Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -2 hours ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -3 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -3 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -4 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -4 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -3 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -3 hours ago

Woensdae Vrydae en Saterdae is mos vleisbraai

Secunda
Submitted by Sleep nou on Wed, 31/01/2018 - 05:20
Forums

More julle by die mollers is woensdag en saterdag mos braaidag so ons braai vandag pofadder en twee portugese hoender met n slaai hoop julle hou ook die braai tradisie aan die gang dis mos deel van ons DNA vertel bietjie braai julle ook op die dae of enige ander dag en wat braai jy 

Meyerton

Segekok

Wed, 31/01/2018 - 08:50

Ek het Saterdag gebraai.  Eerste keer in 6 mde en ek glo nie ek gaan weer braai voor die bure se katte nie groot genoeg is nie.smiley

Ons braai maar selde. Net as ons mense het.  Braai nie eers altyd as ons kamp nie.

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 31/01/2018 - 10:23

Om anders te wees is goed. Probeer gerus laugh 

 ek wou sê daar kort duidelik iets in jou opvoeding en dat jy dalk skoolgeld moet gaan terug vra, maar die woord "anders" het meer diplomaties geklink?

...en na gister se verlore insette moet ek seker maar lig loop voor ek hier verban word devil

Nee kyk Segekok, ek het jou altyd gesien as 'n groot braai man wat verskeie versamelings braai tange en geriewe het.   Hierdie nuus dat julle selde braai kom nogal as 'n 'surprise'

Port Elizabeth

Antie

Wed, 31/01/2018 - 11:11

Ons het 'n binne braai.   Dit word bietjie warm in die somer.   Ons kan ook in die tuin braai op 'n draagbare braai maar is soms te lui om alles uit te dra.   So, in die somer gebruik ons meestal die weber buite vir heel hoenders of 'n boud of ribbetjie, maar net gedurende die dag.

In die winter maak ons baie vuur binne, al braai ons nie eers nie.   Ek sal vyf keer 'n week braaivleis kan eet maar ongelukkig het Colin 'n vernouing in sy slukderm en kan gladnie meer braaivleis sluk nie.   Ons braai dus nie meer so gereeld nie, maar hou van braai as ons mense kry.  Colin braai darem net vir my, hy geniet nog steeds om dit te doen.  Ek kry hom nogal jammer want hy kry lus vir die vleis.

Jozie

It'l Dodat

Wed, 31/01/2018 - 11:11

   ek kan dit ook nie glo nie!

Self n ou fleisie inni braai-pan oppi stoof? is dit ook nie "braai" nie?

Pretoria

Slowstrike

Wed, 31/01/2018 - 12:40

Ons braai darm so 2 maal per week sou meer as ek kon maar ek kon nog nooit pasta reg gaargebraai kry nie. Gebraaide groente is vir my net so lekker.

Tante Freda moet maar vir oompie Collin `n pannetjie gee om mince in te braai dan is al sy moeite nie net om jou vleisie gaar te kry nie :) en hy het ook `n vleisie om te eet

 

Groetnis

Centurion

Voortrekker

Wed, 31/01/2018 - 13:09

n pannetjie gee om mince in te braai.

 ek wou vroeer voorgestel het dat auntie Frieps  dalk die tjoppies en vleisies lekker sag kou en dan vir Colin soos 'n voël kuikentjie  voer?

Ons braai ook elke naweek, heel naweek, en soms op n Woensdag af en toe.

Elke Saterdag aand, tjops, sosaties, word, braai broodtjie, slaai ens.

Elke Sondag laat middag/aand ook, maar hier wissel ons dit tussen steak braai op kole, potjie kos of hoender in die Weber.

So af en toe op n Woensdag sal ek n vuur aansteek en wors of patties braai vir burgers of boerie rolls.

Braai bly lekker

Secunda

Sleep nou

Fri, 16/02/2018 - 06:45

Hier by die Mollers in Secunda is woensdae / saterdae en soms enige ander dag braai dag. Hoop van harte julle braai ook more ek hou julle dop geniet daai braai

Port Elizabeth

Antie

Fri, 16/02/2018 - 10:12

Ja, spot maar met my en my Kolliehond!   Die enigste vleis wat hy inkry is as ek sop kook, met baie vleis in, dan blitz hy dit.   Glo dit of nie!laugh    So, hier word winter en somer sop gekook in die huishouding!

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/12/2018 - 04:15

Dis woensdag laat die vure brand geniet n vleis op die kole en kuier net lekke saam wink