TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84747 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -15 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -17 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -22 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -9 hours ago

Sterrekunde Kamp by Hartbeesfontein terrein

Centurion
Submitted byVoortrekker onSat, 24/04/2021 - 19:44
Forums

EK is nogal opgewonde.  Ek glo my kursus en program is nou in orde en ek het nog net 'n paar klein goetjies om te kry wat kursus materiaal aanbetref.

Die kamp begin Dinsdag vir my en ek het 'n afgeleë plekkie in die bos gekry vêr van lig af waar ek my kamp en teleskoop kan opslaan.  Ek gaan sommer voluit kamp en sal 'n dome tent met stretchertjie opslaan.  Yskas en goeters agter in die kar en 'n paneel om my krag te voorsien vir die teleskoop en ander elektriese goed.

Gelukkig hoef ek glad nie kos te maak nie en kan ek maar net in die ry inval vir etes en tee tye - en dan natuurlik ook 'n lekker laat aand Voortrekker Milo -tjie smiley

Vir diegene wat nie weet nie.  Ek gaan 'n sterrekunde kursus aanbied vir graad 6 kinders by die Hoëveld Voortrekker kamp.  

Vroulief en die laaities gaan die week by hulle oom op die lodge kuier waar Anton jnr ook 'n 3 dag Voortrekker kamp saam met sy graad drie spanmaats geen hé -  hulle doen die spoorkennis kenteken.

Dus gaan ek bietjie "alleen" kamp - behalwe vir die hande vol graad 6'e wat ek gaan moet besig hou en iets probeer leer.   EK sal volgende Sondag weer terugkeer.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 25/04/2021 - 11:25

Glo hulle sal dit geniet, as ek terug dink aan ons saamtrek met die teleskoope kan dit nie anders was intresant wees nie.

Geniet dit 🔥👍

Centurion

Voortrekker

Tue, 04/05/2021 - 11:10

Wat 'n ondervinding.  My eerste Voortrekker gebied-  of streek kamp in 30 jr.

Ongeveer 250 kinders - gelukkig was ek net verandwoordelik vir 9 graad 6'e.

Ek het gemiddeld 4 ure slaap gekry per nag, part bietjie meer andewr heelwat minder.

Donderdagaand het ons buite geslaap onder die sterre om te wag vier Saturnes en Jupiter om hulle verskeining te maak vroeg oggend - maar toe begin dit reën en moes in vinnig onderdak inskuif.

Ai die kinders is darem oulik en hierdie kampe is wonderlik vir hulle. Vroeg op elke oggend en laat nagte buite - leer van die veld en natuur en mense.

HOU KOERS!

Centurion

Voortrekker

Tue, 04/05/2021 - 11:28

kamp

Parade

parade

 

Maan- en sonverduistering demonstrasie

sterrekunde

 

Wentelbane en jare + seisoene

sterrekunde

 

Die Son - deur die teleskoop

sterrekunde

 

Mars, Jupiter, Saturnes, Orion, Maan

sterrekunde

 

Worcester

Wildehont

Tue, 04/05/2021 - 12:34

Dis goed om te hoor dat daar nog kommandos is wat floreer en kampe doen. Ons het wonderlike dinge gedoen en geleer (en was lekker stout) in die Voortrekkers. My eerste besoek aan Botswana in 1988 was op ‘n Voortrekker kamp in Chobe en Moremi. Een aand langs die vuur by Serondela het ek besluit ek wil eendag in Botswana bly. Gelukkig kon ek die droom verwesenlik van 2003 tot 2005.