Forums
More almal Berdien en myself slaan penne in die 13 - 15 September in hulle boskamp Ons gaan alles toets op die bakkie en kyk waar moet ons wat doen indien nodig Die RTT sal ons oop maak en sien hoe gaan dit met die op en af Berdien is nou weer perdfris na haar rug operasie en ek sal kyk hoe wat doen linker skouer na Julie se operasie dan gaan ons die bos stort een aand toets en sien hoe hy werk daar is wel storte innie boskamp wat ons dan res van kamp sal gebruik asook kyk of solar systeem my Snowmaster 60 liter yskas koud gaan hou , en cope met gebruik van aand ligte wat 12 volt is asook fone en laptops vol sal hou . Ek sal fotos neem en bietjie deel met julle Mooi loop
Hallo Sleep nou
Ek moes nou eers gaan loer (google) hoe dit binne in hierdie oord lyk. Vir ongeveer vier jaar het ek elke derde maand by die ingang verby gery op pad na Groblersdal en gewonder..... Die bos in daardie omgewing is vir my baie mooi en ek kan net dink dat dit 'n lekker ervaring in hulle boskamp kan wees. Op die kaart wil dit voorkom asof die boskamp 'n entjie van die gewoel van swembad, glybane ens. is, wat ons goed sal pas. Hoop julle geniet dit vreeslik baie, en dit sal lekker wees om meer van julle ervaring te hoor.
Vrek lekker plek
Dis n vrek lekker plek. Ons Kerk het gereeld hul gemeente naweek daar gehou....maar het te ver geword vir n kort naweek. As ons weer gaan moet dit ten minste 4 dae wees. Staanplek 20 ons gunsteling....op foto
Geniet julle kuier Shaun.
Geniet julle kuier Shaun.