Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57138 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -18 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -18 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -1 hour ago
Slowstrike---Lucky strike Julie 2019 - Koffiekroeg wessels -1 hour ago
Mirrrag!!

Danie, geniet die…
Julie 2019 - Koffiekroeg Groot G -1 hour ago
oom Wessel, moet nou nie vir… Waar is almal Groot G -1 hour ago
Ski verskoning Waar is almal wessels -1 hour ago

Runderlap, pan gebraai

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Fri, 22/09/2017 - 12:39
Forums

Vir die wat nie Nederlands magtig is nie, Runderlap is 'n lekker stukkie fillet of eintlik enige stuk beenlose bees vleis. Dink aan "Runderpest" 'n hollandse woord wat beteken pes onder beeste.

Jy het nodig 'n lekker dik gesnyde Sirloin, ten minste so 2cm dik, verkieslik bietjie dikker, suur room, botter en dan growwe sout en growe peper.

Maak seker dat jou slagter die Sirloin lekker dik sny, en probeer om vleis te kry wat mooi 'gemarble" is, beslis baie meer smaakvol!

Smelt botter in 'n lekker groot braai pan met 'n dik soliede bodem, verkieslik 'n cast iron pan. Jy benodig so 200 gram botter per porsie vleis.

Laat die botter GOED warm word, dit moet begin skei, [lyk of dit wil skif] plaas dan die runderlap in warm botter.

Maal growwe botter en genoeg growwe peper oor die vleis, teen die tyd wat jy klaar gemaal het is die vleis omtren reg vir omdraai, so uiter 4 min aan 'n kant.

Draai om en maal sout en peper oor die ander kant, na weer so 4 min draai vinnig om sodat sout en peper lekker in braai, net so 30 sek.

Haal uit pan en laat rus vir so 5 min, anders loop al die vleis sappe [bloed soos party mense dit noem] uit en die vleis is droog.

Dien op met die bygereg van jou keuse, maar sit 'n groot eetlepel geklopte suur room op elke stuk vleis, laat daai room so lekker in die vleis in smelt.

Julle sal merk dat ek maar altyd die minimum kruie op vleis gebruik, en NOOIT 'n sous op die vleis nie, ek wil die vleis proe, en nie kruie of sous nie. dit is maar my persoonlike smaak, en elke ou verkies dit seker anders. ek sal 'n peper sous of mushroom sous op goedkoper snitte gebruik om smaak aan die vleis te gee. Goeie vleis het niks nodig nie.

Sorg dat jy genoeg maak sodat daar oorbly. More middag ete, sny jy die oorskiet vlies in dun repies, dit sal so mooi bruin buite om wees en ligpienk binne.

Plaas die vleis op 'n toebrooidjie, en gooi nog sout op, vir eeen of ander rede het koue oorskiet vleis  [vir my] altyd weer sout nodig?

Maak 'n lekker klomp nie te dik vleis sous en plaas by elke bord 'n kometjie van die warm sous. Jy sny dan 'n stukkie van jou toebrooidjie, en doop dit met jou vurk in die sous, man dit is mos nou lekker!!

Ook baie maklik, min voorbereiding, en , vir my, vrek lekker.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 22/09/2017 - 12:52

Daai selfde Sirloin kan jy ook op die kole gaar maak met 'n klein bietjie meer moeite.

Jy sal die vleis so 3 of 4 dae voor die tyd moet koop. Plaas in 'n glasbak en gooi 'n botteltjie Knorr se Griekse slaai sous oor dit. Plaas die bak onbedek in koelkas, draai vleisie elke dag om, sodat almal lekker in die sous kan le.

Na 3 of verkieslik 4 dae is die ou vleisiekie nou lekker ryp en deurtrek van die asyn en olie met so bietjie kruie smakie.

Terwyl jy wag vir die vuur om reg te kom kan jy solank so 300 gram botter met so 20 ml vars suurlemoen sap smelt' Krui ook solank jou vleisie, weer net vars gemaalde sout en lekker growwe vars gemaal de swart peper.

Waneer jou vuurtjie nou mooi reg is met WARM kole, die rooster moet ook al amper rooi gloei van die hitte, plaas jy die vleisies op die rooster. Die vuurtjie mag dalk vlam maar so "Flame grilled" steak is net lekker! Verf die vleisie gereeld met die gesmelte suurlemoen botter. Na uiters 4 min  [3 is beter] draai die vleis om, bly dit gereeld verf met die botter.

Nog 4 min aan die tweede kant en haal af van die vuur. Weer, dit is uiters belangrik om die vleis te laat rus, soos bo genoem as die vleis sap uit loop dan sit jy met 'n droe stuk skoensool, wat jou 'n hele paar R uit die sak gejaag het!

Ek hoop julle geniet my ou reseppies, maar so oor die jare geleer, ek het geen kook boek of iets nie werk maar uit my kop, dus proe my goed met elke maaltyd anders.

Port Elizabeth

Antie

Fri, 22/09/2017 - 13:39

Lyk my jy is 'n bobaaskok Arie.   Lekker smaaklik maar maklik en met min bestandele.   

Ja, jy moet die regte vleis hê.  Dit is waar mens jou soms vasloop.   Dit is darem 'n groot teleurstelling as jou steak nie sag is nie.   

Ek is darem bly om te sien daar is iets wat jy vir Petra doen. wink

Dankie vir die deel.   Ek maak meeste van die tyd 'n sampioen, of peper, of barbecue sous, sal volgende keer suurroom gebruik.  Hou daarvan op 'n gebakte aartappel ook.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 22/09/2017 - 14:35

Room 'enhance" die smaak van bees, en suur room sit net so effense ander smakie by.

Soos ek se ek hou nie van souse of kruie wat die vleis se smaak verbloem nie/

Ja ek geniet kos maak, maar sonder fieterjasies en goet wat ek op die vuur of buite op die 'Amacooka" kan maak. Verpes 'n stoof.

Moet asb nie dat Petra agterkom ek kan kos maak nie, sy dink ek kan nie eers water kook nie, so sy moet maar al die kos maak, doen dit net as ek alleen ischeeky

Secunda

Sleep nou

Fri, 22/09/2017 - 20:12

Arie jy slaat hier uit as master chef nee wat Petra moet hiervan hoor of hoe se ek