Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57138 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -10 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -9 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -1 hour ago
Slowstrike---Lucky strike Julie 2019 - Koffiekroeg wessels -1 hour ago
Mirrrag!!

Danie, geniet die…
Julie 2019 - Koffiekroeg Groot G -1 hour ago
oom Wessel, moet nou nie vir… Waar is almal Groot G -1 hour ago
Ski verskoning Waar is almal wessels -1 hour ago

Hamburgers by die kamp

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Fri, 06/10/2017 - 15:23
Forums

'n Hamburger braai is tog heel lekker as jy kamp.   Jy braai die patties en almal bou hul eie burger met 'n broodrolletjie en verskeie vulsels wat jy uitpak.  Maar mens is nie altyd seker of jy lekker patties koop nie, soms maar aan die dun kant en droog.  Maak die maklike patties self:

350 gr beeswors  /  300 gr varkwors  /  350 gr maalvleis

Verwyder die wors uit die derms en meng dit saam met die maalvleis goed bymekaar in.  Voeg niks by nie.  Maak lekker groot balle en sit elke bal op 'n velletjie kleefplastiek (Glad wrap).  Vorm 'n lekker dik patty, sommer met jou hande en vou toe in die kleefplastiek.   Vries die patties.  Jy braai die gevriesde patties in 'n toeklaprooster op lekker warm kole.  Terwyl dit braai, sprinkel net liggies met bietjie braaisout en verf dit met 'n sousie wat jy sommer self aanmaak.  Moenie te lank braai nie, dit sal bros en sappig wees.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 06/10/2017 - 21:44

Die braai van patties om self-geboude hamburgers te maak tydens 'n kamp, is altyd 'n wenner.  In ons geval neem ons altyd ons vleis van die huis af saam, maak nie saak of dit 'n lang kamp is nie .  Ons het dus nie nodig om die patties te maak nie, want ons tuis-slagter met wie ons al ons vleisaankope vertrou, se patties is reeds ideaal en gevries in ons vrieskassie. (Terloops, ons slaghuis verkoop ook wors-maalvleis, dit is maar die maalvleis voor dit in die derms gestop word).

'n Variasie van die gebruiklike, ronde hamburger broodjies, is om vetkoeke te bak en dit as jou "broodjie" vir die hamburger te gebruik.  Dít is nou hemels, glo maar vir my !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/10/2017 - 08:15

Ek weet ongelukkig niks van kosmaak nie en kan dus nie eintlik jou vraag beantwoord nie.  My voorstel hierbo was om die gebruiklike hamburger-ronde broodjies te vervang met vetkoeke.  Vetkoeke word in 'n pan met olie gebak en vooraf moet die deeg geknie word. (Ek het by die kerkbasaar gesien die tannies doen dit so). Dis omtrent al wat ek weet en dit behoort moontlik te wees daar waar jy kamp as jy die regte bestanddele het.

Dis nou 'n goeie resep hierdie van 'n baas-bakker ! Ek is nogal trots op myself.

Port Elizabeth

Antie

Sat, 07/10/2017 - 08:33

Broodrolletjies kan net "gebak" word in 'n oondjie.  As jy dus nie 'n oondjie het nie, kan die deeg seker in balle gerol word en gepak word in 'n platboom pot en dan soos gewone potbrood gaargemaak word. Jy sal elke bal kan losbreek.   Soos Lennie sê, jy kan vetkoek in olie maak, jy kan ook roosterkoeke maak.  Maak hulle lekker groot en net tot gaar en draai dan toe in 'n doek om die buitekant sag te hou.   Wat die deeg aanbetref, ons koop maar altyd klaargemaakte deeg.  

Lennie, ja, ek besef meeste mense koop maar hul patties en jy is gelukkig as jy weet die patties is altyd lekker.   As jy op 'n vreemde plek kamp en patties wil hê (en jy het nie in jou vrieskas nie) dan kan jy dit so maak.   So lekker dik patty bly lekker, patties wat jy koop kan dikwels teleurstel.

Patties braai is hoe ek my tweeling bulle geleer het om te braai. 

Tot vandag toe sit ek agteroor as ons hammies maak op kamp. 

Dit sluit altyd een van ons etes in en die tjips word sommer in die Lacrousette pot gemaak op die vuur. 

Lekker man, verby!!

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Mon, 09/10/2017 - 14:03

Jy kry n lekker Pattie spice en bindmiddel mengsel te koop by Crown National. Ek koop altyd daar en maak gereeld my eie patties . Jy kan gewone mince gebruik of jou eie mince maak. Die mensel is regtig lekker , ek gebruik so twee eetlepels op vier patties se vleis,dan braai ek vooraf uie en laat dit afkoel, sit dan kaas en die uie by die mince ,ek sit ook partykeer sundried tamatie by of peppedews .

Secunda

Sleep nou

Thu, 14/12/2017 - 19:21

So hamburger terwyl n ou kamp gaan ek nou inwerk en ek glo dit gaan goedkopper wees en jy doen dit saam en jy maak almal om jou lus vir n burger of twee Arie en Chris kom in stem julle