TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -3 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -5 hours ago

Verlengde sy spieels

Durbanville
Submitted byJeanne Jones onSun, 25/07/2021 - 21:12

Goeie naand almal. Ek is bereid om my geel "LEVELING BLOCKS" te ruil vir 2 sy spieels om karavaan te sien. Dankie 

Môre Jeanne

Waarom oorweeg jy nie 'n tru-kamera nie.

Ek kyk met my buite spiels verby my wa, maar wat reg agter dit is, sien mens nie raak nie. 'n Kamera los daai problem op.

Vaalpark

Johann L

Mon, 26/07/2021 - 14:12

Jeanne ek sou ook veel eerder die kamera en monitor voorstel, dit is stabiel en gee 'n beeld reg agter jou om tot 'n voertuig in jou kant spieël kom. Jy het dus geen blinde kolle nie.

Dit gaan jou ook nie veel meer as 'n stel ordentlike spieëls kos nie.

Worcester

Wildehont

Mon, 26/07/2021 - 20:34

Ek gaan dit nooit weer gebruik nie. Ek sien maklik verby die Kavango met die Everest se spieëls. Ek moet net by die huis kom na ons toer tans en kyk of hulle nog reg is. Stuur vir my ‘n privaat boodskap sodat ek onthou. 

Vaalpark

Johann L

Wed, 04/08/2021 - 17:54

Jeanne, daar is goedkoper stelle by die sjinees, en daar is baie duur stelle wat ingevoer is, in my opinie is die by die sjinese net so goed. Jy wil sien wat agter jou aan gaan, en tog steeds ook die blinde kolle.

Jy moet kyk na die hoek wat die kamera kyk, jy kry van so 90° tot 170°, hoe wyer die hoek, hoe beter kan jy die blinde kol sien, dan hoe kleiner die hoek, hoe verder kan jy sien. Ek het twee op my Penta, 90° ver oop pad en 'n 170° vir beboude gebied.

Die kamera en monitor kan jy self kies,  of deur die ignition, of direkte (permanente) krag, die keuse is oop vir wat vir jou die gemaklikste werk.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 18:58

Kontak vir Pine (sy inligting op die mover draad geplaas)

Tru Kameras en nog baie ander dienste.  Julle is welkom om hom te volg op Facebook op WC caravan Movers of die website (www.wccm.co.za - alhoewel ek nog bietjie werk daar het).  Ek prober om gereeld video's op te sit van verskillende stelsel op verskillende waens maar as daar enige vrae is kontak asb vir Pine op 0828245126