Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -7 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -9 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -21 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -32 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -44 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -45 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -48 minutes ago

Lippe lek lekker fillet

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Sat, 06/01/2018 - 17:10
Forums

Jy benodig 'n stukkie fillet van so plus minus 30cm vir twee persone, kry maar 'n lekker dikkerige stukkie.

Sny die fillet so oor sy lengte omtrent so driekwart deur, en vlek dit oop. Meng so twee tot drie teelepels Coleman se Engelse mosterd poeier met 250 ml dubbel room griekse jogurt. Moet die plain ene wees nie daai gegeurde goed nie, en asb nie "light" of sulke goed nie, net griekse of Bulgaarse jogurt werk maar dit moet die dubbel dik wees. Daai goed eet ek sommer so deur die dag vir poeding so lekker is dit.

Elk geval smeer daai oop gevlekde fillet goed met die jogurt en mosterd mengsel en laat oornag in yskas staan.

More middag haal jy daai fillet uit en pak so 200gram lekker vet beesmurg in die middel, rol die fillet weer mooi toe en bind met toutjies vas. Rol in growwe sout en peper na smaak.

Plaas die fillet op 'n baie warm vuur [kole] en skroei reg rondom tot mooi geseel, lig die rooster so effentjies en braai so 2 min aan 'n kant, onthou die ding is half ronderig so daar is vier kante, dus as my graad 3 wiskunde reg is sal dit so 8 min wees. Die murg behoort dan heeltemaal in die fillet ingesmelt het.

As jy dit reg gedoen het hoef jy nie te kou nie daai vleisie smelt sommer so vanself in jou mond! Bedien met lekker growwe mielie pap en en so lekker tamatie en uie sousie, man hoe honger raak ek nou!!!

Port Elizabeth

Antie

Sun, 07/01/2018 - 13:58

Mmmm, dit klink jammies.   Julle sal dit moet maak by Mabalingwe.    

Ons het al die fillet marineer in 'n sous en dan so gestop met oesters (uit 'n blikkie).   'n Carpetbagger.

Secunda

Sleep nou

Sun, 07/01/2018 - 14:38

Om vir my kos te gee is so maaklik vleis eiers en pap Arie ek glo die resep van jou gaan loop soos stroop