Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -14 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -17 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -27 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -39 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -50 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -52 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -54 minutes ago

Jamaican Pynappel

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Thu, 21/09/2017 - 10:46
Forums

Ons het nou so ligte ontbytjie gehad, later in die dag gesmul aan 'n paar juicy hamburgers, maar nou kom my liefling ete...... PUDDING of in mooi Afrikaans "Nagereg"

Ek het hier so baie favourites dat dit moeilik is om te kies, maar oor die algemeen enige iets wat soet is, as daar niks is nie drink ek sommer 'n blikkie kondensmelk met 'n glas coke daarby.

Jy het nodig;

Pynappel

Spiced gold Rum

Bruin suiker

 en so bietjie kaneel

Skil die pynappel en sny in ringe, of noem mens dit skywe?

Neem 'n tee koppie vol Spiced Gold Rum per pynappel en meng so twee eetlepels bruin suiker in die rum.

Plaas ringe pynapple in 'n braai bak, gooi die rum/ suiker mengsel daaroor, sprinkel dan so bietjie kaneel poeier oor elke ring pynappel.

Plaas nou die bak met die inhoud op die kole, of as jy nie 'n vuur het nie in die oond. Alhoewel ek nie kan dink hoe maak mens aandete sonder 'n vuur nie, maar kom ons laat dit daar!

Sodra die vloeistof begin borreltjies maak haal af van die vuur, skep op [sop borde werk hier die beste, poeding bakkies is gewoonlik te klein, kan nie meer as een stukkie pynappel vat nie.

Skep so lekker lepel sous saam met elke ring pynappel, en skep dan 'n groot lepel styf geklitste vars room op elke skyf.

Sit terug en geniet!

 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 21/09/2017 - 11:03

nog enetjie wat vir my lekker werk;

Sny 'n piesang oor sy lengte oop, saam met die skil.

Plaas op 'n stukkie foelie groot genoeg sodat jy die piesang kan toedraai in die foelie/

gooi nou so shooter glasie vol van 'n lekker likeur oor die piesang, Cape Velvet, of 'n goeie Chocolat likeur werk lekker, maar ek verkies Advocaat [moet Bols s'n wees, dit is die lekkerste een] vir die wat dalk nie weet nie, dit is 'n eier likeur.

Plaas dan 'n stafie van Cadbury se chocolate flake op elke piesang. maak piesanf toe, sover jy kan sonder om die flake of die piesang pap te druk, vou toe in die foelie, vou goed toe sodat likeur nie kan uit loop nie.

Plaas op 'n rooster op die kole, binne so 5 min is dit reg, verwyder foelie, en bedien met 'n groot skep vars, styf geklitste room!

Herdie een kry ook gewoonlik groot aftrek!

Arie, ek dink jy gaan een ster bestandeel dalk nie kan kry nie. Dit is nou natuurlik die rum en met daai wind van orkaan Irma daar in die Kariebiese eilande dink ek daai rum fabriek het seergekry.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 21/09/2017 - 14:22

Ek het darem altyd my eie privaat vooraad, en as mens nie kan kry nie werk daai Kaptein ook orraait, selfs daardie een wat ek gewoonlik dring, die een wat deur die Hartstigting geborg word.

Ja daai Irma, is dit nie ironies dat daar altyd 'n vrou betrokke is waardaar groot probleme is, natuurlik al daar met Eva begin?

Centurion

Lolla

Thu, 21/09/2017 - 15:01

Ek kan NOU doen met enige van dié lekker nageregte. Ekt energie nodig.... En iets wat "skop" 

Port Elizabeth

Antie

Thu, 21/09/2017 - 16:47

Ek hou nie baie van warm vrugte nie, maar as daar drank by is en koue room of roomys, dan is die wêreld reg.   Die pynappel....   Jy sê as die vloeistof begin borrel haal jy dit uit.  Kook die pynappel dus nie gaar nie?

Waar my wa staan

Arie

Thu, 21/09/2017 - 17:16

Freda, nee hy moet net lekker warm word sodat hy al daai rum kan opsuig.

Johann, roomys is lekker maar ek verkies room, wat baie lekker is, 'n bak vanilla roomys met lekker vars plaasroom bo-oor, man kwyl ek nou, mens sal sweer hier het 'n mooi jong dame verby geloop?