Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -1 hour ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Sonsondergange

Centurion
Submitted by Voortrekker on Sun, 02/04/2017 - 21:04
Forums

Ek onthou op 'n ander forum was daar 'n draad waar lede hul sonsondergang foto's kon plaas en dit was altyd so mooi om te sien.

My wens is om hier dieslefde mooi weer te kan wys.   Plaas asb jou sonsondergang foto's hier.

ssss

HARRY DU RANDT:  Baie Mooi!

FREDA: 'n Mooi sonsondergang doen dinge aan my.  Om met sonsondergang op jou stoeptent te sit, met 'n "sundowner" in die hand, is een van die lekkerste dele van kamp.   Jy sien al die verskillende stadiums soos die son sak.   Ek dink die mooiste sonsondergange word gesien aan die Weskus.   Dit voel of dit hier by jou is.   Pragtige foto's, Voortrekker, baie dankie.

VOORTREKKER:

Ja Freda, nestso, met 'n skemer kelkie in die hand. Ek hou ook baie van 'n bosveld sonsondergang, so deur die doringbome met 'n vuurtjie wat begin brand.  Die foto's hierbo geplaas  is juis weskus.

Hierdie hieronder is ooskus:

ssss

FRANS PRETORIUS:

Jinne mense, wat 'n uitnodiging!!! Ek sal my alie in rat moet kry, sit seker met so 100 of meer sonsondergang fotos!!!!

Ek maak 'n plan!!!

SEGEKOK: Hier is so n paar wat ek by die vaaldam geneem het.

ssssss

VOORTREKKER: Baie Mooi -  skiestog, ek kon dit nie weerstaan nie, maar hierdie een het met my gepraat:

s

 

SEGEKOK: Daardie foto praat met my ook elke keer as ek dit sien.

FRANS PRETORIUS:

Hier is my 1ste probeerslag. Net ter inligting, dit is naby ons huis geneem by oop stuk veld, Vir afgelope 15 jaar hou ek maar laat middae die lug dop, en as daar wolke is, behoort daar mooi fotos te wees!!! Mense het al gepraat oor die ou wat bietjie "koppie-af"is, wat altyd in die veld staan met kamera. Ek probeer altyd konsentreer op ligstrale, en wolk kleure.

Ek wil dan ook net noem dat dit nou nie "aksie"fotos is nie, daar is net paar meerkatte wat weghol as ek naderkom!!

Laastens, dit is 'n ou goedkoop HP kameratjie wat vir sowat 7 jaar gebruik was, met geen zoom-lens.

ss

ssSERVAAS: Baie mooi fotos. Die mooiste sonsondergang wat ek beleef het was by Swakopmund. Ek sal bietjie die fotos moet gaan soek en hier plaas.

Dit was by Tiger Reef Beach Bar gewees.

FRANS PRETORIUS: 

Servaas het geskryf:

Baie mooi fotos. Die mooiste sonsondergang wat ek beleef het was by Swakopmund. Ek sal bietjie die fotos moet gaan soek en hier plaas.

Servaas, ek beplan om aparte draad later oop te maak met my eie weergawes van Swakopmund. My kinders bly daar, en ons het so 7 keer gaan kuier, en elke besoek se fotos was uniek. Ek stem saam dat die sonsondergange daar ongelooflik is, sowel as paar andr plekke ook in Namibië. Ons slaap normaalweg oor by  Grünau, so 5 keer by Die Withuis, by Dolf en Kinna De Wet. Daardie plek se sonsondergange, asook sonsopkoms, is absoluut in 'n klas van sy eie.

VOORTREKKER:

Dit  is baie Mooi Frans!

Ek hou baie van hierdie:

s

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 10/04/2017 - 09:07

Kom ons probeer weer regop fotos laai?

Die foto is vanaf die plaas (skoonsus se plaas) oos van Bronkhorstspruit dam geneem, die Bronkhorstspruit Dam se bo punt kan op die fotos gesien word.

Bronkhorstdam

Nog 'n foto van die uitsig. 

Dam

Port Elizabeth

Antie

Mon, 10/04/2017 - 09:35

Pragtige foto's op hierdie draad.  Of die son nou sak oor die see, 'n dam of die land, dit bly mooi.  Ek dink dit is ons liewe Heer se manier om vir ons te sê, al was jou dag sleg, ek wil jou net wys daar is nog baie mooi rondom jou.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/09/2017 - 19:57

Nog 'n goeie naand !

Sonsondergang in die Kruger Wildtuin Julie 2017 :-

.

Port Elizabeth

Antie

Sun, 03/09/2017 - 17:06

Ek kan nou nie sulke mooi foto's neem soos julle nie, het maar 'n eenvoudige kameratjie.  Hier is 'n sonsondergang by Van Stadens Riviermond en ook een oor die Keurboomsrivier by Forever Plett.

.

SA Inligtingskool, JL's 1988 te Smitsdrift, Kimberly. Ons was nog kinders in n vergete oorlog. Ek is tweede van links.

JL,s 1988 - Smitsdrift, Noord Kaap. Ek is tweede van links, nog n kind