TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -35 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Meyers se Kruger toer

Durban
Submitted byJan Meyer onWed, 21/04/2021 - 17:20
Forums

So het ons toe ook vanoggend die pad gevat Kruger toe. Vanoggend toe dit lig word Durban verlaat en lekker tot by die Wimpy in Harrismith gery. Daar het ons ontbyt genuttig maar dit was vrek koud. Mense met warm klere rond geloop. Het vir 'n uur daar vertoef want Elmarie het 'n konferensie op die foon gehad en was bang dat ons sein sou verloor as ons aanhou ry het. 

Vir twee aande slaap ons in Birchwood hotel want ek moet môre 'n bestuurs vergadering bywoon wat by die hotel gehou word. 

Vrydagoggend vroeg sal ons oppad wees sodra dit lig is en sovêr weet ek nie want ons moet Saterdag in Punda Maria wees. Kop staan Tsjpise toe vir 'n oorslaap maar Phalaborwa is ook 'n opsie. 

Sal maar my neus volg Vrydag.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/04/2021 - 17:29

Griet mens, lyk my die hele forum is op pad Krugertoe, net ek en so een of twee lede ry met jan tuis bly se karetjiewink

Jan julle moet mooi ry en geniet die "trip", dalk loop julle klomp mekaar daar raak, dan soek ons 'n groeps foto asb!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/04/2021 - 18:36

Hi Jan !  Maggies, nog 'n KNP-verlaggewer wat die Covid-pandemie op sy neus laat kyk !  Mooi so Jan, ek sien ook uit na jou terugvoer  -  dis altyd 'n lekker lusmakertjie voor dit 'n ou se beurt is.

Ek stel ook belang soos Johann hierbo vra, wanneer is julle waar in KNP ?

Kry nou daardie gewerkery agter die rug en fokus op die Wildtuin.

Voorspoedige rit vir julle.

Durban

Jan Meyer

Wed, 21/04/2021 - 19:32

Ons kuier in die Kruger begin by Punda.

Punda Maria 24-26April

Shingwedzi 26-27April

Letaba 27-28 April

Satara 28April-2Mei

Laer Sabie 2-4Mei

Skukuza 4-7Mei

Sou graag langer in die Noorde wou kuier maar dan kry ons nie plek in die Suide om huiswaarts te keer nie.

 

 

 

 

 

 

 

Secunda

Sleep nou

Thu, 22/04/2021 - 09:39

Geniet oom Paul se tuin kuier ja van die forum se ou ballies wink gaan toer die jaar innie wiltuin

Nelspruit

Koos Mol

Thu, 22/04/2021 - 13:00

Geniet jul toer Jan. So 'n uitgebreide parktoer kan net lekkerrrrrrrr wees. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/04/2021 - 19:50

Mooi so Jan  -  ek was amper baie teleurgesteld in jou !

Hierdie jongetjies op die Forum kyk ons vlak, nè !

Worcester

Wildehont

Thu, 22/04/2021 - 20:22

Hierdie jongetjies op die Forum kyk ons vlak, nè !

Hierdie jongeling het maar aangeneem hulle slaap in hutte omdat daar ‘n paar enkel nagte op die program is. Sommige ou ballies is lyk my nie bang daarvoor nie yes 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 23/04/2021 - 10:59

Ek sien Jan Kruger van Hartenbos gaan ook sy datum begin 23 Junie.

Durban

Jan Meyer

Fri, 23/04/2021 - 13:59

Met ligdag is ons uit JHB uit om die ergste verkeer na Pretoria te vermy. Bly maar nie lekker deel om te sleep nie. 

So kuier kuier tot by Louis Trichardt gery waar ons voorraad aangekoop het. Die pad was redelik stil en 'n goeie toestand behalwe van Louis Trichardt af tot waar jy afdraai Tshipise toe. Dan is die pad weer mooi en die bosveld lyk pragtig met baie gras langs die pad.

Veilig aangekom by Thipise waar dit lekker warm is. Gaan later bietjie die plek verken.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/04/2021 - 18:39

Johannesburg tot Pretoria - dit bly maar vir my 'n onaangename stuk pad om te ry. Ons is vandag oor die middag daarlangs. Selfs noord van Pretoria was die verkeer erg - die aanbreek van die skoolvakansie. Meestal poog ek om op 'n Sondag daardie stuk pad te ry. Maar dit het nie vanjaar so uitgewerk nie.

Ekself was jare laas by Tshipise. Geniet!

pretoria

pieterc

Fri, 23/04/2021 - 19:52

Gelukkig is julle al vroegdag hier verby. Ek verstaan daar was vanmiddag n redelike erge verkeersopeenhoping op die N1 agv n ongeluk!

Dit lyk sommer lekker rustig en die ablusie geriewe lyk ook netjies.

Geniet dit!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/04/2021 - 21:01

Wow, dankie vir die fotos Jan  -  dit lyk regtig pragtig daar.