Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -7 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -9 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -21 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -32 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -44 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -45 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -48 minutes ago

Ligte ontbyd bederf

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Wed, 20/09/2017 - 16:00
Forums

Gedink met die trietsige weer vandag kan ek 'n paar resepte neerpen, maar nee, toe besluit almal wat leef om te kom kuier. Nou al 6 mense hier gehad, maar ek kla nie, lekker om so te kuier!!

Nou kyk so nou en dan kan 'n man sy vrou so bietjie bederf met ietsie anders vir ontbyd, ek noem hierdie sommer Arie se "Toasted Cheese" my kleinkinders is nogals mal hieroor?

Braai 'n sny brood in 'n braai pan en klein bietjie olie tot goud bruin, draai om en braai ander kant ook so mooi goudbruin. Sit die brood een kant om af te koel.

Stel die oond op "Grill" om solank lekker op te warm.

Rasper GENOEG verouderde chedar kaas, krummel 'n baie mozerella kaas saam in en vir geluk krummel sommer 'n lekker klomp blou kaas ook daarin. Sny 'n paar Dill agurkies in baie klein stukkies saam in die kaas. Meng goed deurmekaar en skep dan 'n paar eetlepels mayonaise oor dit, as jy wil so teelepel sterk engelse mosterd net vir luck. Meng alles goed deurmekaar.

Plaas nou so drie plakkies "Hickory ham" op elke sny brood, nie minder as drie nie, hulle sny die goed mos deesdae so dun, as jy minder opsit proe jy dit nie! Plaas so paar lepels van die kaas met mayo mengsel op elke sny bo - op die ham. dit moet so 4 cm dik wees.

Plaas die brood met die ham, kaas, mayo op in die grill. Intussen "poach" [weet nie wat is die afrikaans nie] jy 'n paar eiers , een vir elke snytjie brood, die geel moet nog lekker sag wees.

Sodra die kaas mengsel mooi gesmelt het, haal die brood uit die grill, plaas 'n poached eier op elkeen en garneer [hoes daai vir 'n hoge woord?] met fyn gekapte gras uitjie, net so vir die mooi geit.

Bedien met vars uitgedrukte pomelo sap met helfte vonkel wyn.

As jy regtig wil kan jy dalkies dan ook maar die sdkotelgoed was sodat vroulief regtig 'n oggend af het, dit is natuurlik nadat sy die bed opgemaak het!

Die goed is nogals regtig "filling" en so twee brooidjies per persoon behoort genoeg te wees.

 

Port Elizabeth

Antie

Wed, 20/09/2017 - 17:24

Dit klink nou regtig lekker.   Ek moet dit onthou as Colin se kinders van die Kaap weer hier kom slaap.    Hulle is mal oor kaasdisse en sal daarvan hou.  Maklik om te maak ook.   Mayonaise gemeng in die kaas, maak dit seker lekker romerig.

 

Secunda

Sleep nou

Thu, 21/09/2017 - 07:09

Sal hom probeer hoeka kuier kleinkinders die naweek by ons hulle eet my uit die huis uit LOL

Centurion

Voortrekker

Thu, 21/09/2017 - 07:39

hoeka kuier kleinkinders die naweek by ons hulle eet my uit die huis uit LOL

Daai twee van my begin nou eet soos wurms