2025 lê om die draai. Maar alvorens die nuwe jaar aanbreek lê daar darem nog 10 aande se kamp in Montagu voor vanaf 6 Desember - oor minder as 2 weke.
Maar 2025 se beplanning begin ook nou vorm aanneem. Ons is reeds bespreek by Dwarswegstrand vir 10 aande vanaf 17 Januarie. My seun het so pas geslaag om my arm te draai om saam te gaan Hentiesbaai toe. Vertrekdatum is 22 Feb en keer terug op 8 Maart. 11 Apr val ons in die pad wildtuin toe. Maar dit geskied so kuier-kuier. Ons skop af met 4 aande in Hartenbos (ATKV), gevolg met 7 aande in Karoo Nas Park. Dan 2 aande se oorslaap ten einde eers 10 aande by ATKV Klein-Kariba te kuier. Vandaar wildtuin toe vir 1 aand in Malelane-kamp en die volgende 28 aande in Krokodilbrug. Ons voorsien om aan die einde van die eerste week van Junie terug te wees en hoop om end-Julie na die ver kinders te vertrek tot vroeg-September (datums moet nog gefinaliseer word).
Dus 'n bedrywige 10 maande wat voorlê.
Strydom beplanning....
....begin ook vorm aanneem;
1] Februarie in die Kaap, Stanford omgewing in gastehuis. Kuier saam met Miami kinders.
2] 5 tot 24 Mei in KrugerNP, in B&D, Satara en Tsendze
3] Bespreek in Mokala, 20 tot 24 Augustus. Dis die begin van toer deur Namakwaland, wat eindig in KarooNP. Dit sal môre bespreek word vir 15 tot 19 September.
Die plekke tussen in moet nog bedink word, maar die volgende is in gedagte, Nieuwoudville, Strandfontein, Bellville, Montagu en Prins Albert. die fynere detail sal ek deel op gesprek "Strydoms se 2025 Namakwaland toer"
Daar kort iets
Namaqua NP moet tussen die twee bestemmings hier bo bygevoeg word. Daar is ‘n kamp of twee wat met 4x2 bereik kan word.
Chris S....
....duidelik het jy nog nie my beterhelfte ontmoet en leer ken nie. Ek het die Weskus water getoets, en so 'n yskoue staar terug gekry.
Gelukkig is dit vêr in die toekoms, of nie.
Beplanning vir 2025
Ons laaste kamp vir 2024 is oor 19 dae in Hartenbos.
Gegewe die aansienlike reiskoste Wildtuin toe en terug, het ons besluit om eerder elke tweede jaar Kruger Wildtuin toe te gaan. Ons was hierdie jaar daar en sal dus 2025 oorslaan vir ver roetes. Ons gaan maar hopelik, as ons gesondheid hou, 'n paar oorde hier naby in 2025 besoek, maar sal later besluit watter oorde.
Karoo NP
Môre Karoo liefhebbers, ek is bespreek in Karoo van 15 September, en vertrek 20 September 2025.
Sjoe, Ezi bookings in Stellenbosch is omtrent besig vanoggend. Ek moes 3 keer bel voordat ek geholpe kon word.
Ek weet nie of ek slegs oumens afslag [40%] gekry het, of die Swart Vrydag aanbod [45%] nie, maar dit geld elkgeval nie vir naweek aande nie. Die vyf aande kos my gemiddeld R284/aand.
Ek beklemtoon toe dat ek 'n plaveisel staning verkies, seg die Jolene---o die gewone ene, nie grond nie. Die kode op bespreking is CK6P.
Ander is te klein
Die gravel (ongeplaveide) staanplekke in Karoo NP is te klein vir ‘n karavaan. Dis wat ek meegedeel is toe ek een keer wou bespreek en daar was net gravel beskikbaar.
Karoo grond staning
Ek stem saam Chris S, en dit lyk redelik ontoeganklik, sonder "skuiwers".
Ek sien die kode onderskeid is as volg;
gewone plaveisel plek---CK6P
grond plek-------------- CK6PG
waar die G vir grond is en P vir krag.
Ek mag verkeerd onthou, maar die tarief vir beide is dieselfde.
No's 23 & 24 ...
... is die enigste van die CKP6 staanplekke wat tans nog nie geplavei is nie.
Karoo nr 23 en 24.....
...sal ook vir my aanvaarbaar wees, solank daar koelte is.
Deesdae soek ek eers die koelte kolle in 'n park, terwyl Marie mik vir die dames-ablusie. Dan kom 2de kriteria---kan ons die wa daar parkeer met Grompie, en weer uitkom ook. Ek het nog nie skuiwers aangesit nie
Ons beplanning is al ou nuus
Ek moet nog planne maak vir ‘n paar van die langnaweke, maar sover lyk ons planne vir 2025 so:
1-11 Januarie Dwarswegstrand (ons kom al DV 26 Desember 2024 daar aan)
25 - 28 April Hermanus Beach Club (my sussie het vir haar plek bespreek daar maar gaan iewers anders heen so toe gee sy dit vir ons)
1-15 Julie Krugerwildtuin (plus drie aande voor en twee aande na vir die reis heen en weer en aandoen by skoonouers)
4-11 Oktober Namaqua NP en Elandsbaai
26 - 31 Desember Dwarswegstrand (ons is DV nog daar tot 10 Januarie 2026)
2025
Beplanning
Januarie....Dolphin Holiday resort
Einde Mei....besig om kamp te reel saam met Mabalingwe
Junie....Wildtuin
Augustus.....besig om kamp te reel saam met ATKV Buffelspoort
Oktober....Wagonsdrift
Wil kyk om elke maand êrens te kampeer
Ek het nog nie skuiwers…
Wag seker vir die nuwe Wa.
Hennie....
....voor daar 'n ander wa gekoop word, veel eerder 'n gebruikte 4x4
Ek het darem die elektriese neuswiel, wat goed werk op plaveisel.
Skuiwers?
Is dit 'n alternatiewe naam vir die goeie Afrikaanse 'movers'? As jy 'n lid van die ATKV is, kon hulle jou dalk benoem vir 'n prys.
",Skuiwers"
Wragties die Afrikaanse terme val nie altyd op die oor nie. Skuiwers....sal moet gaan opsoek in ń woordeboek.
BTW. Beteken net dit of seker dan Terloops?? Is hier nog nie planne vir 2025 nie. Sal seker hier in April rond KNP toe gaan. Dalk ń huisie by Agulhas huur vir ń mid week break.
Belangrikste is ń naweek op ń wynplaas wat lekker kos voorsit vir Von se 65ste in Feb.
Skuiwer[s]
Wag so bietjie, ek was/is onder die indruk dat die woord "skuiwers", vir die engelse "mover" van Chris B afkomstig is. Iemand het dit voorgestel, en ek ploeg net te lekker skuins voort.
volgens die HAT is;
skuiwer----iemand wat skuif.
skuif---grendel of knip,
skuif as werkwoord---- iets te verplaas deur dit op platvlak te verplaas.
So leer ek toe dat 'n skuifpotlood die korrekte afrikaans vir 'n "clutch pencil" is.
Ons sal 'n beter of meet korrekte term moet vind. Die woord drywer is dalk ook nie 100% korrek nie
Hallo Almal
2025 beplanning
13/12/2024 - 10/01/2025 - Rustig by Onrus
Maart - Yzerfontein,
27/04/2025 - vinnige kamp by Paarl,
01/05/2025. Wildtuin.
Mooi dag verder.
Herman, Len en vele ander forum maters
Ek wil net die spesifieke genoemde maters se aandag vestig op 'n pleidooi en insette gedateer 4/10/2024 op 'n gesprek "Strydoms se Namakwaland toer 2025"
Daar was 'n versoek gerig aan my, wat ek weliswaar eerbiedig het. Is dit nodig om verder uit te wei???

Ek kan glo dat ń lente…
Ek kan glo dat ń lente besoek in KNP saam Wessel en Co lekker sal wees ! Sal nader aan die tyd vasmaak. Op die stadium beplan neef tussen die onkologie afsprake en gevolglike uitslae. Simpel besigheid, maar nou ja, dit is die nuwe normaal.
Wessel ...
... met my voorlopige datums om by my ver kinders te gaan kuier (ons keer waarskynlik eers mid-Sep terug), lyk dit onwaarskynlik dat ons Sep in Karoo NP sal uitkom. Jammer daaroor.