Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -1 hour ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Padkos of Take Aways?

Centurion
Submitted by Voortrekker on Tue, 19/09/2017 - 06:07
Forums

Een van my eerste, wel eintlik my eerste "road trip" wat ek kan onthou was toe ek 4jr oud was.  My Pa het 'n Citroen stasiewa gery en so was ons oppad Nieuwoudtvile toe vir 'n vakansie by Ouma se huis, die groot wit een wat aan die einde van die hoofstraat staan, die ark.

Dit is nogal 'n entjie van Somerset Wes af, teen die weskus op en dan by Vanrhynsdorp op teen die berg.  Die pad maak voorsiening vir genoeg tyd om 'n bietjie te stop en padkos uit te pak. 

Ek onthou dit so goed, en hoe my liefde vir langs die lang pad stop en padkos eet al daar begin het.

So kom die gesprek toe op by my oudste seun wie nou 4jr oud is oor ons komende kamp in Bloemfontein.   Ek vertel toe vir hom dat ons vroeg gaan ry en dat die pad lank is en ons halfpad gaan stop om padkos te eet.    Jnr wil van niks weet nie en dring aan ons moet glad nie stop nie want ons moet by die kamp uitkom -  op die wat Ma toe by die gesprek inknoop en noem dat ons by 'n petrolstasie sal stop om takeaways te kry!

My vraag is, hoe voel jy oor die saak?   Dit is darem lekker as daai padkos met toebroodjies en koue vleis en eiers en frikadelle ens. so reg is vir die etery en ryery.  Wat vir my nog lekkerder is, is om langs 'n lang hoofroete in die middel van nerens te stop en padkos uit te pak, en dan te kyk en luister hoe ander voertuie verbykom - partykeer sommer nog 'n toeter of 2 wat geblaas word.

Of het jy nie tyd vir sulke dinge nie, verkies jy om Take Aways daar by One Stop of Ultra City te koop so met die voertuig opvul slag?

Secunda

Sleep nou

Tue, 19/09/2017 - 07:18

Anton ek hou ook van die stop hou en eet langs die pad. Maar baie van daai stop plekke het nie meer daai sement tafel en bankies nie maar dit bly lekke om so te stop been te rek en rustig te wees. Maar deesdae met ultra city's is dit maar gereeld die wimpies of so waar daar ge eet word

Centurion

Dusty

Tue, 19/09/2017 - 07:31

'n Mens se eie konkoksie om langs die pad te eet is soveel lekkerder. Ongelukkig is daar nie meer baie sulke veilige plekke om stil te hou nie. Het dit ook as kind ervaar.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 19/09/2017 - 07:56

Toe my kinders nog in die huis was, het ons altyd 'n klomp padkos ingepak en by 'n tafeltjie langs die pad gestop.  Dit was 'n hoogtepunt, omtrent so 'n uur nadat ons weggetrek het by die huis.  Ons gunsteling was lamskenkel, lekker groot stukke, saggekook aan die been.  Nou nog as ons vanaf die huis ry, sal ek frikadelle en gekookte eiers inpak maar ons stop by 'n Ultra City en koop koffie daar.   As ons na 'n kamp huistoe vertrek, sal ons toebroodjies en koffie koop by 'n Ultra City en gaan eet dit buite.   (By die Ultra City soos jy by Plettenbergbaai inkom, vanaf die Kaap se kant, verkoop hulle die heerlikste Chicken Mayonaise toebroodjie).   Ons gaan eet nie sommer binne in 'n restaurant langs die pad nie.

Ons padkos etery saam met die kinders, sal altyd 'n mooi herinnering bly.

As ons op vakansie ry sal ma altyd padkos maak wat ons iewers op n veilige plek sal geniet.

As ons enroute oorslaap sal ek altyd ekstra tjoppies of wat ookal braai om die volgende oggend op die pad aan te peusel.

n Hilux het op die koop toe sy eie ingeboude tafel om die spread uit te pak daar langs die pad, tafeldoekie is opsioneel.

En natuurlik gaan ons eie gemaakte wilds biltong en droe wors ook saam in die kar.

Centurion

Voortrekker

Tue, 19/09/2017 - 08:16

Dit is waar wat julle se van veiligheid en dan ook die gemors wat saam met die piekniek spots gaan.   Ek het gesien in die Noord Kaap is dit darem nog baie netjies.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/09/2017 - 09:40

Padkos op reis na jou vakansie-bestemming bly maar 'n wonderlike ding.

As ons haastig is, eet ons sommer daardie padkos in die ry, maar die stilhou tussen niks en nêrens is darem maar baie lekker.  Ons sit sommer lekker in die Exclusive by ons dinette, kook gou water op die stoof vir koffie en was daarna die skottelgoedjies met water wat nog vuurwarm in die geyser is.  Daarna loop ons ons piepie-draai en dan is ons weer reg vir die pad !

Die kritici sê mos 'n mens slaap net in jou wa  -  nie ons nie, ons boer in ons wa !

Dit gebeur wel (miskien 'n bietjie te veel na my sin) dat ons tog by 'n restourant iets sal eet as ons brandstof hervul.

Hier is ons eethoekie in die wa :-

.

Jozie

It'l Dodat

Tue, 19/09/2017 - 09:43

Hi Anton

I assume, by take-away’s you mean stop over at a Steers / Wimpy or similar, then gobble –and-go... Then without a doubt....Padkos...

Take away’s are mushy whatever-they-give-you..... And its a mission to eat in the car while driving.....

Don’t... Just don’t ever do the pie story....

With PADKOS.....

1. I can stop anywhere and enjoy the view. Never ever had any safety issues.... I usually pull up way-away from the dorps anyway.... Nobody for miles around.

2. My eie kos is lekkerder, and I’m not going to get an upset tummy either......  

3. I can eat just as much as I need... Don't have to finish the plate. Now this is actually quite important as if you stop and eat a meal, you will most likely get sleepy while driving...

4. Nothing nicer than stop-refresh-rek-beene-was gisiggie with a wet wipe or damp facecloth, then brewing up on the bonnet... Especially here 05 - 06 in the early morning...

I believe in stopping every 200 - 250 Km and giving the rig the once over anyway... feel the hubs, look at the coupling, look at the tyres, just generally.....

Can't stress the importance of this.... Once, going down to Umtenzini, I saved my 3.8m rubber duck from coming off the trailer... The turnbuckle on the bow-eye had turned completely loose and I had forgotten to latch the winch on the front the other way to stop it unwinding....

The pleasure of going on an adventure starts at the front door... Not at the destination... Yong-uns need to learn this, otherwise they get into the mad dash mindset....

So pick a nice spot, pull over and make a thing of it.... As the driver, you actually don't see much because you are watching the road....

Here and there you glance this way and that, but you actually don't see that much....

So stop.... Look enjoy the peace and tranquillity of our wonderful countryside..... (See my post yesterday under hitch-up guide)... I even have what I call a portable tree that I take with me....

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/09/2017 - 09:51

Warren, as you can see, we do the padkos story in the same manner.

What bothers me my post was done at 09:40 and yours was done at 07:43, but my post is placed before yours.  Is your computer time correct ?

Andersins Anton, hoe werk dit !?

Meyerton

Segekok

Tue, 19/09/2017 - 10:14

Padkos...  

Ons is nou besig om so n trippie na Moz. te beplan. Ons wil vroeg ry. Gelukkig is daar n paar plekke langs die pad waar onsveilig kan stop om te eet.

ALZU is die een waar ons beslis gaan stop vir ontbyt en dan ook vir die gebruik van hulle mooi skoon badkamers.

Het al voorheen ook daar gestop, Die renosters en die ander wild in die kamp naby aan die parkeerplek sorg nog vir n mooi uitsig ook.

 

 

 

Secunda

Sleep nou

Tue, 19/09/2017 - 11:07

As ons oppad vanaf Secunda na Phallas toe gaan Deon stop ons ook by die einste Alzu lekke skoon en diere daar is n plus punt

Jozie

It'l Dodat

Tue, 19/09/2017 - 11:48

In reply to by Len Loader

3 milliseconds after I pressed "save" our network went phishing..... Hoped it had gone through.... Came back to timed-out so re-posted...

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 19/09/2017 - 18:22

Ons stop ook by die ultra cities / one stops, maar geniet ons eie skoon kos.  Stukkies wors, gekookte eiers, toebroodjies, vrugte, ens.

Het lankal die stofie se gas ontkoppel, ek glo nie in gas binne die woonwa nie. Die yskas het altyd voldoende yskoue Coke in,  en my vrou ry oral met haar warm water fles.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 20/09/2017 - 16:26

Soos altyd is die Kaaskop weer dwars!

Nee ons stop maar by die Ultra cities en goete, eet rustig op ons tyd 'n lekker ete, drink 'n lekker sterk koppie warm koffie, gebruik die waskamers en ontspan lekker. Gewoonlik so 90 min stop om te eet ens.

Lekker uitgerus en ontspanne voor ons weer aanry.

Ek probeer om nooit meer as so 300 kl per dag te ry nie, stop dan by 'n lekker oornag kamp en gaan eet uit by 'n goeie restaurant, nie Spur of sulke plekke nie, erens waar mens so biewtjie anderste bederf kos kan kry.

Ons is maar lui mense en wil nie te veel werk nie?

Secunda

Sleep nou

Wed, 11/10/2017 - 07:58

Toe al die kinders in huis was het ons altyd brood , vleisballe , worsies , kaas ingepak in so kosblik wat genoeg pakplek het vir n hele koshuis so gestop laangs pad ge eet en soos mense verby jou ry het hulle somer gehoet ook mis daai dae

Secunda

Sleep nou

Fri, 07/12/2018 - 07:32

Julle pak gerus weer kos in as jy ver ry stop op n veilige plek en eet uit vanaf jou gepakte kos houer wow dit bly lekke en mense hoet nog wat verby ry en bewonder daai kosblik van jou