TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -27 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -45 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -48 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -52 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Blommetjies en Kgalagadi

Vaalwater, Limpopo
Submitted byJosef Willem onSun, 02/05/2021 - 12:50
Forums

Goeie middag Kampeerders,

Ek wil in Augustus bietjie blommetjies gaan kyk maar nou oorweeg ek dit om sommer die kgalagadi ook in te werk in die selfde toer.

Is daar enige voorstelle tot waar ek kan ry met my 2x4 voertuig, het n resensie gaan lees van n man wat met sy 2x4 difflock bakkie die sand aan gevat het maar ek is nou nie so braaf nie.

baie dankie

groete

Josef Willem

Middag Josef

Jy kan seker jou lyf 4x4 hou, maar slegs as jy goeie vriende met 4x4's saam met jou het.

Ek gaan nou agteroor sit en wag vir die ekspert advies wat jy gaan kry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 02/05/2021 - 14:19

Vra my, ek weet....

niks van die dinge af nie, ek het paar jaar terug met 'n Isuzu Trooper die Soutpansberg aan gedurf, maar dit was ook al. Ek het wel al gehoor, van my niggie en haar man, dat hulle oral in Kgalagadi gaan met hul 2 x 4 Hilux, maar dan is hulle nie swaar gelaai nie.

Worcester

Wildehont

Sun, 02/05/2021 - 15:06

Jy kan die hoofkampe aan die SA kant bereik met jou 4x2 bakkie. Die paaie is sinkplaat maar daar is nie sand op die hoofpaaie nie. Jy sleep mos niks, maar jy sal selfs met jou bakkie kan sleep in Kgalagadi solank jy ‘n boswa sleep. ‘n Padkaravaan sal waarskynlik uitmekaar skud. Ek stel voor dat jy ten minste tot by Nossob gaan, dis vir my die lekkerste kamp van die drie hoofkampe (aan die SA kant kan jy net in die drie hoofkampe kampeer, die ander het duur vaste akkommodasie).

Middag Josef

El ry 10 Mei soheentoe. Gaan eers 2 aande by Red sands en Augrabies, elk staan. Dan Twee Rivieren toe.

Ons is 21 Mei terug by die huis. Daarna sal ek as 'n professionele 4x2 Kalaghadi ryer kan vertel waar ek gery het. Ek het elkgeval reeds besluit om NIE op enige gemerkte 4x4 pad te waag nie.