Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119699 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Weervoorspelling. Oktober Karoo kuier neef Herman -5 seconds ago
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -11 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -12 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -13 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -13 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -14 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Submitted by Johann L on Mon, 04/12/2017 - 18:13
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Vaalpark

Johann L

Tue, 05/12/2017 - 08:51

Ek trek in ‘n huis in met ‘n kragomheining. Ek sluit die skuifhek met die ketting en slot een aand en wonder of hierdie heining regtig werk en vat aan die draad……. ek toets die krag.
Keerhomkiekeesis !!.......en die krag toets my !!
Dit smaak my iemand slaan my met ‘n hamer voor die kop – ek sien net krismisbome en blitse, ek sweer Vader Krismis was daar in lewende lywe. Elke voet en been probeer wegkom in sy eie rigting. Ek hoor ‘n applous van ‘n skare waar daar nie eers ‘n konsert bestaan nie – ek dog die Bokke het ‘n drie gedruk ! Die snot hang tot by my ken, dit smaak my my toonnaels lê oorkant die pad. My elmboë het nie velle nie. My kop het ‘n knop maar ek het nie eers geval nie. Dit smaak my my hande het my arms verlaat. Ek voel soos ‘n verkleurmannetjie - my oë het elkeen gekyk net waar hul wil. My ore is so groot soos twee perlemoenskulpe, maar ek hoor niks – soos wat ‘n ou sy .308 hier reg langs my ‘n skoot afgetrek het sonder waarskuwing…….dit sing soos ‘n eskader sonbesies in my oor
Dit is nou amper twee weke gelede en met tye ruk my voete nog steeds soos ‘n ou Bulldog Lantz trekker in reverse gear – probeer wegkom van iets baie gevaarlik. Ek is te bang om die lig aan te sit, netnou is dit weer krismis bome en klokkies……..Die Jockey Jnr moes ek weggooi…. Omo het liederlik gefaal…
Asb, as ‘n draad sê “DANGER”, "GEVAAR" ... pasop!.... Moenie jou luck try nie!......

Luister, jy is nooit te oud om te leer nie!
Eerder Bangjan as dooie Jan!!!

Centurion

Dusty

Tue, 05/12/2017 - 09:44

Johann,

Toe my skoonsus nog op die plaas was moes ek eenmiddag iets in die stoor gaan haal het. Dit beteken by die agterdeur uit, op met die skuinste tot by die klein hekkie en dan deur due hekkie. die hekkie was ook deel van die omheing wat ge-elektrifiseer is. dit het nog die dag gereen en ek het die sambreel gebruik om uit te gaan. Het vergeet die punt wat bo die sambreel uitsteek is ook metaal.

By die hekkie gekom, dit oopgemaak en deurgstap. Met die deurstap druk ek die bo-punt van die sambreel bo teen die elektriese heing se onderste draad. Die klap my toe so hard dat ek plat op die grond val met my agterent papnat van die water wat daar verby gevloei het. Gelukkig was dit net 'n vinnige raak en nie 'n vashou met die hand nie maar was genoeg om my hard te klap.

Secunda

Sleep nou

Tue, 05/12/2017 - 13:47

Krag kan jou lekke byt die arme Smart kar nooit weer op die pad sien nie

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 05/12/2017 - 16:49

Jare gelede, toe ek nog baie jonger was en met ons eerste besoek aan KNP, besluit ek toe mos ek wil sien of die draad om die kamp regtig ge-elektrifiseerd is.   Ek het 'n bak, met geskilde groente in my een hand en vat die draad met die ander hand.   Die ding skop my, ek laat val die bak aan die ander kant van die draad.  Weet tot vandag toe nog nie of ek hom gegooi het of wat nie.  Die volgende oggend was die groente alles opgeëet en een van die werkers het die bak nader gehark. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 05/12/2017 - 17:29

Ook jare terug het ons 2 volstruise gehad op 'n kleinhoewe met elektriese heinings.  Hierdie was wilde mak volstruise en het daar groot geword, 2 frustreerde mannetjies.

Nou vir die wat al die volstruisplase in Oudsthoorn besoek het as kind, sal soos ek onthou hoe die "handlers" 'n kous oor die volstruis se kop trek, en dan is daai voeltjie so mak soos 'n budgie.

Terug by die kleinhoewe, kry ek toe eendag die idee om die move aan my kolegas te demonstreer - nie met 'n kous nie, maar met 'n oudtydse materiaal banksak - 'n volkskas een.

So kom staan die 2 volstruise so teen die gebou, ons was hoër as hulle.  Soos die een nader kom en wil pik pik na my kant toe, plaas ek toe die banksak oor sy kop.

En toe gebeur die teenoorgestelde!  Die ding skrik, en toe hy skrik, toe skrik sy maat.  En toe sy maat sien dit is 'n eienaardige gedierte met 'n wit kop, toe begin hy hom storm en skop.

En daar laat waai die 2 volstruise, terwyl ek bekommerde sweet uit tap dat die een die ander gaan doodmaak!  

Om dinge toe erger te maak, hardloop ou koploos toe in die elektriese heining vas (of in). En  daar begin die witkop gedierte skop soos hy skok terwyl sy maat met alle mag probeer doodmaak, die ding!

Gelukkig, haak die banksak vas en trek volstruis toe sy kop uit, en eweskielik was alles stil, assof niks gebeur het nie en het hulle doodeenvoudig aangegaan en pik pik pik assof niks dit 'n normale dag was. smiley

Ha ha ha Auntie Frieps jy weet jy mag nie die wilde diere voer nie .Shame ek sien in my geestes oog die bak en groente so vlieg oor die draad .Ook met my gebeur by die Kruger ek staan by Berg& Dal en stap die voetpad al langs die draad want daar was n meneer van n olifant reg langs die draad .Nou wil ek n foto neem maar die draad is hoer as ek en wil nou nie foto van draad en die olifant afneem .Steek my hand op hoog sodat oor die draad is en kliek .Met die gekliek sak my hand af totdat dit teen daai boonste draad raak .Flip it toe daai skok my vat toe kliek my finger op daai kamera dat ek dog die shutter het geseize .Kyk daarna of my foto's geneem is die laaste klomp was net so wit blur en blou lug he he h e

Vaalpark

Johann L

Tue, 05/12/2017 - 19:54

Arme volstruis, ek sien in my geestes oog hoe hol hy soos 'n afkop hoender?

Freda, so jy is die een wat die wild (onwillikeurig) voer?

Dusty, ek dog mens maak nie 'n sambreel in die huis oop nie, nou weet ek om ook die elektriese omheinings te vermy.?

Dassie, iets soort gelyks het het my ook gebeur, ek wou 'n meerkat by die werk afneem (ons het 'n besigheid vanaf 'n plot gedoen), my sel foon werk nog steeds na 4 jaar. Ek dink daai charge het dit vol lewe geskop.?

Secunda

Sleep nou

Sat, 09/12/2017 - 18:07

Johann die brakpan partjie pas so mooi saam sien hulle mekaar raak met daai kontak lense offie is dit brille

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 09/12/2017 - 21:27

Daai Brakpanners se oë laat dink my aan die grappie van die boer wat baie skeel was.  Eendag sê hy vir Jonas om'n paal vir hom vas te hou waarin hy spykers wil kap.   Jonas lyk toe gladnie lus om die paal vas te hou nie, maar die baas het gepraat so hy doen maar so.   Die boer hou die spyker en toe hy so mik met die hamer om te kap, vra Jonas baie benoud:   "Auk baas, kyk baas waar baas kap of kap baas waar baas kyk?"

Amper vang jy my met daai 1 ek onthou die groot 5 soos gister laugh