Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122779 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
selfs ou Antonie het … Februarie 2025 HennieBo -37 minutes ago
Trompie                     … Februarie 2025 Jan Meyer -1 hour ago
Trompie gaan sy agterstewe sien Februarie 2025 Trev -1 hour ago
Vakansieplanne Februarie 2025 Chris Boucher -1 hour ago
Ek deel jou kommer GW Februarie 2025 Chris Boucher -1 hour ago
Lyk nie asof die mede… Februarie 2025 Grootwind -1 hour ago

Dakar 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on Tue, 07/01/2025 - 12:15

Ek open maar die baan hier (renbaan, nie dansbaan niesmiley) want ek lees lekker saam al het ek geen kennis van die tegniese aspekte van die sport nie. Die saamklets hieroor verdwyn in 'n algemene draad?

Sien Grootwind het genoem van Giniel se ongeluk. Dit is so jammer. Ek het nogal goeie hoop vir hom gehad (om ten minste in die eerste 5 plekke te eindig) veral omdat ek gedink het dat hy en sy vorige navigator (von Zitzewits - spelling?) 'n goeie span is. Is dit net gerugte, of amptelik aangekondig dat hierdie Giniel se finale Dakar deelname is?

Was hierdie moontlik ook die laaste sien van Carlos Sainz, verdedigende kampioen en sou hy weer wen, ook die oudste? Dis maar altyd teleurstellend as iemand se vooruitsigte so eindig. 

Ons volg hierdie ren sedert die jaar dat Jutta Kleynschmidt (so?) dit gewen het - dink dit was in die vroeë 2000's, met die uitsondering van enkele jare wat ons met vakansie was. Om een of ander rede het ek ook die Parys na Dakar (Senegal) meer geniet. Die totale afstand van die ren was ook veel groter (nie seker of dit maar gekom het by die afstand tussen Parys en Dakar nie).

Van die motorfietse weet ek net dat ons jare gelede vir Alfie Cox ondersteun het. Vandag is dit Ross Branch.

Intussen hoop ek dat Henk Lategan kan uithou en aanhou. Hy lyk in hierdie stadium die beste van die Suid-Afrikaners. En dan is daar Al-Attiyah...laugh

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 14:33

...slim van jou. Nou kan almal hier lekker klets en galbraak oor Da-bakkies, fietse en hulle drywers. laugh

Irene

Grootwind

Tue, 07/01/2025 - 17:13

Lees netnou Sainz snr is die m@#r in vir FIA oor die onttrekking van sy Raptor agv die beskadigde rol staaf. Ford se tegnici is ook ontsteld, hulle reken die skade is min en maklik herstelbaar in die veld, blykbaar is FIA se regulasies effe oorboord...

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 17:24

....nee ou maat, ek hoor daai Ford lek nou olie en bemors die sand liederlik. Daar is nie sandkleur olie dadelik beskikbaar vir hervul nie.laughlaugh

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/01/2025 - 21:19

t.ov. Carlos Sainz se Raptor klink dan vir my baie onredelik, Grootwind. Hy het 'n groot kans gehad om weer hierdie jaar te wen. Ek hoop regtig nie dat dit ook nou 'n geval is van "baantjies vir boeties" nie (soos in baie ander sporte).

Alhoewel ek die sport geniet vir wat dit is, moet daar darem 'n gunsteling wees (anders is ek 'n draadsitter). So ondersteun ek in die motorafdeling alle Suid-Afrikaners en as 'n buitelander dit dan wen, hoop ek dat dit Al-Attiyah sal wees.

Hoor vanaand dat Alfie Cox se seun ook deelneem op 'n motorfiets, maar ek gaan nie my besluit omkeer nie - Ross Branch vir hierdie eenlaugh

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/01/2025 - 07:24

Al het hulle Carlos toegelaat om verder te ry, het hy omtrent geen kans gehad om pp die rostrum te kom nie, hopeloos te veel tyd verloor. Sy job sou net wees om die span te ondersteun deur ń " mule" te wees waarvan daar onderdele afgehaal kan word. Dit is hoe die spanpoging werk. 

Of FIA onredelik was. Ek glo hulle het kundiges wat besluit. En dat die span die skade 100% herstel in die veld?? Die tipe toerusting word ge X traal om vir krakies te soek tydens vervaardiging.  Sal darem tragies wees as hy weer ñ blapsie het en die roll cage gee mee.

Bradley Cox ry heel goed, Alfie was ń uitstekende ryer maar sy navigasie was treurig. Ek onthou wat een van die renjaers een keer kwytgeraak het van Alfie." As hy kon navigeer, het hy maklik gewen. Hy gaan my sommige dae 3 keer verby.".Dit is nou omrede hy afdwaal en dan weer van agter af moet inhaal.smiley

Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/01/2025 - 07:50

se navigasie??? Was hy dalk in een van die toyota bakkies toe Giniel gebots het met ander bakkie????laugh

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 12:18

Met dié dat hy ook uit die resies is, gee dit vir meer ouens 'n kans. Sleg as 'n renjaer se drome so eindig. Met Neef Herman se verduideliking van die spanpoging voel ek jammer vir Al-Attiyah wat 'n spanmaat verloor het. Ek weet nie hoeveel ander Dacias daar is nie.

Navigasie. Verbeel ek my of sukkel veral die motorfiets-ryers hierdie jaar meer? Soms lyk dit soos 'n miernes wanneer hulle skarrel om rigting te vind. Tien uit tien vir Ross Branch wat gister 'n opponent gehelp het om weer die pad te kry.

Irene

Grootwind

Wed, 08/01/2025 - 13:22

Stem (soort vansmiley) met jou saam Neef wat die Sainz ding aanbetref. Maar ek sou dink dat die ondersteuning span deel was van die ontwerp, vervaardiging van die voertuig en dus (definitief?) beter insig het wat "onder die vel" van die voertuig aangaan. Itv slegs 'n "mule" te wees sou Sainz voortgaan dink nie so nie, hierdie is Ford se eerste Dakar poging. Spesifiek onder sulke omstamdighede is data wat ingewin word tydens die wedren van onskatbare waarde ongeag of mens wen of erens in die bondel eindig. Die 2019 film Ford vs. Ferrari wat gaan oor die 1966 twee-stryd tussen twee ikoniese vervaardigers om die 24h Le Mans te wen raak ook daaraan - die Ford GT40 het juis bekendheid verwerf agv die tweestryd. Elke bietjie data is goud werd vir die volgende wedren. Die FIA is ongelukkig deesdae bietjie "over the top", kyk maar net hoe hulle party maal die dam onder die eend uitpluk as dit by F1 kom. Sekerlik kan mens die motor wedren besigheid 100% veilig maak, maar dan eindig mens ook weer op met bloot 'n konvooi voertuie wat kamstig resies jaag, maar toeskouers laat vrek van verveeldheid! In alle geval, ek dink die Ford mense doen tans heel goed vir 'n eerste probeerslag...maar daar is nog baie km's en dae oor, wie weet hoe dit gaan eindig!

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/01/2025 - 14:06

Stem Grootwind, wink, die inligting is " real time" en baie waardevol. 

Die motorfietsryers, moet hulle eintlik " pilots" noem word, het bitter min beskerming. Ek dink hulle het ń neck brace wat soos ń lugsak ontplooi as die valslag erg is. Die res is alerhande stukke " armour" onder hulle klere. Wragties, hulle tol soos lappoppe deur die lug, net om op te staan en aan te ry. Of te bly lê en wag vir die chopper. Tawwe klomp. Daar was op n tyd ń man wat so hard geval het dat sy fiets se voorkant heel afgebreek het. Die het hy met ń magdom kabelstroppe vasgeryg en die skof voltooi. 

 Ek was altyd ń F1 aanhanger, en het dit baie geniet. Die  voorskrifte en reels, in my beskeie opinie, het nou so tight geraak, dat die karre  so min verskil dat daar regtig net ń klein bietjie ontwerp- initiatief oorbly . Of so wil dit vir my voorkom, ek is nie meer op hoogte nie.

Die wat voor wegspring, en die strategie is reg, dan kyk jy heel wedren vir net dieselfde voertuie. En as een vervaardiger ń breukdeel van ń sekonde erens kon uittoor, dan het die nou buiteperde maar min kans die hele seisoen.

Gelukkig is die Dakar te lank en te veel faktore kruip in. Ek wag nou al lank vir Sebastian Loeb om te wen, hy is op papier die beste, maar lyk my ouderdom gaan hom inhaal voordat hy die boonste trappie opklim

 

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 08/01/2025 - 14:57

Volg ook Dakar                                                   elke jaar maar het nie meer 'n gunsteling nie. Nog altyd gehoop Geniel pluk 'n haas uit die hoed maar die jong spanmaats  doen nou goed. 

Nooit 'n 9uur wedren op Kyalami misgeloop nie. Altyd by die kink gesit want dan kon jy die esse, leeukop en die straight sien.  

Irene

Grootwind

Wed, 08/01/2025 - 16:56

Neem aan jy verwys na die oorspronklike Kyalami renbaan, die het mos een van die langste "straights" van al die bane gehad, van Leeukop af het die renmotors maks snelheid bereik by die Kink...dit was darem lekker dae! Plaaslike name soos Bobby Olthoff en John Love asook Dave Charlton kom nou mos op...Die nuwe (herboude) baan is sekerlik beter in baie opsigte maar die ou baan het darem maar 'n "siel" van sy eie gehad. As ek reg onthou kon mens die aand voor die wegspring van die 9-Uur wedren die hele baan omstap. Maar nou bevark ek weer die Dakar draad.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 17:34

Klets maar lekker hier daaroor. Een van die dae is die Dakar verby. Dan moet/kan iemand maar 'n eie F1-draad skep wanneer die seisoen weer begin (ek het tred verloor met die almanak). Kyk dit self graag. As studente in Jhb. in die 80's was Kyalami 'n jaarlikse uitstappie wat redelik bekostigbaar was - seker die rede waarom ons gegaan het en dan geniet het ooklaugh

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/01/2025 - 18:03

Het ook in matriek jaar saam paar vriende ge- hike om die 9 uur by te woon. Binne die baan gekamp by Crowthorne?? Een maat was al oor 18 en het vir ons versnapperinge gesorg. Ek was deel van die effe vrotterige kol op skool. Bier en sigarette was redelik belangrik op sosiale geleenthede. laugh

Die streng reels rondom die 3 motors wat diskwalifiseer is agv " compromised" protection, het ek die gekry. Lyk darem of daar 2 onafhanklike ingenieurs is wat inset gee saam die FIA se span. As jy kyk na Laia Sanz se rolstaaf wat 2mm!! geskuif het, en daarom diskwalifiseer word, lyk dit of daar dalk n president geskep was.

Hier is twee stukkies van die artikel.

File

File 1

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 21:52

Vandag se stage 4 (stage/fase? Albei herinner te veel aan beurtkrag)) was omtrent 'n slagveld. Ek tel 8 motors en 7 fietse wat onttrek het. Dis rof.

Met 'n derde van die ren nou eers voltooi en teen hierdie trant weet ek nie hoeveel jaers gaan oorbly nie. Hier kan dalk nog 'n groot verrassing kom - ons kyk maar...

My gunstelinge....ai! Hoop môre is 'n beter dag. Gelukkig behou Henk Lategan nog sy voorsprong (net-net).

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/01/2025 - 17:44

Vanmiddag so kort berig gesien dat Ross Branch uit is. Hoekom, sal ons seker later hoor. Ai tog, om met die No 1 op jou rug te ry, en dit gebeur...Dit wil voorkom of hy sy mielie af geval het.

Vir die wat hom nie ken nie. Sy bynaam is die Kalarhari Ferrari, en hy is ń Bush pilot in Botswana. Sal ek nou nie saam hom in die Delta  ń scenic flight doen nie. Maak my nat.

 

Irene

Grootwind

Sat, 11/01/2025 - 18:00

Dink die probleem met 'n wedren soos die is dat alles, van bestuurders tot navigators tot tegnologie verby hulle uiterste beproef word. En aan die einde speel blote geluk ook seker 'n groot rol...hoe beplan mens rondom dit? En dan speel die ondersteuning spanne sekerlik ook nog 'n groot (dalk die grootste?) rol.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/01/2025 - 19:28

Ai Neef Herman, dis nie goeie nuus nie - my gunsteling in die motorfiets afdeling. Nou hoop ek maar dat Bradley Cox beter kan vaar.

Vir seker speel al die faktore wat jy noem 'n groot rol, Grootwind. Dit bly maar onvoorspelbaar. Tog is daar 'n hele paar deelnemers wat dit meermale gewen het. As jou naam Peterhansel is moes jy seker iets van die sport verstaan hetlaugh

Gaan nou-nou kyk en hoop Henk Lategan se geluk hou nog.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/01/2025 - 20:50

In ń onderhoud met Ross en Bradley Cox op die rusdag gister, seker het meeste dit gehoor

 Vir Ross gevra teen watter tempo hy ry. Sy antwoord was " so 85 tot 90 %,maar die manne is vinnig." Dit is moeilik om te verstaan hoe dit moet wees om vir 8 uur lank teen 85 % te werk. Ons het dit VO2 max genoem. 

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/01/2025 - 21:53

Ek het nog altyd gedink die fietse ondervind die ren die moeilikste (miskien is dit 'n feit, weet nie). Die aanhaling hier bo sê baie. Met B. Cox ook nie meer daar nie gaan ek liefs net verder kyk en kan een duim ontspan.

Henk Lategan? Hoop hy kan weer die tyd opmaak - 3min voorsprong, met nog vele skofte (dink dis die regte woord) oor is maar klein.

Wat ek geniet is die terugblik op jare gelede se renne. Om te sien hoe brandstof hervul is, kan mens kwalik glo..... 'n Handpomp, brandstof uit 44 gal. dromme vol duike op 'n ou vragmotor. Oornag- en badgeriewe was bitter primitief (meestal self voorsien, ek dink). Etes was waarskynlik ook maar iets om net mee te oorleef.

Sonder om iets weg te vat van die hedendaagse Dakar, met beter voertuie, navigasie toerusting (al werk dit nie altyd goed nie) beter geriewe, meer gesofistikeerde kleredrag en meer, kan ek nie help om te dink die sport het heelwat "sagter" geword niedevil. Dat dit steeds tough is, is waar.