Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -38 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -8 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -8 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -8 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -9 hours ago

WilSur se Buite Opwas plek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Wed, 31/01/2018 - 12:59
Forums

Met die Exclusive en Classique is dit maklik want die badkamer sit agter en die warm en koue water is reeds daar.

Ek het in 2008 die foto's van Johan Grobler (Fielies) iewers gekry en dit altyd in my agterkop gebêre.  Ek het reeds so kappie by die voor ruit toe die lugversorger nog in die neus was, maar hy help ook baie vir die son op daai groot ruit vernaam as daar nie ander vorm van koelte is nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 13:06

Ek het twee tuinslang koppelings met stoppe angter in gesit met 'n kragpunt vir die kraan.  Moet nou net die water onder die karavaan koppel, moet net die "T" stukke gaan kry.

Omdat ek wag vir onderdele het ek so bietjie kop gekrap om die kraan wat ek uit die kombuis uit gehaal het tussen die twee opwas bakke te sit.

Ek het besluit ek gaan nie die wasbak agter teen die karavaan sit nie.  Ons gaan steeds die opwas raam gebruik.  Ek gaan net die water van die karavaan af kry want die karavaan se water tenk word vol gehou met 'n "level switch", so ek skakel net die los kan uit en kan dan warm water ook gebruik.

As ek die opwas onder die tent of rally wil sit is dit maklik ek gaan vir my twee verleng pype (so 3 of 4 m) maak wat ek dan net koppel aan die wasbal pype en die karavaan.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 13:07

Terugvoering ...

Skierlik het ek gesukkel met die water druk en het orals raad gesoek want dit het kompleet geklink asof daar 'n "air-lock" in die pomp was.  Toe kry ek die raad om te kyk na die "non-return valve" soms maak hulle die klampie te vas en dan kan die klep nie lekker werk nie.  Toe kry ek dit, die klampie het op die punt gesit en die kleppie kon nie behoorlik oop maak nie waarom die dun straaltjie water.

Maak toe die die pypie warm en druk hom mooi oor en sit die klampie nie te styf vas nie, toetes die spul en dit werk.  Want by Bakgatla was daar so min water dat Wijan nie kon stort in die karavaan nie.

By Hartbeeshoek aan gekom vir ons week se kamp, slaan als op en toets die water weer, te lekker want daar is nou lekker warm en koue water agter by die wasbak.

Later sê Surette van die LED ligte wat ek in gesit het werk nie en dan werk dit weer.  Soek rond en later is daar een van die "fuse" wat geblaas het, vervang hom maar iets pla nou al vir 'n lang ruk want dit wil voorkom die sekering maak nie lekker kontak nie.  Kom akter soms werk die ligte en soms nie en Surette kla skierlik daat is nie water by die agterste wasbak nie.  Die pomp loop want jy hoor hom en soms klink hy anders en so sukkel ek voort sonder water.  Later loop die pomp nie meer nie, kyk na die sekerings en hulle is reg maar is steeds nie gelukkig met die wat dit nie alteyd kontak maak nie.

Daar kry ek die gedagte en maak die pen oop en die binne veer is die plan, knip hom toe in 3 dele sodat hy in die doppie van die sekerings kom teen die die sekering, sit die eerste een in en daar is die kontak sommer van die begin af reg.  Toe verklaar dit hoekom die pompie anders geklink het want hy het soms nie genoeg krag gekry nie en dan het hy nie lekker gepomp nie, tot dit telaat was en die pomp die gees gegee het.

So haal ek toe die pompie uit na ek al die water soes uit tap, toets hom dierek op die battery maar hy is dood.  Bel Pta. Karavaane R699.00, bel Brits Woonwaans en die prys is dieselfde R699.00  maar gelukkig gee hulle toe darm afslag.

Nou moet ek net die pomp insit en hoop al die probleme is uitgesorteer.

Op die ou pomp staan daar "High Flow Pump" en op die nuwe een staan daar "Premium Pump" en in die inligting stuk praat hulle ook van "Booster Pump"

Nêrens kan ek agterkom wat is die verskil tussen die twe name vir die pompies nie.

Weet iemand dalk ?

Het vriend "Google" gevra en die volgende gekry, sien ook dat die fabriek het die groter een gebruik maar die winkels verkoop die goedkoper een wat swakker is, mens kan net nie wen nie.

Code                     Name                                  Pump    Type

GP1692                 High Flow Inline Pump     16 lpm   12 V d.c. Inline

GP1392                 Premium In line pump    13 lpm   12 V d.c. Inline

 

Willem, ek lees nou eers jou kommentaar van 2 Mei (die eerste een) maar verstaan nie mooi wat die probleem met die sekering was en hoe jy dit reggestel het nie. Wat bedoel jy met "....en maak die pen oop en die binne veer is die plan..."

Hy het nie lekker kontak gemaak nie toe vat ek een van die Big penne met 'n veer aan die voor punt wat ek geknip het en hu pas binne die "fuse holder" en druk teen die sekering en die binne punt om lekker kontak te maak. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 13:09

Die dakkie is gemaak en werk baie lekker, hier het ons gekyk of die spasie genieg sal wees as ek die "Lapa Screen" opsit en dan hoegroot area het ek nodig.  Die skewe dakkie is met die doel om die water (sou dit reën) weg te vat van waar die verkeer sal wees.

Centurion

Voortrekker

Wed, 31/01/2018 - 13:13

Dankie Willem!     Freda hierso is jou begeerde opwas kombuis plekkie yes

Pretoria

Slowstrike

Wed, 31/01/2018 - 15:03

Ja nee sommige mense kan(al lankal) die res of baie van ons wil nog graag op hierdie vlak ingerig wees.

Ek het ook so dakkie agter laat maak maar helaas nog nie kans gekry om hom uit te toets nie. Het so effe van `n vermoede hy gaan te laag wees om regop onder hom te kan staan maar daar sal `n klomp goet gebêre kan word

Groetnis

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/10/2018 - 11:00

Riaan, hier is my buite oowas.

Daai deel waaraan die kraan kom hou daai stand stewig en net voor die droog rak het ek destyds 'n staal kabel ingesit om te keer dat hy te vêr oop gaan en die droog rak deur val.  Dit het jare terug by die Eiland gedeur toe ek nog die Regal gehad het.

I

Ek het ook die ander twee die regte lengte gemaak.

I

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 04/10/2018 - 15:46

 Ons kamp al jare met die ondervermelde affêre, met 'n diep wasskottel en droograk wat vinnig op/afslaan en perfek werk. Opgelaan neem dit bitter min ruimte op in die stort terwyl ons reis.   Enigste probleem is mens benodig 'n tweede skottel om die seepwater af te spoel en dit plaas ons sommer op 'n staal-staan-skinkbord langsaan.  Baie stewig en het nog nooit omgeval nie en dis so ontwerp dat die wasskottel op geen manier kan deurval nie.

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 04/10/2018 - 20:09

Hier is myne, met die water verwarmer aan geheg. Om dit stewig te hou, slaan ek net een reguit pen aan elke kant oor die pote in. Met die nuwe 60 L mobiele waterkan, kan ek die opwas nou sit net waar ons dit wil hê. 

Wasbak

 

Centurion

Dusty

Fri, 05/10/2018 - 04:25

My opwas eenheid is net soos Johann sin maar sonder die "geyser". Ek het n deksel vir myne gemaak en dit is toe wanneer dit nie gebruik word nie.

Eenhei wanneer nie gebruik word nie

Opwas 1

Wanneer in gebruik

Opwas 2

Centurion

Voortrekker

Fri, 05/10/2018 - 06:26

Ek stem saam met Riaan, daar is 'n paar windgat manne / buite kombuise hier.  Ek neem aan julle moet die opwas werk so gemaklik as moontlik vir julle wederhelfdes maak? laugh

Centurion

Dusty

Fri, 05/10/2018 - 07:23

 Ek neem aan julle moet die opwas werk so gemaklik as moontlik vir julle wederhelfdes maak?

Anton, dit is om dit vir onself ook gerieflik te maak . Ek glo dat wanneer ons kamp dan kamp ons en nie net ek nie. Doen alles saam soos kos maak, skottelgoed was ens.