Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -50 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Segekok se oorskiet pap

Meyerton
Submitted by Segekok on Fri, 22/12/2017 - 10:04
Forums

Wel ons almal het al teveel pap gemaak vir die braai.

Gisteraand het ek vir my en Hel1 n skaap tjoppie met pap en chakalaka sous gemaak en natuurlik teveel pap.

Vanoggend was ek lus vir iets anders het, het toe met die plan vorendag gekom.

PAP

 

Die pap is mos nou klaar koud  en ek eet nie koue pap nie. Ek het klein blokkies kaas gesny , die pap in bolletjies gerol en die stukkie kaas binne-in  toegerol. Die pap bolletjies word dan in geklitste eier gerol en dan in die beslag. ( ek het sommer klaar gekoopte Chilibite mix gebruik. Ek weet daar is sommer nog baie ander soorte van die beslag beskikbaar. Tot fyn gemaakte Kellog’s krummels sal ook werk.)

Diep braai in olie tot goudbruin...    Plaas op handdoek papier net om seker te maak daar is nie te veel olie nie.

Bedien saam met van die oorskiet sous ( as daar is) of sommer enige ander sous van jou keuse.

Vinger lel lekker seg ek vir julle.

 

Port Elizabeth

Antie

Fri, 22/12/2017 - 14:29

Mmmm, dit klink heerlik.  Mens kan spesiaal pap kook om sulke balle te maak.   Bietjie gebraaide bacon ook daarby ingeroer, sal lekker wees.

Ek het nou die dag op TV gesien hoe iemand oorskiet Macoroni & Kaas in sulke balle maak, dit in eier en broodkrummels rol en dan diepbraai.  Met ook ekstra blokkies kaas ingedruk.   As jy dit oopbreek, dan ooze die kaas so uit.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 22/12/2017 - 16:32

Heng ou Deon, nou is ek so lus vir lekker pap, gaan sommer more aand ekstra maak, net om oor te hê vir die blink idees.