Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -3 hours ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -3 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -4 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -4 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -4 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -3 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -4 hours ago

WilSur by Shingwedzi

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Wed, 27/09/2017 - 08:33
Forums

Ek het dit goed gedink om 'n bietjie druk op Willem te plaas om ons op hoogte te hou van hulle komende Wildtuin-trippie oor 'n paar dae  -  daarom het ek maar hierdie draad geskep.

Vir die wat nie weet nie, so gaan Willem-hulle in die Wildtuin ry, vanaf Phalaborwa tot by Shingwedzi, die tweede verste kamp noord in die Wildtuin.

.

En Willem, so lyk Phalaborwa-hek waar julle ingaan:-

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 27/09/2017 - 09:46

Dankie Len,

Ja jy het my voor gespring.

Ek ken darm die hek, laas daar in toe ons by die Eiland gestaan het en voor dit toe ons by Letaba gestaan het.  As kind het ons baie voor daai hek verby gery met die fietse.

Die plan is om Vrydag Wijan by die skool te kry (voor 09:00) en deur te ry tot by Safari Park voor die hek.  Dan wil ek gou die Wild Kaart gaan uitsorteer sodat ons lekker vroeg Saterdag Oggend kan in gaan om 'n geskikte plek te kry om te staan.

Ek kan nie meer wag nie, voel soos 'n kind wat see toe gaan vir die eerste keer.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 27/09/2017 - 11:03

Ek kyk nou op die kalender, maak nie saak of ek vandag of Vrydag my Wild Kaart betaal nie ek gaan volgende Oktober vakansie mis, dis 'n jamerte.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 27/09/2017 - 11:21

Willem, al genade dan is die skoolvakansie in Julie !

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 27/09/2017 - 11:28

Len ja, maar hy is seker ook klaar vol.

Het toe sommer online die betaling gedoen en uit gedruk, nou kan ons rustig ry Vrydag en nog sommer 'n braai inwerk voor ons Saterdag in gaan.

Secunda

Sleep nou

Wed, 27/09/2017 - 12:22

Willem daai is ook n spar so 300m voor wiltuin hek met groot mense apteek as jy iets vergeet het julle moet geniet

Secunda

Sleep nou

Wed, 27/09/2017 - 12:24

Willem daai is ook n spar so 300m voor wiltuin hek met groot mense apteek as jy iets vergeet het julle moet geniet

Port Elizabeth

Antie

Wed, 27/09/2017 - 15:23

Wilsur, ek glo julle is al opgewonde.  Wijan sien seker ook baie uit daarna.   Dit is lekker dat Len wys hoe julle gaan ry.   Hoe lank vat dit nou om te ry vanaf die hek na jul kamp?   Ek hoop julle spring sommer weg met mooi diere sien oppad na Shingwedzi.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 27/09/2017 - 20:23

Dit is 135 km teerpad vanaf Phalaborwa-hek tot by Shingwedzi.  Die spoedgrens op teerpaaie is 50 kpu, maar dan sien jy niks nie, behalwe as iets oor die pad loop of reg langs die pad staan.  Die algemene gebruik is om 30 kpu te ry en dit gaan julle dan 4½ uur neem.  Op 30/9 wanneer julle ingaan maak die hek om 06:00 oop (vanaf 1/10 om 05:30), dit beteken julle kan 10:30 in Shingwedzi wees  -  heeltemal vroeg genoeg om 'n lekker plek te kry van mense wat pas opgepak het.  Om voorsiening te maak vir mooi besigtigings langs die pad, ry 'n gemiddeld van 40 kpu want dan het julle nog steeds tyd om by wild stil te hou.  Ek stel voor probeer om 05:00 voor die hek te staan dat julle naby eerste bedien gaan word. Daar gaan heelwat wildbesigtiging voertuie met toeriste-dagbesoekers voor die hek staan want dis Saterdag.  Suret moet saamgaan na die hek kantoor, alle volwassenes in die kar moet 'n vorm teken. Terwyl sy wag kan sy sommer die Wildtuin Kaart-boek koop teen R80 (die Afrikaanse uitgawe van April 2017 deur Honeyguide Publications).  As die kantoor dit nie het nie, moenie iets anders koop nie, wag dan eerder tot by Shingwedzi.

As julle kort na die hek geopen het kan deurkom, gaan julle baie wild so vroeg in die oggend op daardie pad sien.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/09/2017 - 08:42

Willem, kyk 'n bietjie op die link hieronder  -  wees baie versigtig vir oop vensters naby wilde diere  -  veral bobbejane.  Hierdie link wys hoe 'n volgroeide bobbejaan mannetjie binne-in 'n voertuig gespring het en alle probeer eet wat hy in die hande kon kry.  Die insittendes moes uitspring na 'n ander voertuig totdat die bobbejaan uitgeklim het.  Daar was ook 'n jaar gelede waar 'n luiperd die bestuurder van 'n oop wild-besigtiging-voertuig aan die arm gegryp het.

https://www.facebook.com…

Dis redelik ver af ondertoe op die webblad  -  'n duidelike foto waar die bobbejaan binne-in die kar sit.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 28/09/2017 - 14:14

En daar neuk die disprin als weg toe ek die 2de foto kies ?  Kom ek probeer weer.

Die Ford en Exclusive staan reg vir môre oggend se rit KNPark toe.

E

Besluit vanoggend om die bande se druk na te gaan na ek die ander dag nuwes op gesit het, als reg.  Besluit om die spaar uit te haal uit die neus, maak die sak oop en daai band het nie een kraakie op nie, druk was af tot 2 bar, pomp hom en sit terug.

Besluit toe om die Ford se spaar ook na te gaan aangesien ek die bande se druk by die vulstasie na gegaan het.  Tot my verbasing geen druk op ky meter nie, haal hom uit, ja pap.  Dit is die een wat ek laas ook laat reg maak het omdat hy ook pap was toe ek hom nodig gehad het, hoop hy hou die keer.

Die 3B staan ook gereed vir sy inwydings kamp met my een dogter hulle volgende naweek.  Pa is maar bekomerd omdat ons nie hie is om toe te sien als wat ek gepreek het word gedoen nie.  Maar hulle moet ook seker leer.

B

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/09/2017 - 15:25

Jou bekommernis en "gepreek" met die kinders voor hulle met hulle eerste trippie met die 3B vertrek, is 'n identiese storie toe my middelste spruit eerste met hulle karavaan, toe my jongste spruit met my reggemaakte Super Sport Wildtuin toe is en 'n jaar of wat later toe my oudste seun (nou die eienaar van die SS) op hulle eerste trip vertrek het. Trouens, elkeen het 'n uitgedrukte e-mail gehad van Pa se instruksies van moets en moenies.  (Nou gaan Freda weer sê sy is uitasem na so 'n lang sin !)

Jou kinders bly maar jou kinders al is hulle hoe oud !

Daardie twee waens pas darem soos sardiens onder die afdak in !

As ek so by die deur inloer, lyk dit vir my of Wijan se bed ook al opgemaak is.  Ek sien ook die Exclusive se wiele is mooi gepolitoer, dit lyk sommer smart.

Het jy onthou om die lugversorger binne-eenheid se filters te was en die eenheid met 'n haardroeër uit te blaas ? Die lugversorger moet mos behoorlik werk daar in Shingwedzi se lekker Oktober-hitte !

Nouja, geniet julle vakansie en ek hoop julle gaan sommer baie wild sien.

Hier is ons staanplek verlede jaar in Shingwedzi.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 28/09/2017 - 15:54

Dankie julle, ek kan nie wag nie.

Len, ja Wijan se bed is en bly altyd opgemaak.  Jong ek het vergeet om die binne filter skoon te blaas, hoop hy is nog reg.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/09/2017 - 16:22

Willem, los die blasery want alles is reeds netjies reg in die karavaan.  Maar jy kan maklik die deksel oopmaak, die twee siwwe uitknip dit gou met water afwas en weer terugsit  -  'n 5-minute joppie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 28/09/2017 - 20:44

Willem julle moet mooi ry en geniet oom Paul se plaas, hoop maar jy sien nog die voor julle kooi toe gaan.