Forums
So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien dit
Voorspoedige Nuwejaar [2025]
Ek wens julle almal toe net 'n gesonde vreugdevolle roe vir die hele 2025.
'n Spesiale woord van bemoediging aan Annatjie, mag jy gou volkome herstel en 'n heerlike jaar saam met Len beleef.
Nuwejaar wense
2025
Goeie môre kampvriende !
Baie dankie vir die vriendskap wat ons die afgelope jaar ontvang het. Net die beste van innerlike geluk, vreugde, voorspoed en gesondheid wens ek elkeen van julle toe in ons nuwe 2025 jaar.
Baie dankie vir die bemoedigende boodskappe wat ek en Annatjie van julle, op die forum, e-pos, WhatsApp en per telefoon ontvang het. Sy gaan die nuwe jaar moedig tegemoed in die ICU van die hospitaal en ons is vol vertroue dat sy binnekort na 'n gewone saal oorgeplaas sal word en daarna huis toe sal kan kom.
Die Beste word julle almal…
Die Beste word julle almal toegewens.
Len en Annatjie. julle bly in ons gebede en ons vertrou op 'n spoedige herstel.
'n Mooi en goeie 2025 word…
'n Mooi en goeie 2025 word almal toegewens. En veral word Annatjie vinnige en voorspoedige herstel toegewens.
Voorspoed en goeie…
Voorspoed en goeie gesondheid vir al my kampmaters, en die res. Mag die jaar vir almal op aarde vreugde en baie liefde bring.
Martiens 1
Baie welkom by die forum. Voorspoedige 2025 vir jou en gesin ook.
Ons kyk uit na lekker deelname, insette met foto's!!!!
Rona...
...einde van kamp droogte!!!! Wat beplan julle om droogte te breek??
Eers kort [1-2weke] wegbreek, net om seker te maak alles is in plek en werk. Gevolg met lang toer, waarheen, nog deur Botswana?
Het julle vir Daan sy 4x4 gekoop om saam te sleep agter bussie?
Kampdroogte
Wessel, ons het nog geen plek of datum in gedagte nie, maar hou die forum dop. Soos jy ook seker by nou al weet is impulsiwiteit my beste eienskap
.
Erens sien ek dat selfs Chris (gmf..my vriend!) nou al begin spot met my wat vir so lank vasgeketting was. Die Kruger wildtuin is die naaste en sal waarskynlik die loot wen - net nog te warm op die oomblik. Mei-maand, Krokodilbrug? Miskien het ek iets om te gaan uitsorteer.....volg my oë
Enigste groot beplanning tans is om in Augustus die Vic Falls te gaan besoek en bietjie meer van Botswana te sien. Dit is egter nog in die verre verskiet en met 'n basiese reisplan wat reeds uitgewerk is wil ek nie nou verder daaroor dink nie - kan uitgekuier wees by die tyd dat dit aanbreek.
Binnelandse oorde? Dit lyk altyd so pragtig - as ek kyk na waar Trev nou is, Wagon Drift wat Geert gedeel het, De Voetpadkloof (Sleep nou se gunsteling plek), Almega en vele meer. As ek mooi daaroor dink dan is dit die pragtige foto's van die bosse wat my trek, maar wat gaan maak ek daar? Om vis te vang, te kloek rondom ons kampeer opset, in publieke swembaddens te swem en so meer is nie op my te-doen-lysie nie. Kopskuif nodig? Miskien.
Kopskuif ????
Rona, ek het dieselfde probleem. Ons, woonagtig in Brits, is omring met lieflike oorde. Van Buffelspoort, Dube, om paar te noem, dan 100km verder darem Pilansberg, en ook MarakeleNP.
Ons kry netnie onsself gemotiveer om enige van die plekke, behalwe laasgenoemde wildtuine te besoek nie. Ons het 1 keer Dube probeer, en was eintlik effe teleurgesteld. Dit is nie 'n wildtuin waar mens met eie vervoer kan diere soek nie. Ons los dus maar al die mooi orde, wat ingestel is op kinder vermaak, vir die wat kinders met swart skopfietsies het.
Daar trap ek nou in die bollie blaps
Satara is nat!!!
Vriende is nou daar, en het video geplaas, dit het 160mm in 4 dae gereën daar. Die water loop dat dit raas!!!
Sjoe, die veld is lowergroen
Berg en Dal se dam
Ek het iewers vandag 'n foto van Berg en Dal se dam gesien. Twee dae gelede was dit kurkdroog en vadag is die dam al amper weer vol !
Die Phabeni-hek is gesluit omdat die pad oorspoel is met reënwater ! Fantasties !
Berg-&-Dal se dam ...
... behoort nie baie reën te benodig om oor te loop nie. Daardie dam was so toegeslik dat die sand/grond amper tot die oorloopvlak van die dam gestrek het.
Berg en dal
My broer hulle is tans daar...ek dink sy vrou het foto's geplaas. Maar soos ChrisB sê dit vat 10cm se water....dan loop hy oor. Foto's van my broer gekry
Dam by Berg en Dal
Baie goed om te weet daar is water vir die diere en veld.
Dankie ook vir die foto's Geert, dis nou pragtig daar.
B&D se dam
Dit is seker ook teen Sanparke se beleid om die dam met 'n skrop by te kom, as dit kurkdroog lê.
Hoe dieper die dammetjie, hoe langer is daar water en diere, wat tog die hoof aantrekkings is.
Die vraag is, is dit beleid of net onbevoegdheid om te dink.??
Beplanning en idees vir 2026
Het julle al begin idees bedink/oorweeg vir volgende jaar?? dit klink vêr, maar onthou dat vir gewilde plekke moet mens amper 11 maande vooruit bespreek. Voorbeeld, as ek oorweeg om Mei 2026 Kalaghadi toe te gaan, moet ek gedurende Junie 2025 reeds bespreek.
Die kriteria geld ook vir baie van die gewilde Kruger kampe, soos Tsendze, Balule, en Malelane
kampies.
Ek het gister al my roete en slaapplekke beplan vir 'n besoek aan Bosbokstrand. dit was nou lekker, want dit het my nog nie geld gekos nie.
Ek het dalk 'n mal perd opgesaal.
Omdat ek baie maklik seesiek raak, sê ek al vir baie jare dat ek nooit sal oorweeg om 'n bootreis te onderneem nie. Wel, daardie onderneming met myself het nou gesneuwel.
Wanneer Ralie die advertensies hoor van RSG se Oppiwater Kunstefees, sê sy gereeld dat sy dink dit moet baie lekker wees. Toe't ek maar die besluit geneem en vir 2026 se bootvaart tussen Kaapstad en Walvisbaai (en terug) bespreek en 'n deposito betaal. Dit geskied iewers in April - ek's te lui om nou die e-pos met die presiese datum op te soek.
Mal perd? Dit kan dalk wees. My broer-hulle het met 'n soortgelyke Oppiwater-trip gouer moes terugkeer a.g.v. 'n stormweer-voorspelling. My seun-hulle sou 2 of 3 jaar gelede die Bok Radio-trip met dieselfde roete doen. Hulle boot kon nie die Kaapse hawe verlaat nie weens stormsterk winde.
Vir die res van 2026 is daar nog geen beplanning t.o.v. kamp nie, maar as alles volgens plan verloop kamp ek vandag oor twee weke by Dwarswegstrand.
Sjoe 2026…
Sjoe 2026......................................................is nog baie vêr. Het nog nie eers vir 2025 beplan nie.
Het baie planne in die kop en sal maar kyk hoe werk die dinge vir ons. Die grootste plan is om blomme te gaan kyk.
Korter planne is om KKNK te toe te gaan en van die vertonings by te woon. Veral die van Nataniël.
Desember 2026
Vir tussen nou en Desember 2026 geen planne nie. Sal kyk wat opduik. Maar... ons klomp het besluit dat vir die volgende familie kuier, dit is nou ons die dogters en kleindogters, gaan ons kyk vir ń strandhuis aan die Weskus. Sodoende is daar ń kans dat ons die ,dan studente kleinkinders, en hulle partners/vriende kan lok om deel te wees.
Gaan seker peper duur wees, daren het ons 2 jaar om eenkant te sit,die dogters gaan ook deel.
My ousus het ń vriendin wat plaas het met so vakansiehuis op. Verlede jaar hulle 50ste skool reunie daar gehad. Regte outydse strandhuis met die Walvisbene en stukke visnette, eenkant sonder ń malhuis van vakansiegangers.
Begin ek nou dink om dalk intussen ń recce te gaan doen, om doodseker te maak.