Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -3 hours ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -4 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -4 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -4 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -4 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -4 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -4 hours ago

Laeveld en Malaria

Secunda
Submitted by Sleep nou on Mon, 18/09/2017 - 13:49
Forums

Het so pas n watts up van my ma wat in Phalaborwa bly gekry, wat se daar is n paar gevale van malaria wat aangemeld is. So die van julle wat wiltuin  Phallas , Hoedspruit area toe gaan wees asb versigtig en neem voorsorg.Die bron wie inligting deur gegee het weet waarvan hy praat

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/09/2017 - 20:29

Die enigste advies wat ons as nie-mediese kundiges kan gee oor malaria is soos Saun hierbo sê, moenie kanse waag nie, vra jou dokter vir voorskrif medikasie en gebruik dit stiptelik. Sorg ook dat jy  aanspuitmiddels het vir jou en jou gesin en moenie saans onnodig met kaal arms en bene buite sit nie.  Pas veral op vir ontblote enkels en voete.  Moenie dat kansvatters of ander beterweters (selfs mediese personeel) jou anders oortuig nie.  Moet ook nie te lank wag nie want medikasie is dikwels uit voorraad uit.

Dis 'n vieslike siekte waarvan jy die res van jou lewe sal moet saamleef, dodelik in baie gevalle.

Dankie vie die inligting, ek is mos hoeka oppad Satara toe en ry al die 25ste September om oor te slap naby Hoedspruit voor ek die volgende dag in die KNP ingaan.

Sal maar die Peacefull sleep mildelik aanwend.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 19/09/2017 - 09:17

Die drie keer wat ek al in KNP oorgebly het, was ek doodbang vir muskiete.   Dat so klein dingetjie mens so op hol kan jaag!    My skoondogter was skoon fanaties soos sy die kleintjies beskerm het.  Ja, ons het al die dinge gedoen wat Len hier bo noem    Almal wat wildtuin toe gaan, wees maar voorbereid.

Nou dat dit somer raak, het ons by ander kampplekke ook probleem van muskiete wat pla.  Hul is darem nie 'n malaria gevaar nie, maar nog steeds gladnie 'n welkome besoeker nie.   Muskiete hou nie van salie (sage) nie.   Gooi kort-kort stukkies daarvan in jou vuur.  Die reuk in die lug laat hulle wegbly.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/09/2017 - 09:18

Frikadel, ek kan nie onthou dat ek al ooit 'n foto uit jou kamera (of selfoon) hier op die forum gesien het nie.  (Los maar die verskonings).

Wil jy nie asseblief met jou terugkeer uit Satara vir ons met 'n paar fotos vergas nie  -  nie net van leeus en luiperds nie, maar ook van jou kampopset. 'n Fototjie van die kosmakery en vuurtjie sal ook baie welkom wees.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/09/2017 - 09:24

Freda, wat is salie en waar kry 'n mens dit ?  As dit werk (en ek glo dit werk wel) is dit 'n uitstekende en baie maklike raad om te volg.

(My wederhelfte sal seker weet wat is salie, maar ek kan haar nie nou vra nie, sy lees nou koerant van voor tot agter, insluitende advertensies en die begrafniskennisgewings en niemand mag haar nou pla nie).

Secunda

Sleep nou

Thu, 16/11/2017 - 18:48

Julle wat gaan sleep na die Nelspruit , wiltuin , Hoedspruit , Phalaborwa omgewing onthou die muskiet goed voorkoming is beter as genesing

Port Elizabeth

Antie

Thu, 16/11/2017 - 19:18

Len, ek sien nou eers jou inset bo.  Salie is 'n kruieplantjie wat jy self kan plant.  Dit groei maklik sonder baie aandag (of water!).    Google "So kweek jy Salie" en dan gaan jy in op Netwerk24 wat vir jou vertel van Salie.  Engels is Sage. Daar sal jy sien dit help selfs om aan insekbyte te smeer maar ek het by iemand anders gehoor dat jy dit in die vuur kan brand om muskiete weg te hou.

Secunda

Sleep nou

Fri, 07/12/2018 - 07:35

More julle onthou die wat laeveld toe gaan en wiltuin toe die tyd vannie jaar is dit warem dit reen plek plek en muskiete is n werklikheid wees asb voorbereidwink

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Sat, 08/12/2018 - 12:51

Ons gaan laaste week van Maart en eerste week van April noorde van Kruger toe. Is malaria daardie tyd steeds 'n risiko 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/12/2018 - 15:26

.................jy sal nog agterkom ek is Kruger Wildtuin-gek.  Hier is twee van my forum vriende wat ook aangetas is, Chris Boucher en Koos Mol  -  jy sal beslis nog van hulle hoor.

Ons gaan Mei/Junie weer vir ons jaarlikse trippie Wildtuin toe (soos die afgelope 49 jaar !) en teen daardie tyd is dit al amper winter wanneer jy omtrent nooit 'n muskiet sien nie. Maar, ons gaan nooit sonder Malaria medikasie nie.  Jy gaan baie raad kry op sosiale media van veral ouens wat nie gekwalifiseerd is om Malaria-raad te gee nie.  Moet egter nie 'n kans vat nie, ons het in Zimbabwe gewoon en ek het talle mense gesien met die nagevolge van Malaria  -  dis 'n nare siekte waarvan jy eintlik nooit ontslae raak nie en net nie die moeite werd om 'n kans te waag nie.

Nog 'n bietjie raad : doen vroegtydig aansoek by jou apteek  -  hier by ons in Kaapstad is dit altyd 'n gesoek na voorraad. Ons neem altyd die generiese produk, Mefliam  -  die oorspronklike is Larium.  Jy neem een pilletjie eenkeer per week, begin 'n week voor jy by die Wildtuin ingaan en ook 'n week na jy uit die Wildtuin is.

Ons gaan by Phalaborwa-hek in vir ons eerste kamp by Tsendze, dan Shingwedzi, Punda Maria, Letaba, Balule en laastens by Krokodilbrug.  By watter kampe kamp julle ?

len en Johan. Ons sal beslis julle raad volg.

Len op oa jou aanbeveling het ons besluit om ook by zphalaborwa in te gaan. Ons sal by die hek by die Phalaborwa Safari Park oorstaan en die volgende dag tot by Shingwedzi ry waar ons ook 1 aand sal oorstaan. Dan gaan ons vir 6 dae Punda toe en keer vir nog 6 dae terug Shingwedzi toe.

Op pad park toe gaan ons vir 2-3 nagte by die Kyleu boskamp in Dinokeng oorbly. 

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 18:35

Sarel my ma bly al 50 jaar in phallas en sy waarsku gedurig oor die muskiete ja hulle bly maar n probleem Kyleu boskamp is op my bucket lys julle moet geniet Sarel

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 19:26

Sarel vir my is daar gese hulle kamp plek Kyleu is n lekke regte bos ervaring en n end verder weg van die oord het hulle diep innie bos naby n rivier of n dam ook n paar staanplekke klink na n nice oord

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 08/12/2018 - 19:29

Sarel, ek kan nie vir jou voorskryf hoe lank is te lank  niewink

Ek het by Karoo Nat Park twee nagte oor geslaap op pad Kaap toe, minder kilo meters om in rond te ry, maar dit het vir my te min gevoel. Daai park het onder my vel in gekruip, en vas gesteek. 

Daar is slegs 120 km paaie in Dinokeng. 3 dae dalk te lank ?9

Dalk kan jy nou die  drie nagte gebruik om vir die toekoms te beplan? 

Sterkte met die besluite en  beplanning.

Is een van ons gunstelinge. Ons heel eerste kamp met die Skulpie (Skipper Oyster) was in die Karoo park. Maar dan, al die parke is ons gunstelinge. Ek sal later, op 'n ander draad, meer vertel oor ons ongelooflike ervaringe in Karoo

Is een van ons gunstelinge. Ons heel eerste kamp met die Skulpie (Skipper Oyster) was in die Karoo park. Maar dan, al die parke is ons gunstelinge. Ek sal later, op 'n ander draad, meer vertel oor ons ongelooflike ervaringe in Karoo

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/12/2018 - 20:11

.......................jy is goeie geselskap hier.  Hier is 'n hele klompie van ons wat mal is oor SanParke se oorde.  Karoo is op ons almal se voorkeurlysie.

Phalaborwa : as ons by hierdie hek ingaan, is die oornag slaapplek die vorige aand altyd net buite die hek by Aventura Safari Park.  WilSur wat ook hier op die forum gesels het dit 'n jaar of wat gelede oppad Shingwedzi toe, presies ook so gedoen. Ons het dit hierdie jaar  gedoen en gaan dit volgende jaar weer doen.