TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61823 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sitplekke en deurpanele in… Amateur kan neef Herman -1 hour ago
Katalisators Katalisators Willem Brits -1 hour ago
Wessle:

Die "controller"…
Froggy Bederf Harry Du Randt -1 hour ago
Nou dis juis as mens die… Jongensfontein hier kom ons Wildehont -2 hours ago
Sonpanele terugvloei Froggy Bederf wessels -3 hours ago
Skuiwe Katalisators wessels -3 hours ago
Deinings?? Jongensfontein hier kom ons wessels -3 hours ago

Eenvoudige Snoek

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Thu, 21/09/2017 - 14:49
Forums

Ek is nie lief om te sukkel met kos maak nie dus like ek om so eenvoudig moontlik te maak.

Jy benodig;

Heel oopgevlekte snoek, sonder die kop. die kop los ons maar in die Kaap daai mense eet mos snoek kop met patats. Hoe groot en hoeveel snoek moet jy self besluit, hoeveel mense en hoe honger?

Klein botteltjie Marmite per middelslag grote snoek

So 250 gram of knoffel botter of vars lekker plaas botter.

En.... dit is al wat die kos betref.

Gr0ot genoeg vlekvrye staal braai plaat of "cast iron" braai plaat, belangrik dit moet kante he sodat sous nie afloop nie!

Die plaat kan of op gas braaiers of op die kole warm gemaak word, sodra die plaat goed warm is, sit die blok botter op die plaat, dit moet sommer dadelik smelt anders is die plaat nog te koud.

Plaas nou die snoek met sy vel kant onder op die gesmelte botter, en verf hom met die marmite.

Hou maar aan om so elke twee, drie minute te verf, tot al die marmite op is.

Jy draai nooit die snoek nie, laat hom net so le in die botter tot gaar.

Sodra die botter so deur die snoekie begin kook en die vleis is mooi wit is die ding gaar, passop vir oorgaar. As hy so maklik vlok dan is hy 100% reg.

Dien sommer so van die vuur af op borde.

Maklik vinnig sonder fieterjasies, en ek het al baie komplimente gekry vir so snoekie.

Gesien in die lig dat snoek eintlik 'n Kaapse ding is, gaan ons maar heeltemaal Kaaps en bedien braai brooidjies saam met die snoek.

Sou daar dalk so lekseltjie oorbly, sit in yskas en dit is heerlik more teetyd op 'n snytjie brood!

Secunda

Sleep nou

Thu, 21/09/2017 - 20:11

Arie eerste keer ek hoor van marmite ek gaan hom onthou dankie

Port Elizabeth

Antie

Fri, 22/09/2017 - 06:48

Ek wou nou dieselfde as Dusty vra.   Ek koop nooit Marmite nie, omdat dit vir my 'n te sterk smaak het.   Ek koop Bovril of Oxo.   'n Hele botteltjie Marmite op die snoek,  proe jy nie meer Marmite as snoek nie?

Dit is regtig 'n maklike resep, ek glo die snoek is lekker sappig as jy dit so gaarmaak.  Wil net weet oor die Marmite, want jy sê niks anders as Marmite nie.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 22/09/2017 - 08:17

Stoffel en Freda, dit is die heel klein botteltjie marmite en 'n groot snoek.

As julle bekomerd is gebruik dan maar eers 'n halwe botttel, onthou net baie van die marmite kook af in die botter in.

Ek hou van vis wat goed sout is, in Hollands is daar 'n spreekwoord wat se; "Vis moet kan swem". Bedoelende vis moet sout genoeg wees sodat jy baie water agter na drink, dan kan die vis mos swem in jou maag?

Toe ek die eerste keer die opskrif van die post lees dog ek Arie praat van n snoek geklee in n PT broekie, laat my fris lyk hempie, donkerbril op en helder oranje PEP Stores look alike uitgetrapte Crocs aan die voete iewers onder die see besig om te krap in die uitverkoping boks vir specials op countree music CD's daar in VisMart.

Maar, dankie vir die eenvoudige resep Arie, sal hom traai.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 22/09/2017 - 11:14

Oom Vleisballetjies!!!!!!

En die moewiese lang sin, of is die boom box wat jou kop so deurmekaar maak?

Nee man nou moet ek weer vir my van daai hart stigting vloeistof ingooi om my asem terug te kry.

Gelukig hier in Salt Rock kom die Boeing al 6.30 vm oor!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/09/2017 - 11:34

Net 'n regstelling : Die opskrif "eenvoudige snoek" is foutief, geen snoek is eenvoudig nie, dis koningskos !

Interessante, maklike resep Arie  -  dankie !

Secunda

Sleep nou

Mon, 25/09/2017 - 06:45

Arie vanaand maak ek die snoek met marmite net jammer deesdae sukkel n ou om lekke snoek te kry

Waar my wa staan

Arie

Sun, 01/10/2017 - 15:32

Oom Vleisballetjies, ek is baie jaloers op my snoek, jy mag wel my snoek resep probeer.

As jy met my snoek lol koop ek sommer lotery kaartjies by Freda se seun vir jou!

Secunda

Sleep nou

Mon, 02/10/2017 - 05:00

Arie daai snoek resep loop toe soos stroop ek glo met vars snoek nog lekkerder