Willem onWed, 17/03/2021 - 11:22
Forums

Goeie dag,

Ek het nou al die afgelope paar weke na seker 20 verskillende tente gaan kyk en kan net nie my gedagte opmaak oor watse tent ek in die langduur vir my wil koop om n gereelde kampeerder te wees nie, nou vra ek maar op die forum vir raad en wat julle siening is oor die verskillende tente.

Tans gaan ek met n 3 sekonde 2 man tent kamp, dit is daai tente wat jy in die lug gooi, hy maak oop en jy slaan vas en dis dit.

Maar nou het ek ook al na die Coleman Fast pitch dome 5 man tent gaan kyk en die Gazelle T4, ongelukkig moet ek die Gazelle T4 laat invoer en kos in die omgewing van R3400 met invoer koste, en het ook na die canvas tente gaan kyk, neem kennis dat ek net 1 is en kampeer alleen so ek moet iets aanskaf na die toer wat ek alleen kan oplsaan, 

Baie van die ouens waar ek nou al na tente gaan kyk het se ek moet n canvas vat want hy sal my jare kan hou maar die nylon tente hou net n jaar! is dit waar?

Het julle enige aanbevelings en fotos en raad asb. ek wil nou nie n Canvas tent gaan koop van R4000+ en dan sukkel ek om die tent alleen op te slaan nie of is daar n tegniek daaraan verbonde soos om eers die tent vas te slaan en dan die pale op te lig om die tent sy "dome" te gee?

Help asb

Weereens dankie vir die raad

Centurion

Voortrekker

Wed, 17/03/2021 - 11:37

Die canvas tente is solied, maar hulle is ook redelik swaar.  'N goeie 3x3 kan maklik 30kg weeg.  En is fisies baie groot opgepak.

Soortgelyke nylon tipe tente kos omtrent 1/3 van die prys van 'n canvas.  So jy kan 2 of 3 koop.   Die Nylon tent gaan net nie so sterk wees soos 'n canvas nie.  Die vloer is dunner en pale is nie so sterk nie.   'N goeie 3x3 nylon weeg omtrent 7kg...      Oorweeg gerus dra gewig en stoor spasie van canvas teenoor nylon.

In slegte weer gaan die canvas tien teen een baie langer staan ook.

Ek dink vir winter kamp wanneer dit ook koud is gaan die canvas warmer wees en meer beskud.   Vir mooi weer warmer dae en nagte mag 'n nylon dalk meer gerieflik wees.

Kry 2 tipes.  'N Nylon en 'n canvas en kamp altwee soos benodig?     Tentco maak 'n oulike 3x3 Nylon vir R1800

Hello Josef

Hoekom oorweeg jy nie om eerder 'n daktent op jou trokkie te sit nie.

As jy op 'n plaas is, kan jy dit mos met hystoestel aftel, as jy nie vakansie hou nie. Ek dink die goete behoort vir 'n tydelike enkelpersoon baie goed te werk.

Dan hoef jy nie tentpenne in te slaan nielaugh 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 17/03/2021 - 12:34

Ek kan jou nie juis raad gee nie want ek het nog net 'n paar nylon tente gehad. Wat my baie af gesit het van nylon, is die "pale", dit breek maklik, en buig nog makliker in wind, dit is die ander probleem, sagte wind druk daai tent plat op die grond.

Canvas tente is baie stewiger, maar ek glo dit gaan dalk meer moeite wees om op te slaan?

Ander punte om in ag te neem is ook reeds uit gewys.

Sterkte met die besluit.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 17/03/2021 - 12:43

O ja, penne.

Penne wat saam met nylon tente kom gebruik ek vir die storm water plastiek stroke wat ek aan die bokant van die karavaan sit, dit het geen ander doel nie. 

Vir ankers gebruik ek net stewige storm penne (daai wat soos 'n 7 lyk) so dik en lank moontlik. Die reguit penne gebruik ek net om sy panele mee te "anker" maw teen die vloer waar dit weinig werk het anders as om die paneel te stut.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 17/03/2021 - 12:53

Tentco het baie tente op hulle web bald hier is die skakel.

Sterkte met die soek, stem saam dat die seil tente baie meer houbaar is ma swaarder.

Hoekom oorweeg jy nie om eerder 'n daktent op jou trokkie te sit nie.

Hier stem ek saam met Wessel.  Tentco se Rooftop.

Secunda

Sleep nou

Wed, 17/03/2021 - 13:03

Ek kamp nou al amper 10 jaar in my Howling moon strata dome tent goeie tent hy wat die houe wat na hom kom en Ja Tencto se tente ook nie sleg kyk na buite en sterkte met besluit

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 17/03/2021 - 13:04

Tentco het 'n groot reeks om van te kies.

Josef jy moet ook in gedagte hou, al is jy alleen, jy moet steeds beweeg ruimte hê, ook plek vir 'n yskas, tafel ens. en klomp ander noodsaaklike goed wat nie in die voertuig kan bly nie?

Worcester

Wildehont

Wed, 17/03/2021 - 14:03

Ek dink dit hang af van die soort kampering wat jy doen. Ons is lief vir wildtuine, en om elke dag die tent af- en weer op te slaan lyk vir my na onnodige rompslomp (ek praat natuurlik van die daktent Oom Arie, maar ‘n daktent is ook nie gemaak vir pen inslaan nie). 
 

Ek het twee 2,5m x 2,5m seil tente wat nou al 23 jaar oud is en nog perfek werk - ritssluiters en alles. Elk weeg ook 23kg maar ek kan (en het al baie) dit alleen op- en afgeslaan. Hier onder doen ek dit in ons agterplaas toe ons een aand tydens die eerste inperking in een geslaap het. Dis jammer jy is so ver, anders kon jy een by my gekoop het. Wat lekker is van hulle is dat jy gerieflik regop kan staan en genoeg plek het vir ‘n bed en rugsak/tas ens. 
 

 

video
Centurion

Voortrekker

Wed, 17/03/2021 - 14:12

Die 2.5 x 2.5 is vir my 'n lekker grootte, ligter en makliker om op te slaan as die 3x3  Maar jy gaan nie sommer met 2 stretchers in 'n 2.5 x 2.5 gemaklik kan verkeer nie.  Ek en mamma slaap in die 3x3 en die 2 latte het 'n 1.5 x 1.5.    Let wel dat ons al 4 al vir 2 weke met die 1.5 x 1.5 gekamp / toer het laugh

Ek dink vir een man is die 2.5 x 2.5 x 1.9 perfek.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 17/03/2021 - 14:22

Wildehond, dit is net soos jy daar se ja, ek het al voorheen na rooftop tents gekyk maar is nie n opsie wat vir my gaan werk hier in SA nie, ek wil tent opslaan en dan die wereld gaan verken, dit sal heel moontlik werk as jy in Namibia gaan toer en 4 of 5 aande op n plek staan en nie wil rondry nie.

Soos sou ek nou n rooftop tent op die Hilux sit, wanneer ek in Simon stad is vir 4 dae, daar is soveel goed wat ek wil doen en sien en dan op op en af te slaan elke dag gaan net nie werrk nie. Ek sal maar eerder dan n Canvas tent koop, dankie vir die video Wildehond, dit is my grootste bekommernis gewees oor die groot dome tents, sal ek dit reg kry om hom alleen op te slaan maar jy laat dit maklik lyk, ek dink ek het nou my mind op gemaak, sal vir my die wanderer dome tent gaan kry, 2.5 x2.5 x 2.2 vir R3400 by Outdoor warehouse, sal net n bietjie vergelyk met Tentco se Pryse.

Centurion

Voortrekker

Wed, 17/03/2021 - 14:33

Josef, het jy 'n afdak?   Die Safari Bow is bietjie duurder en swaarder, maar 2 dinge.

1.  Sy kant seile / vensters kan van binne en buite oopmaak as ek reg onthou.  Dit is lekker vir as dit onverwags begin reen terwyl jy binne is en vensters is oop.

2. Die afdakkie wat bo die ingang is , is baie handig as dit reen.

 

Ek dink die Safari se canvas is bietjie sterker.

Ek sien die prysverskil is R1000, maar moet dalk oorweeg word veral as jy gaan kamp waar dit mag nat word.

Worcester

Wildehont

Wed, 17/03/2021 - 15:29

Ek stem saam met Anton dat die vensters van binne moet kan oop- en toemaak. Nie net vir reën nie, maar ook vir ventilasie as dit te koud of warm raak in die nag. 
 

Maar jy gaan nie sommer met 2 stretchers in 'n 2.5 x 2.5 gemaklik kan verkeer nie.

Maar mens kan mos nie lepel lê op aparte beddens nie? As julle op een slaap is daar genoeg plek, al is dit ‘n dubbelbed. Jy skuif hom ook sommer tot teen die kant dan moet sy nog nader lê om nie teen seil te lê nie. 

sal ek dit reg kry om hom alleen op te slaan maar jy laat dit maklik lyk

Hoe kleiner die tent is hoe makliker werk dit, maar ek slaan die 2,5 x 2,5 alleen op vandat ek hulle gekoop het. Ek het alleen deur Namibië getoer met een. Jy maak so:

  • rol en vou die tent oop, met die nok van die dak in die middel (jy moet hom so opvou dan is hy sommer reg as jy hom oopvou
  • slaan ‘n pen in elke hoek gat. Dis nou die gat waaraan die hakie vas is waarin jou paal se voet druk (as jou tent soos myne lyk). Maak seker jy trek die kante mooi haaks en styf terwyl jy die penne inslaan
  • sit jou pale se middelpunt waar hy kruis op die nok neer en maak die linte wat aan lg vas is om die middelpunt van die pale vas. Haak ook die eerste drie of vier hakies (naaaste aan die kruis van die pale) op elk van die vier nate om die regte paal
  • sit die pale aanmekaar sodat hulle reguit langs die nate lê verby die hoeke van die tent
  • begin op een hoek (die vat bietjie elbow grease) en druk die paal se voet na die middel van die tent tot jy dit kan inhaak op die hoek. Gaan dan na die oorkantste paal en doen dieselfde. Nou wil jou tent opstaan maar sal omval omdat die ander bene 90° tot die twee wat staan, nog nie in is nie. Druk dan een van lg middel toe tot jy sy voetjie kan haak en dan die laaste een
  • dan staan jou tent en jy haak net die laaste hakies af tot onder op elke been
  • wanneer jy afslaan doen jy dit in min of meer die teenoorgestelde volgorde. Dit werk beter (as jy kan bykom) om eers die linte by die nok om die middelpunt van die pale los te maak en die boonste paar hakies wat jy kan bykom los te maak terwyl jy in die tent se oop deur staan
  • dan haak jy die res los en jou tent sak inmekaar. Los die deur ten minste halfpad oop, anders moet jy op die tent trap en is dit te styf gespan wannneer jy weer opslaan. Haak die pale versigtig uit (dis veerstaal en skiet seer as dit gly) en haal hulle uitmekaar. Hou hulle weg van grond af, want as die grond in die female gedeeltes ingaan sukkel jy later om die male in te kry want die gat raak al hoe vlakker soos die grond daarin vas gedruk word oor tyd (bly stil Oom Arie)
  • voor jy die penne op die hoeke uittrek, vat die nok van die tent, en trek die vier panele om die beurt reguit na die middel toe. Dit doen jy deur die nok te trek na waar jy staan, van elke lang kant van die tent af (tussen die hoeke) Dan lê hulle mooi plat vir makliker opvou en reg vir volgende keer se opslaan. Die laaste een gaan terugvou oor die ander, maak dit die deur se paneel sodat jy in die oop deur op die tent se grondseil kan trap wanneer jy werk en nie op die buitekante nie. 

 

Ek hoop my verduideliking maak sin. Die afdak slaan ek net op as dit gaan reen. Dis bietjie meer moeite omdat jy die pale moet staanmaak sonder hulp, maar dit kan gedoen word. 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 17/03/2021 - 16:59

My 3x3 canvas choppertent is seker nou 30 jaar oud, en nog 100% na bitter baie toere. Vensters maak binne toe oop, en die deur maak n afdakkie. Daar is n muskietgaas deur ook. 

Opslaan baie soos Wildehont, met die verskil. Le ook uit, en maak die deur oop soos dit le op die grond. Sit die pale in plek net soos hy, begin by een hoek, dan teenoorgestelde etc. nou klim ek binne die deur, staan op die vloer, en tel die nok op tot bo, haak so 2 hakkies elke kant in. Gaan na buite en haak dan die res in. As n man kort is, kan my plan dalkies nie vir hom werk nie, noem maar net.

 

 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 17/03/2021 - 17:59

Ek het al vir jare die Turbo deluxe 300.

Sit hom alleen op binee 5min. Die pale is klaar vas aan die tent. As jy hom ooplê op die grond lig jy net die pale, werk met skarnier aksie in die middel, en saar staan die tent.

Storm tou is klaar vas aan die tent, en rol op in toezip sakkies aan die tent. Twee toue op elke hoek een in middel en een bo.

Drie x srie meter, mure amper loodreg, dus kan ek rwgop staan in 80% van die vloer area.

Al wat los is, is die penne.