124306 insette
Nuutste Forum Insette | onderwerp | deur: |
---|---|---|
Franschoek pas | Heuwelsig Franschoek | maurits -6 minutes ago |
Franschoekpas | Heuwelsig Franschoek | Wessel Strydom -37 minutes ago |
Karoo padstal | Ons 4-maande toer | Wessel Strydom -43 minutes ago |
Sien ons moet die… | Heuwelsig Franschoek | Jan Meyer -51 minutes ago |
Grootwind... | DDS (Doen Dit Self) | Wessel Strydom -59 minutes ago |
Na 'n lekker brekkie ... | Ons 4-maande toer | Chris Boucher -1 hour ago |
Minder as drie weke
Dis hoe lank dit is voor ons volgende kamp by Moon River boskamp. Ons was vanoggend by Op-die-berg vir krieket. 20 of 21 Maart ry ons weer die pad. Ek moet nog besluit watter dag ons gaan vertrek daarheen.
Oppad terug vanmiddag het ons by Geldenhuys slaghuis in Prince Alfred’s Hamlet ‘n paar bederfies gekoop wat ek nie eintlik kan bekostig nie. Varkfillet in spek toegedraai, Bolandse Kreef, gerookte varknek, en Geldenhuys patties en -wors.
Nou gaan ons braai...
en of dit nou is "ons gaan nóú braai", dit gaan gebeur - boonste foto het die deurslag gegee. Die rugby is vertraag weens 'n donderweer waarskuwing, so daar is genoeg tyd dat Daan kan vuurmaak.
Nou gaan ons braai
Rona ek hoop regtig nie jy dink die span daarbo kan rugby speel nie! So braai maar eerder
Hallo Maurits
Hier bo (al woon ek nou in die ooste) kan ons nogals multi task - ons het gebraai, amper verstik in die rook, rugby gekyk, tussendeur geloer na die tennis in Dubai (geluk aan Tsitsipas met sy eerste masters 500) en sommer ander dingetjies ook daarmee saam
Die rugby.....kan maar net sê Some you win, some you lose. Ek bly 'n Bulle ondersteuner. En o ja, indien jy die suide ondersteun, baie geluk - Stormers het vandag opgespring van die 12e na 9e plek. Die Bulle is steeds 3e.
My fout - moes nie die woord rugby gebruik het nie. Ek het gesien wat dit hier kan veroorsaak en wil nie ook in 'n bekgeveg betrokke raak nie. Sal probeer onthou
Rona bak nie net heerlike beskuit nie
Al kry hulle nul, bly ek ‘n Bul.
Van rugby gepraat
Onthou dat al kry 'n hond kleintjies in 'n ou buite bakoond, dit bly hondjies!!!!
Herman...
....hoe was jou kuier saam met Armond.?? Ek hoop jy het hom ruskans gegee sodat hy vars was vir die wedloop.
Het die skaapkop tot bak gekom???
Was ń aangename naweek saam…
Was ń aangename naweek saam die jong mense. Hy het goedgedoen. Was sy 79ste half maraton.
Daar sien jy mooi hoe netjies is my baard nou.
Armond, Allesia en Arlia by uitkykpunt op die Swartbergpas. Sy fotos.
Herman...
...julle twee manne lyk beide in goeie kondisie!!!
Wat maak jy met die baard as jy slaap, bo of onder die kombers??
Wat 'n pragtige uitsig in 2de foto
Wessel, hier slaap ons nie…
Wessel, hier slaap ons nie onder komberse nie, dit is te warm!! Die baard sort homself uit, somtyds bo, somtyds onder, soos buurvrou sal bevestig.
Armond vertel dat Wessel en Chris se campsite, die een net agter ablusies effe sleg lyk. Kamper se braaivuur het die bosse aan die brand gesteek.
Die skaapkop gaan gebak word waneer ons in die Park is. Ek sal weer so paar punnets Leeuballe saamvat. Die klomp was baie beïndruk met die kekkerny.
Karoo leeuballe en skaapkop
sjoe, dis sleg om te hoor van brand in kampterrein. hoop dat gou geblus was, en daar nie voertuie en woonwaens in die slag gebly het nie. wys jou net, mens kan nooit versigtig genoeg wees nie.
Julle moet daai KarooNP kuier geniet, al is daar leeuballe en skaapkop betrokke.
Ek lei af dat Armond die Swartbergpas na julle toe gery het.
Ek sien op TV dat julle, selfs George tot by Worcester hoge temperature beleef.
Loftus
Ons was gister op Loftus....was omtrent n dam water gewees
Geert
Jislaaik dankie vir die fotos. N ou sien nie altyd die gehele beeld op TV.
'n Nat Loftus
Sjoe! Ons het nogals gedink die ondersteuners is baie braaf om in die gietende reën vas te byt. Jy moes net harder vir (nie op) die Bulle geskree het, Geert
Naand sê. Sit so en kyk vir…
Naand sê. Sit so en kyk vir die reën op Loftus. Ons het self vanmiddag 'n vinnige 95mm hier gehad. Hele paar paaie in die dorp was riviere
Semigrasie terug Johannesburg toe
Sien vanoggend in die Daily Investor dat mense weer begin terug trek Jhb toe
https://dailyinvestor.co…
Jammer Wessel, nog geen teken van 'n nuwe Groot Trek Brits toe nie
nie aanbevole....
..... 'n Groot trek Brits toe nie!!!! Ek sal dit ten sterkste afraai. Trek liewer Orania toe, alles werk daar, elektrisiteit, water in pype, voortuitgang in dorp en nywerhede.
Begin die wiel draai?
Ek het aanvanklik gedink Trump gebruik die Afrikaner se lot as oëverblindery om kiesers te laat glo dat hy omgee vir witmense. Intussen was Afriforum daar en nou ondersoek die Valke hulle. Ons president met sy baie praat en geen aksie hou hom hardegat en ons sien hoe Trump voet neersit met Zelensky.
Dis alles politiek, maar gister sien ek die Wêreldbank het ‘n verslag geskryf wat aanbeveel dat SA ‘n meer inklusiewe benadering tot ekonomiese ontwikkeling implementeer. Dit sluit in om BB-BEE af te skaal of af te skaf. Natuurlik sal die ANC nie luister nie, want hulle veg vir oorleweing.
Ek sien hulle dreig reeds om die DA met die EFF te vervang ten einde ‘n BTW verhoging goedgekeur te kry. Duidelik is stemme werf en baantjies vir boeties en sussies steeds hulle prioriteit. Ons kan net hoop dat die druk om die mislukte manier van regeer te verander in ons leeftyd nog vrugte afwerp. Ek is net bekommerd oor die rampspoedige gevolge wat Ramp maphosa (nie ‘n spelfout nie) se houding kan hê gegewe die Amerikaanse president se onverbiddelike optrede teen ander lande sover tydens sy tweede termyn.
Dankie tog vir joernaliste.....
....wat klokslag die skelmstreke en knoeiery oopvlek.
Sien gister die 2 biljoen Rand tender wat Prasa aan 'n firma toegeken het, maar die firma bestaan nog net vir 2 dae, vandag ingereken!!!
Kyk na die aanstelling van nuwe CEO of voorsitter van SAL, in groot omstrdenheid gehul.
So lees ek ook gister dat 'n gerekende internasionale politieke kenner vir Ramp-aposa [verbuiging van Chris S se spelling] om nie nou by Trompie te gaan kuier nie. die kenner is van mening dat Trompie vir Rampie sal verslind, binne 'n halfuur.
Ek hoop Solidariteit en/of Afriforum hou rekord van eens winsgewende plase wat reeds oorhandig is aan swartbemagtiging, en wat daarvan geword het. Neem as voorbeeld die moerse sitrusplaas, Zebediela wat totniet is.
Dink mens moet nie uit die…
Dink mens moet nie uit die oog verloor dat Trompie nie toelaat dat nietighede soos feite in sy pad staan. As voorbeeld kan mens Kanada noem Die "rede" vir die 25% invoer heffing op Kanadese produkte is kamtig die invloei van fentanyl en onwettige immigrante vanuit Kanada, die feite wys egter dat dit amper nalaatbaar klein is....Trompie is die laaste persoon wat mens in die donker agter mens wil hê, die ou is slegte nuus waar hy ookal sy voete neersit, hy regeer ook deur sg. "executive orders" oftewel dekrete...direk uit die spelboek van diktators (en natuurlik beskuldig hy ander as synde diktators te wees). En dan sterk Musk hom ook nog in sy kwaad...Lyk asof ek my persoonlike boikot van Sjinese produkte moet laat staan en eerder 'n draai om Amerikaanse produkte loop...maar dan is daar die klein lastigheid dat my trokkie 'n Ford is
Interessante gesprek vanoggend op CNN gevolg. Die ou met wie hulle gepraat het is deur Musk afgedank per epos en as rede word gegee dat sy prestasie sleg is, nadat hy goeie prestasie evaluasies gekry het...waarna sy afdanking 'n dag later opgehef is "as 'n fout" net om weer 'n paar dae later weer afgedank te word...