TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -9 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -28 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -30 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -35 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

TPMS, werk dit altyd?

Vaalpark Vrystaat
Submitted byJohann L onWed, 14/04/2021 - 18:08
Forums

Ek wou niks niks hiervan noem nie, wou eers my feite agter mekaar kry.

Op 29 Maart '21, soos ek reeds genoem het, op pad na Zelpy oord by Magaliesberg, het my kar se nuwe regter agter wiel gebars, die tpms het steeds die druk op 2.7 bar gewys, na ek reeds die wiel al af gehaal het.

Wat het geword van die vroeë "waarskuwing" ?

Ek is in kommunkasie met Abraham Kruger, by wie ek die stelsel gekoop het. Ek sal in die volgende insette van die e-posse insluit.

Wat ek altyd doen die dag voor ek ry, is om al 6 sensors se baterytjies te toets, in die geval het ek al 6 met nuwes vervang juis omdat die oues meer as 'n jaar op was.

Tans is ek in 'n twee stryd, is die goed betroubaar, of is dit 'n foefie???

Abraham beweer die voogende:

1. Baterytjies was onder 3.1 volt

2. Monitor se reik afstand is te klein (die agter wiel is twee meter van die monitor)

3. Die sensor se geheue het nie "reset" nie, ek verstaan dit glad nie.

Ek het vir hom vandag 'n video greep gestuur wat ek geneem het, vandag, waar die rooi liggie op die regter agter wiel flikker met 'n "low pressure" waarskuwing, die band se druk het ek na 2.92 bar op gevat, wat .22 meer as die gestelde minimum druk is.

Band druk
Ongelukig kan mens nie die rooi liggie sien nie, maar duidelik die waarskuwing op 2.92 bar 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 14/04/2021 - 18:14

NB, hierdie is nie 'n swart smeer draad nie, maar 'n waarskuwing aan ons wat te veel staat maak op gadgets.

Abraham se eerste "response"

1. Sensor battery pap. Nuwe CR1632 behoort 3.3V te lees, vervang indien 
onder 3.1V.
.
2. Sensor foutief: toets aldus: Neem monitor ter hand (om te verhoed dat 
dit in slaap mode gaan)
Draai sensor af, indien geen waarskuwing, probeer 'n ander sensor afdraai. 
Indien dit werk dan is die eerste sensor foutief. Indien twee of meer 
sensors nie werk nie, dan is monitor foutief.
.
3. Monitor se reikafstand het verswak. Draai werkende sensor terug. 
Waarskuwing behoort te kanselleer. Neem dan monitor so 10m weg (met 
lugdraad ingedruk) en draai weer sensor af. Indien dan geen waarskuwing, 
dan het daardie monitor se reikafstand verswak sedert ek dit voor verkoop 
getoets het.
.
Ter verduideliking: Tireguard werk met een-rigting kommunikasie.
Die sensor neem elke 6 sekondes lesings van druk en temperatuur, maar 
skakel slegs sy radio aan om 'n verslag te stuur indien 'n lesing 
noemenswaardig verskil met die vorige verslag. Indien dit elke lesing sou 
rapporteer sal die battery nie 'n maand hou nie, want die radio stuur 'n 
sterk sein om sonder 'n seinversterker 'n lang reikafstand te verkry.
Die monitor, indien wakker, opdateer lesings ontvang, en waarsku indien 
dit buite perke is.
Vir posisies wat nie rapporteer nie, wys die monitor die laaste lesings 
ontvang. Dus mag dit in die oggend die vorige dag se lesings wys. Dit 
opdateer sodra nuwe lesings ontvang word. Die sensors rapporteer wel 
oornag veranderde lesings, maar dan is die monitor in slaap mode. Dit 
bespaar die battery om langer as 'n maand te kan werk voordat dit herlaai 
moet word.
.
Soos 'n bestuurder gereeld nagaan of remligte en so wel werk, behoort die 
Tireguard se werking ook gereeld getoets te word.
.
Laat weet wat u benodig, alle komponente van die stelsel is apart 
beskikbaar. U het nog die ou tipe 400C monitor. (aangekoop 29/06/2016) Dit 
word nie meer vervaardig nie, maar die nuwe model M2 monitor sal met u ou 
sensors werk. (sien foto aangeheg) Spaar stof doppies en klepseels vir u 
sensors verskaf ek gratis. Die dun O-ringe neig om te verbrokkel in ons 
droë klimaat, dan kan water inlek en die elektronika korrodeer. Ek het 
bietjie dikker, beter kwaliteit O-ringe van 'n hidroliese verskaffer 
verkry, hulle kos R2 stuk.
 

My reaksie:

 

Lae druk stelling is op 2.6 bar

Volt lesing 3.3 volt

Weet nie hoe om hoë druk te stel nie?

Ek wil nie vir die binne druk meters gaan nie, ek het 6 sensors en dit gaan my n fortein kos om nou oor te skakel.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 14/04/2021 - 18:22

Ek wil dit weer duidelik stel, ek is nie gesig met swartsmeer nie.

Abraham se reaksie:

On Tue, 13 Apr 2021, 10:59 Abraham Kruger, <abraham@tireguard.co.za> wrote:

Goeiemore Johann,

Die hoë druk waarskuwing behoort nie te aktiveer nie, ek het die fabriek gevra om dit af te skakel.

.

Die volts en druk is reg, al wat nou oorbly is die afstandtoets.

Dit sal bevestig of die monitor foutief is.

.

Veilige reis,

Abraham.

 Ek gaan nie alle korresponsie hier weer lê nie, dit raak langdradig.

Ek wil net die fout uitsorteer om dit in die toekoms te kan voorkom, en om lede te waarsku, moenie te veel op die goed vertrou nie.

Ek het nou al vir sowat 2 jaar een van Abraham se stelsels, sover geen probleme nie. Het onlangs die eerste keer batterye vervang maar dis al. Wat ek wel doen is om die sensors te verwyder as die trokkie karwas toe gaan, ek vertrou nie daai hoëdruk spuit met die sensors nie. Die verwyder van die sensors het ook die voordeel dat dit sommer die stelsel soort van toets, oomblik wat ek hom losdraai val die druk wat hy meet effektief na nul met die gepaardgaande eenheid wat dit wys deur te bleep en die rooi lig laat flikker...dis seker omtrent die naaste aan 'n pap band? En ja die hoëdruk waarskuwing is "afgeskakel" soos Abraham ook aan my verduidelik het (dis 'n onsinnige parameter om te wil meet in alle geval)

Worcester

Wildehont

Wed, 14/04/2021 - 20:10

Ek het vir my ‘n Fongkong een bestel op Banggood. Dit behoort eersdaags afgelewer te word. Op 4x4community het ‘n paar ouens dit aanbeveel en gesê dit werk 100% Dit kos minder as R800 vir een met ses sensors waarvan die monitor met sonkrag laai. Nou wonder ek of dit soos Johann se een ook net sporadies gaan werk. Sal maar gereeld toets na ek dit ontvang en lesings nagaan met my gewone banddruk meter. Ek wil dit ook as ‘n waarskuwing stelsel hê terwyl ek ry. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 15/04/2021 - 08:17

Ek het gisteraand die monitor op die laaier gesit en gaan vandag weer elke toets doen. My vermoede is dat die monitor se batery miskien te laag kon wees, ek gaan nie nou 'n nuwe stelsel koop nie, dit kos klomp geld en sal dit oorweeg as niks anders 'n oplossing gee nie.

Ek wil nie sonder die tpms ry nie, maar wil die stelsel kan vertrou.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 15/04/2021 - 08:56

Ek het jare terug myne gekoop want die ander kan net 6 bande vat en die Ford saam met die Exclusive het ek 8 nodig.

My monitor wad altyd ingeprop, maar na die dun rubbers het van die sensors geroes.  Ek sal dit weer moet aandie gang kry want dit lê tans in die motor huis.

Wat ek wel gesef het is dat mens die kort staal "valves" moet gebruik anders krap die sensor jou alooi fellings.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 15/04/2021 - 11:13

Chris, nee nog niks gehoor nie, ek het vanoggend weer geveg. Die man sou my onmiddelik terug bel, maar dit is nou al twee ure later en nog niks.

Willem Abraham het nou 'n nuwe monitor met 'n baie groot reik afstand teen R1200.00, maar ek dink my monitor makeer niks. Net die batery laag (van die monitor) wat dalk die probleem was,  maar nie 'n waarskuwing gegee het soos dit veronderstel was nie.

Willem, wat ook werk is om 'n pakkie van die klein rubber pads wat mens onder aan bv stoel pote kan plak te koop. En dan onder elke valvestem een direk op die velling te plak, sou die valvestem wel sover buig dat die sensor aan die velling kan raak beperk daai pads die beweging en beskerm ook die velling. Abraham het ook vir my sulke harderige spons rubber "pype" gegee wat mens oor die valvestem kan druk om die spul minder beweegruimte te gee. Werk heel goed, na 2 jaar geen merke op die Ranger se vellings nie. TWT kan wel stainless stems opsit maar dit kos meer as R1000 per stel van 4, dis in alle geval wat hulle vir my kwoteer het...het nie verder rondgesoek nie 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 15/04/2021 - 17:48

Ek het reeds van die kort staal "valve stems" op.  Moet net weer die goed aan-die-gang kry. sad

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 15/04/2021 - 17:55

Ek gebruik nou FongLong maal twee (4 elk) van banggood.com. Dit het so R800 vir die twee stelsels gekos, so R400 per stelsel. Een stelsel vir die woonwa en n' ander vir die kar. Waneer ek nie sleep nie sit ek die tweede een op my Ford Fiesta.

Waneer ek bande pomp check ek dat elke band n' alarm gee'. As n' band nie n' alarm gee nie is die battery pap. As battery spanning so 2.6V is dan werk die sensor nie meer nie. Ek kry so 4 tot 6 maande per battery. Dit hang aff hoeveel broadies ek kap!!  Ek is tevreede met dit.

Ek is baia tevreede met die FongLong stelsels.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 15/04/2021 - 18:17

Die tweede stelsel lyk pressies die selfde maar is n' ander maak en die programeering is heel verskillend. Daarby was die handleiding in Indoneesien en heel verkeerd (Google Translate to the rescue).

Ek het ook nog nooit interference tussen die twee gekry nie. Die sensors van die twee eenhede (all agt) is op presies die selfde frequensie (433.92 ~20MHz) maar hulle steur nie mekaar nie. Well dit lyk nie so nie.

Worcester

Wildehont

Thu, 15/04/2021 - 20:21

Ek is baia tevreede met die FongLong stelsels.

Dis goeie nuus, my stelsel is oppad van Banggood af. Ek het een met ses sensors gekoop vir my Fordjie en die Kavango. Sal dit toets volgende week oppad Onrus toe.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 15/04/2021 - 22:06

Ek sleep nou al 52 jaar karavaan en met die laaste wa (die Exclusive) 15 jaar en 72 000km.  Ek het nog nooit 'n papwiel op my sleepvoertuig ervaar nie en gelukkig ook nog nooit met die Exclusive nie.  Ek het wel baie papwiele op my vorige Penta gehad, maar dit was te wydte aan die wipperige paaie in Zimbabwe waar ons gebly het.

Ek sal maar hierdie TPMS-gadget by my laat verby gaan.

Pretoria

Geert

Thu, 15/04/2021 - 23:48

Ek gebruik dieselfde cheapy as wat Paul Mulder gebruik...nou al 2 jaar happy. Ek toets ook soos hy toets....as ek bande pomp en meter afhaal, luister ek of alarm skree. Ek moes net die band drukte alarm aan die hoë kant verstel....hy was standaard op 2.8 gewees en ek pomp bande 3.0....ek het hom nou op 3.5 gestel. Ek sien Bosal verkoop nou een wat op n selfoon App werk

More Len en ander

Ek lees julle insette, en luister na mense om my, en dan besef ek die wereld van elektroniese "foefies", gaan my verby.

As ek kyk na hoe min kilometers mens per jaar met 'n woonwa ry, dan twyfel ek of dit die geld [bietjie] werd is om 'n TPMS aan te skaf. 

Deesdae is die skelm neiging om kettings met spykers oor die pad te sleep. Jy weet as jy daar deur is. Ek ry eerder 'n pistool met 15 patrone saam vir so 'n geval. Gisteroggend met my buurman gebeur op N4, oppad Marikana toe. Ek moet nog die detail gaan verneem.

Ek wonder of ons vriend Johann nie dalk sy band verloor het omdat hy onder die verkeerde indruk was dat dit styf was nie. Hy het dalk 'n lek gehad, wat die TPMS nie aangetoon het nie. 

Worcester

Wildehont

Fri, 16/04/2021 - 08:00

Tot ‘n mate stem ek saam met Wessel. Ons het al die jare daarsonder klaargekom en ons het dit oorleef. Ek het van Johannesburg tot in Nairobi getoer met betalende toeriste gewapen met net ‘n mondelinge briefing van ‘n mede-gids wat die toer al voorheen gedoen het en ‘n MapStudio kaartboek. Eweneens het ek toere gedoen deur Moremi, Savuti en Chobe met net ‘n kaart. Ek het jare gelede vir Salomien ‘n Garmin gekoop omdat sy rigting bedonderd is, maar kort daarna het slimfone die Garmin se werk oorgeneem en lg gebruik ek nou in die Everest om ware spoed te moniteer.
 

Die ander kant van die argument is dat die tegnologie beskikbaar is en goedkoper word so mens kan dit netsowel gebruik. ‘n R800 FongKong banddruk monitor is baie goedkoper as ‘n nuwe band, en kan ‘n moontlike ongeluk met baie duurder skade of selfs beserings help voorkom. Tegnologie is egter nie onfeilbaar nie, en mens moet dit met gesonde verstand en “outydse” metodes van doen kombineer om veilig te speel. Jy moet dit ook gereeld toets om seker te maak dit werk nog reg. Ek maak nou asof ek slim is, maar dis die les wat ek uit Johann se slegte geluk geleer het. 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 16/04/2021 - 09:36

Ek het met my exclusive in die laaste 4 maande twee stadige lek plekke gekry. Beide was tussen die band en die rim. Die TPMS begin skree en dan mik ek vir die naaste bande plek.

Op my Pajero ook drie stadige lek plekke gehaad. Dorings wat die band punkture. 

Soos ek se, waneer ek nie sleep nie sit ek die woonwa se TPMS op my Ford Fiesta. Ek hou daarvan dat die woonwa apart gemonitor word.

Op my Gypsey het ek drie bande verloor sonder n' TPMS. Die laaste een het my R10 000 skade aan die woonwa berokkel.

In sekere Amerikaanse staate is dit wet om TPMS op te he. Dit is soos n' stabaliser, versekering, sitplek gordel. Dit doen niks tot dat jy dit nodig kry.