Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -24 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Die Halstarrige Pot Aromat

Submitted by Frikadel on Mon, 03/04/2017 - 12:39
Forums

Desember wat verby is maak ma padkos vir ons roadtrip Kaap toe. Op Bloemfontein stop ons by die Engine One Stop en trek die padkos uit die yskas uit.

Gryp myselwers 3 kook eiers en bestook hulle met die Aromat en sit die links agter op die Hilus se bumper en vergeet dit daar. Almal klim in en ons ry weens die baie mense in die parkeerarea sommer bo-oor die baie hoe randsteen om op die N1 te klim.

So 10 kilos uit Bloem val dit my by dat die Aromat agter op die bumper agtergebly het en stoot maar deur want hy is verseker weg. Dwarswinde wat seker so 100 kilos waai oor die N1 sal daarvoor sorg en die hoe randsteen in Bloem.

Ons draai af by Springfontein om na die kinderbegraafplasie wat daar gelee is te gaan kyk en vat die grondpad van die N1 af.

Daar aangekom staan daai pot Aromat presies waar ek hom vergeet het!!! Agter op die bumper!!

SEGEKOOK: 

Daai padkos ding laat mens altyd dink aan mens se kinder dae...  Ma het altyd padkos ingepak... Gekookte eiers, wors, kaas toebroodjies en n fles koffie... En dan nog die Frikadelle....

Mens kon nog lands die pad by die tafeltjies stop en daar rustig eet.  Die FM radio is gewoonlik op die stasiewa se dak staan gemaak en dan is daar eers nuus geluister voor ons kon aangaan...

WILLEWILLEMIEN:   Goeie ou dae daardie.

Toe ons kinners was het ma ook altyd padkos gepak. Gekookte eiers, beestong, hoender en toebroodjies.

Sal nooit vergeet nie, eenkeer stop ons by die wit tafeltjie en toe ma die bak met die padkos oopmaak, krioel die beestong van die wurms. Ma het dit seker by die huis te lank buite gelaat en 'n brommer het sy eiers gele.

Nou ja, dit was die einde van daardie trippie se padkosetery by die wit tafeltjie net duuskant Winburg.

So is die radio ook eendag op die dak vergeet...  maar hy het dit nie so ver gemaak soos die Aromat nie.

FREDA:   Mens kan amper nie glo dat daai Aromat houertjie so bly staan het nie.  Hy was seker vasberade om ook Kaap toe te gaan. :-)

Ons het nog nie padkos ontgroei nie, dit is deel van ons trip.   Ons gunsteling was altyd lamskenkels en gekookte eiers.  Deesdae het dit frikkadelle en gekookte eiers geword.   Altyd met lekker koffie en broodrolletjies.

RTFM:   Ek maak graag my eie padkos.

Biltong toebroodjies met lekker bruin brood, of as die wolwe nie alles opge-eet het nie, maak ek bruinbrood broodjies met gisteraand se oorbly-steak met mostert, 'n kaas en tamatie broodjie of twee, en stupid soos dit mag klink, hou ek ook van marmite broodjies en appelkooskonfyt broodjies.  En dan lekker koffie in my Stanley fles.  Ek gooi sommer koffiesakkies in die fles saam met die water en melk, lekker sterk getrek teen die tyd wat ek dit drink

CHRIS BOUCHER:  Sowat 4 jaar gelede vertrek ons vanaf Kleinplaas, Oudtshoorn na Karoo Nasionale Park. Ons doen eers inkopies in Oudtshoorn en laai dit agter in die Hilux. Ek wou volmaak met diesel in Oudtshoorn, maar met die uitry uit die dorp is daar geen vulstasie aan linkerkant nie (en ek wou nie omdraai met die wa agteraan nie. Ek gooi toe diesel in op De Rust. Toe ek wil betaal, vra ek vir my vrou of my moffie-sakkie (mans-handsak waarin ek bykans alles dra) dalk by haar voete staan, want dit is nie op die gewone plek tussen die twee sitplekke nie. Met 'n skok kom ons agter dat my sakkie is nie in die bakkie nie. Spring toe uit om te kyk of ek dit nie dalk saam met die inkopiesakke agter in die bak gesit het nie. Groot was my verbasing toe ek om die bakkie stap en die sakkie agter op die buffer staan waar ek dit neergesit het toe ek die inkopies ingelaai het. So ook al met 'n skroewedraaier op die buffer gery vanaf Kleinmond tot in Moorreesburg (sowat 180 km).

DUSTY: Het baie jare gelede 'n klein Datsun gery. Sy Sleutel aansitter (ignition switch) was baie geslyt. Wanneer die voertuig aan die gang gesit was kon jy die sleutel weer uittrek terwyl die masjien noe geluier het. Was in die omgewing van Lydenburg en het by 'n plek gestop om iets te gaan koop. Toe ek die voertuig wou afskakel was nie nie 'n sleutel in die slot om dit te kan doen nie. Klim toe uit en loop om die voertuig. daar was die sleutel toe nog al die tyd in die kattebak se slot. Dit was 'n verligting

FREDA: 'n Klompie jaar gelede het ons in 'n hotel in Hermanus gebly.  Ons vertrek op 'n Sondagoggend net na ontbyt, so die strate was gelukkig redelik stil.  Ons neem ons bagasie uit na die motor, wat geparkeer was in die straat.   Ek het my handsak, "met my hele lewe daarin" op die sypaadjie, net langs die motor neergesit.   Ons vertrek en was seker 15 minute se ry weg van die hotel, toe ek besef ek het nie my handsak by my nie. Ons daari om, vas oortuig dit sal weg wees.   Toe ons die hotel nader,  sien ons daar staan my handsak nog net so op die sypaadjie.

LEN LOADER:  Ons kom 'n klompie jare terug met vakansie vanaf Zimbabwe, hak die karavaan af by my skoonouers op die plaas, 25km oos van Pretoria.  Die volgende môre (winter en yskoud) moet my voertuig vir 'n diens in Lynnwood geneem word en ek pak gou die rit aan. By die werkswinkel wil ek iets beduie aan die dienskonsultant en maak die enjinkap oop.  Ek hoor 'n "mow" geluid en daar sit een van die plaaskatte binne-in die enjinruim  - 25km saamgery in die enjinruimte !

DASSIE: Lekker lees stories van julle mensies .Nou kyk gekookte eiers in n koek blik mense daai reuk as jy die deksel afhaal by jou stop plek lol. Laat my dink aan die storie oor die ou en sy vrou wat ook so stop by 1 van daai wit tafeltjies so langs die pad .Mamma haal die mandjie met die kossies uit en pak alles op die tafel en hulle het te lekker .Daai tyd het almal wat verby ry getoet en gewaai mos vreeslike vriendelike mense gewees daai jare .Die ou Oom het valstande gehad wat hom baie seer gemaak her en so haal hy dit uit en sit dit ook op die tafel en eet sommer so met die gums .Klaar ge-eet pak Mamma alles terug in die mandjie en daar trek hulle .Na so ent se ry besef die Oom ohhh hel my tande le nog op die tafeltjie en hy draai om om dit te gaan haal .By die aftrek plek gekom tref hulle daar n pikkanien aan met die grootste bek tande wat hulle ooit gesien het .Die Oom click dat die pikkanien sy vals tande in sy bek gedruk het en nou sit dit vas .Nou die pikkanien is half skrikkerig vir die oubaas en hardloop weg maar met die tande wat so half sy suurstof gebruik belemmer kom hy nie te ver nie en die Oom haal hom in .Nou wostel hy en die pikkanien dis eers vingers in die pikkanien se bek maar die tande sit .Die Oom haal sy knipmes uit die pikkanien se oe raak soos pierings want dit lyk of oubaas sy bek gaan oopsny .Die karre wat toe verby ry begin toeter te blaas en mense skreeu onwelvoeglike woorde  op die oubaas wat die worstelinde pikkanien vashou met die mes in sy hand .Genadiglik kry die oubaas sy tande uit die pikkie se mond klim terug in sy kar nadat hy hom die woorde Jou maaifoedie toegevoeg het vat hy die pad .Tot vandag toe nog wonder hy oor wat  die mense wat daar verby gery het en die petalje aanskou het gedink het .

SEGEKOK: Sal ek nou bly wonder wat het hy daarna met die tande gedoen?

ARIE: As ek hy was sou ek dit maar in soutsuur gesit het!

DUSTY: Arie,
Na die soutsuur kon hy dit vie die tandemuis gegee het. Sou almal af geval het