Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57136 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -44 minutes ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -49 minutes ago
Slowstrike---Lucky strike Julie 2019 - Koffiekroeg wessels -49 minutes ago
Mirrrag!!

Danie, geniet die…
Julie 2019 - Koffiekroeg Groot G -1 hour ago
oom Wessel, moet nou nie vir… Waar is almal Groot G -1 hour ago
Ski verskoning Waar is almal wessels -1 hour ago
Wesel ek is heeltemal in die… Waar is almal ski -1 hour ago
Anton

Ek weet nie. Dis `n…
Julie 2019 - Koffiekroeg Slowstrike -1 hour ago

Natasha se skaapstertjies- NoddyX5

Centurion
Submitted by Voortrekker on Mon, 16/10/2017 - 13:49
Forums

skaapstertjie

Ai die sonde Anton.

Wat gaan Oom Dokter sê as hy daai toetsuitslae sien na daai bakkie lekkerte.

Gelukkig is dit SY probleem né.

Meyerton

Segekok

Mon, 16/10/2017 - 14:40

Kyk mens kan al die lekker in die lewe uitsny, gesond eet, al die nodige oeffeninge doen ens. ens.

Met n mooi gesonde lyf die straat oorsteek en n TAXI ry jou dood..

Dood gaan aan lekker kos...  klink vir my na n beter opsie.

 

Port Elizabeth

Antie

Tue, 17/10/2017 - 07:52

Skaapstertjies is darem 'n groot lekkerte.   Kyk,  jy suig hom af tot net 'n hopie fyn beentjies oorbly.   Die probleem is net om genoeg daarvan in die hande te kry.  Elke skaap het net een stertjie......

Secunda

Sleep nou

Tue, 17/10/2017 - 08:40

Daai stert loop soos stroop jip Freda hulle by ons ook maar skaars

Port Elizabeth

Antie

Tue, 17/10/2017 - 09:41

So sag gebak in die oond kan net lekker wees.   Die aartappels en uie seker net so lekker, gaargemaak in die stertjies se vet.

Dit help nie mens maak net 'n paar op 'n slag nie.  Wie wil nou net een skaapstertjie eet?  Jy moet 'n bak vol hê.   Wat ek al gedoen het.  Ek kook die stertjies, net in klein bietjie soutwater tot sag.   Maak dan 'n sous van die water waarin dit gekook het met blatjang, woestersous, sojasous, tamatiesous, bruinsuiker en bietjie rooipeper bygevoeg.  Dan braai jy die stertjies op die kole verder en verf met die sousie.   Die vetjie is dan lekker bros, jy kan jou vingers af eet!