TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -42 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -1 hour ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -1 hour ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -1 hour ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -2 hours ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -3 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -10 hours ago

Josef Willem se KNP toer in September!

Vaalwater, Limpopo
Submitted byJosef Willem onWed, 28/04/2021 - 10:53
Forums

Goeie more mede Kampeerders, 

So my datums is nou net bevestig, ek is van 6-10 September by Punda Maria Kamp en 11-13 September by Letaba Kamp.

Dit gaan net awesome wees, kan nou regtig nie meer wag nie, sal die eerste kamp wees saam met  my ouers van 1995 af.

Maar ja ek moet nou eers my toer beplan vir Augustus om blommetjies te gaan kyk in die Noord Kaap en dan die toer saam KNP toe.

Middag Josef

Lyk vir my of die kampeerlewe jou beet gepak het.

Wat beplan jy vir blomme kyk, weer met 'n tent, daktent, waentjie met daktent of gaan groot met 'n boswa.

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 28/04/2021 - 11:23

Oom wessels,

Oom is reg, daai gogga het my gebyt en hard ook, maar nee ek is nog te jonk vir n boswa of dak tent, ek gaan wel vir my n 4 man Canvas tent aanskaf en n ander tipe grondseil, n gewone seil werk nie so lekker nie, veral nie waar dit vogtig is nie.

Ek sal verseker weer by Red Sands oorslaap en dan af skuif na Delwers kamp toe in Namaqua Natuur Reservaat, dan n paar nagte in Strandfontein, met die terugkom slag in Vanrhynsdorp, en dan met die binneland terug kom, Calvinia, Carnarvon, Britstown, Kimberley, of dalk die roete die keer anders om ry en my laaste aand by Red Sands doen.

Hello Josef

Jou 2de opsie lyk meer aantreklik. Jy is mos op goeie voet met ouers, draai sy arm

 

Middag Josef

Verduidelik meer oor daai ablusie gradering wat jy gegee het. Wat is alles in daai klip geboutjie, met die skoorsteen aan die kant. Is daar net 'n chemiese toilet in, of storte ook?

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sat, 01/05/2021 - 08:31

More oom Wessels,

Daar is net n chemiese Toilet daar binne, niks verder nie maar die toilet word 3 keer n dag skoon gemaak so dit is hoekom ek so goeie gradering gegee het, vir die netheid van die toilet alleen, daar is geen storte of wasbakke daar of so iets daar nie, net die chemiese toilet, daar is ook toilet papier beskikbaar en sanitizer vir persoonlike gebruik.