Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57243 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Verjaardae Chris Boucher -1 minute ago
Gegroet hier vanaf Eiland… Julie 2019 - Koffiekroeg Chris Boucher -9 minutes ago
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -43 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -1 hour ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -1 hour ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -1 hour ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago

WilSur se 2011 Exclusive Varswater Tenk

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Wed, 31/01/2018 - 15:42
Forums

Water tenk veranderings.

  • Ek het al met die Classique gesukkel om te sien wanneer die water tenk oorloop want dit was reg onder die karavaan en as die grond afdraande was na die tent en jy mis die oorloop dan was die water in die tent en was ek nie die gunsteling nie.
    So het ek die oorloop verleng om tot by die karavaan se sykant te wees, teenoorgestelde kant van die tent.
  • Met die water tenk met water in wou ek ook nie ry nie want dit is ekstra gewig en die dryn sit ook in die middel onder.
    Die het ek ook verleng na die sykant  en 'n kraan daar gesit om hom oop te maak as ons uit die park is om leeg te loop soos ons ry.
     
  • Die ander ding waarmee ek gereeld gesukkel het was om die water tenk vol te hou.
    Daarvoor moes ek in Hartenbos 2 x 20m tuinslange koop want daar is die water punte redelik vêr uitmekaar, maar dit het 'n "schlep" gebly want moes die kraan oop maak voor daar gestort word en dan weer na daar gestort was.  Toe besluit ek om hom automaties vol te hou, maklikker gesê as gedaan. 'n "Level Switch en Solonoid Valve 12vDc gekry, toe sien ek ek moet die tenk laatsak opm dit te doen.
    Wel Jaco van Pta. Oos Woonwakleniek het dit as demo vir my gedoen en dit moes ek van die begin af gedoen het.

Nou stort ek tot die warm water klaar is en die volgende is die afloop water.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 16:00

Ek begin met die foto's van die Classique, die Exclusive se water tenk onder is basies die selfde.

Die oorloop pyp en drein klep.
Die oorloop pyp en drein klep.
l
Die klep met afseel om te voorkom dat goggas binne nes maak.
l
Hier kan jy sien waar sit die drein pyp.  Die ander punt is waar die pompie op die Classique vas kom.
l
Die oorloop pyp is die boonste een.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 16:06

Hier is die volmaak inligting van die Exclusive se water tenk.

l
Dit is waar ek die oord se water koppel.
l
Hier kan jy die oorloop en drein pype van die Exclusive sien.

hier die klep sit ek binne aan as ons by die staanplek kom, sie vlak beheer gee krag om die klep oop te maak as die tenk se water laag is en sit weer af as hy vol is. 

l
As jy mooi kyk (middel regs) sit die "solinoid valve"
l
Hier sien jy die binne skakelaar.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 16:24

Ek het toe later besluit om die oord se water deur filter te sit en aangesien die pomp nie bedoel is om teen hoë druk te werk nie moes ek dit voor die pomp sit.

l
Rond gesoek en op die afgekom.
l
Na ons filter by die huis laat insit het het ek toe op hierdie afgekom.
l
So het ek dit voor die tenk toe ingesit.

Desember 2015 het ek in Hartenbos agter gekom die druk is baie hoog en die gewone tuin koppeling spring ontydig los (gewoonlik as jy nie daar is nie of deur die nag).  So paar jaar voor dit het ek 'n oubaas by die Eiland gesien met 'n kontrapsie op die kraan, hy het die water dierek aan die Eleganse gekoppel sonder om deur die tenk te gaan.

Later het ek toe op die ding afgekom.

l
Jy kan die druk maklik stel.

Ek het intussen die koppeling aan die oord se kraan vervang met twee kort stukkies pyp en staal (brass) koppelstukke want die plastiek het iemand een nag by Klein Kariba gebreek.

l
Die twee pype het verskillende koppelings om die oord se kraan te pas.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 16:29

Dit is die eerste vraag wat ek gekry het.

"As mens water koppel met hierdie aanpassing op jou wa, verhoed mens nie ander kampers om ook die kraan te gebruik nie. As daar `n kraan op elke staanplek is is dit goed maar nie alle kampe het een kraan per karavaan nie."

My antwoord was.

Ons het nog nooit 'n probleem gehad nie en daar is hordes van dié soort koppelstukke wat gebruik word, soos die naweek weer.

productDetailsN  productDetailsN

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/01/2018 - 16:31

Ek het min of meer dieselfde aangebring as Willem :-

  • Die oorloop van die watertenk as dit vol is, in die middel van die wa, het ek ook verleng na die wiel aan die teenoorgestelde kant van die tent.
  • Die dreinering van die watertenk het ek by Willem ge-"copy" en dit ook na buite met 'n pyp gelei met 'n kraantjie op die punt.
  • Ek gebruik 'n "TankBuddy" om die watertenk permanent vol te hou.  Dit is nie soos Willem s'n 'n elektroniese meter nie, maar werk meganies en is na my mening nie baie suksesvol nie.

G'n wonder ons stel nie belang in 'n nuwer karavaan nie, want hier is net te veel lekker bykomstighede wat ons al aangebring het om die kamplewe meer aangenaam te maak.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 01/02/2018 - 08:54

Na watter pad verwys jy Johann ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/04/2019 - 08:39

Na ek dat Jaco van Pta. Oos Woonwakliniek die auto water vol maak elektronies opgradeer het sukkel ek.  Die tenk se rooi lig is lsnkal asn dan sie die ding nog nie om die "solinoid valve" oop te maak nie (die karavaan was paarkeer terug vir dit).  Jaco het my filters uitgehaal maar staads wad dit nie reg nie.  Later het ek gemerk dat die deurkan hoër joet wees want dit is waar die kontak punte is en dit wil my voorkom die een wat moet sê maak vol is te laag.

Die afgelope naweek het ek gewonder.  Moet ek nie maar eerder die water dierek aan die karavasn koppel nie ?  Ek het mos 'n druk reguleerder om die oord se water druk af te bring na sê 1 bar en dan net die pomp se draad 'n skakelaar insit ?

So het ek dit toe ook op fb gesien as raad wat iemand gegee het.

l

Al wat ek moet doen is om 'n "T" stuk aan die leweringskant van die pomp te sit met 'n eenringting klep (non return valve) en 'n skakelaar op die krag toevoer van die pomp om hom af te sit.  Dan kan ek lopende water hê sonder om die pomp te gebruik.

Sou ek dan op 'n plek kom waar ek nie dierekte water kan gebruik nie kan ek steeds die tenk van buite vol maak en net die pomp skekrlaar aan skskel en dit soos nou gebruik.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/04/2019 - 09:41

Willem, my vrese is net ons waens se loodgieterswerk (pype en krane) is nie gebou om onder druk te werk nie. Wanneer 'n kraan oopgedraai word, skakel die pompie mos aan en water vloei deur die pype, glad nie onder druk nie.  Die oomblik as alle krane toegedraai word, skakel die pompie af en daar is geen waterdruk in die pype en by die krane nie. (Ek weet jy weet hoe dit werk, ek noem dit maar net vir ander lesers van hierdie draad wat dalk nie weet nie).

Ek het ook die raad wat jy op FB gesien het, gesien, maar onthou dat ander waens, byvoorbeeld die Sensation, se loodgieterswerk (pype en krane) is gebou om water onder druk te te hanteer.  Ek sal my morsdood bekommer dat 'n kraan, 'n pyp of 'n pypklamp iewers die gees gee of losskiet terwyl ons nie by die wa is of dalk slaap nie.

Soos jy weet gebruik ek 'n TankBuddy wat die toevoer-water na die ingeboude tenk afsny wanneer die water onder druk terug opbou tot by die TankBuddy.  Daar is dus ook water onder druk, maar alleenlik vanaf die ingooi-keel tot in die watertenk  -  die pyp vanaf die ingooi-keel tot by die watertenk is dus die enigste wat onder munisipale /oord druk is en selfs as hy die gees gee, is my wa onder water.  Om my bekommernis te onderdruk, maak ek net die oordkraan na die TankBuddy oop wanneer ons stort of wanneer ek op die monitor sien die tenkwater is laag. Andersins hou ek die oordkraan toe.

Dus Willem, ek is eerder Bang-Jan as Nat-Jan.  Ek sou sê jy moet eerder terugkeer na jou oorspronklike "ball valve" stelsel of jy moet die elektroniese een probeer vervolmaak.

Ns.  Ek het ook iewers gelees van 'n ou wat sy TankBuddy uitgegooi het omdat die oord se waterdruk te hoog was en die opgeboude druk tussen die watertenk en die TankBuddy het sy watertenk laat bars.  Daarom draai ek die oord se watertoevoer af as ons klaar gestort het.  'n Ander ou het weer 'n tweede watertenk op sy Exclusve laat installeer om die probleem van te min water tydens twee mense se stort, uit te skakel en hy maak die tenks op die konvensionele manier vol as die water te laag loop.

Pretoria

leeu

Wed, 24/04/2019 - 14:33

Baie dankie Willem en Len, ek gebruik op die oomblik 'n tuinslang om die tank vol te hou as ons stort. Dis nie baie gerieflik nie, vernaam as die weer nie saamspeel nie. Ek het amper vir ons 'n tank buddy gekoop, maar sal twee keer dink nadat ek hier gelees het. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/04/2019 - 17:03

Dalk is jy reg Len, moet dalk meer aandag gee en kyk of dit nie dalk die oorspronklike meter wat hy mee uitkom nie net die 2de helfte vsn die tenk meet nie.

'n Ander plan is om die pomp in 'n kan (krat) te sit wat 'n gewone "ball valve" in het wat buite staan.  Dan is daar geen elektroniese komponente het nie en dou hy mors is dit buite.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/06/2019 - 15:03

Ek het die kamp by Aasvoëlkrans gesukkel met die pomp, gedink hy het 'n "air-lock" want hy het net so bietjie gepomp na ek hom geskud het, tog sit hy onder die tenk.

Ek het gister die karavaan opgelig ne die pompie uit gehaal want ek het gedink daar is vuilgeit aan die suig kant maar het jiks gekry nie.

Die pimpie in 'n bak water gesit en hy pomp nog 'n barshou.

Wil môre Noord toe gaan vir 'n paar koppelings, ek gaan 'n "T" insit om 'n bloei punt na die "non-return valve" te sit met die hoop dat ek dit kan gebruik as dit weer gebeur.

Ek het die "float valve" wat Kurt (van CP.com) destyds vir my gestuur het weer gekry en as ek verder gaan sukkel gaan ek hom in 'n krat sit en die pompie dan daar insit.  Ek het dit destyds met die Regal gedoen.

(Ek sien nou onder die karavaan waar Jaco my "filters" uit gehaal het, swak, sal nie weer daar aan die karavaan laat werk nie.)

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 25/06/2019 - 16:51

.....ja, ek het ook vertroue verloor en vermoed hy werk nie meer self aan die waens nie.  Ek sal maar eerder iemand van hier plaaslik gebruik.

Hou ons op die hoogte van die krat-projek.  Beteken dit dat jy net water in die wa beskikbaar sal hê nadat jy die krat en water langs die wa in plek gesit het ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/06/2019 - 19:11

Len, ja.

Maar ek sal dit eers oorweeg as die elektroniese goed begin moeilikheid gee.

Of dan sit ek daai "ball valve" wat vir my gegee is in.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 25/06/2019 - 19:37

Len.

Ekskuus Len, ek sien nou eers jou vraag raakblush

Ek het hier verwys na die water toevoer na ons woonwaens,  mens wil nie jou toevoer pyp permanent gekoppel los by 'n kraan nie, en ek het al 'n bras dubbel kraan so "verloor".

Na watter pad verwys jy Johann ?

Ek gebruik nou 'n goedkoop plastiek Y-stuk met twee krane aan, en moet nog plan maak om die water kan se koppelings netjies te maak.

Willem, dankie dat jy die draad weer uit die dode op gewek het, ek is juis nou besig om my 12v pompie permanent vas te sit, met pyp na agter my Penta omdat ek die kombuis wil skuif.

My wa is verander ek kan of watertank en waterpomp gebruik of ek kan direk in oord se water stelsel koppel en oord se waterdruk gebruik. So meeste van die tyd gebruik ek water sonder om waterpomp te gebruik. Ek kan dit doen want ek het klas 1 waterpyp en krane gebruik toe ek my wa gebou het. By aasvoelkrans het ons ook gesukkel willem my tuinslang was gevreis en ook maandag ogend was die waterpipe onder my wa gevries die waterpomp wou nie reg werk nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 26/06/2019 - 09:47

Willem, ek begin wonder of jy nie eerder moet afsien van direkte water-koppeling en die gepaardgaande gesukkel met waterkratte, nog pompe, ball-valves, solinoids en al sukke goed nie.  Sou dit nie beter wees om 'n tweede Exclusive watertenk onder die wa te installeer en die twee se watervloei aanmekaar te koppel nie ?  Dit behoort tog nie so 'n groot probleem te wees om een keer per dag die tenks te vul nie.  Ek het eenkeer in Blok E by Hartenbos langs 'n ou met 'n Exclusive gekamp wat 'n tweede tenk laat aanbring het.

In ons geval (ten spyte daarvan dat ek 'n TankBuddy het), kom ons reg met ons enkel, ingeboude 40 liter tenk, maar ek hervul dit dadelik nadat Annatjie gestort het en voor ek stort.  Sou dit 'n lastige probleem raak, sal ek beslis 'n tweede tenk installeer.  Ons was ook skottelgoed in die tent/rally, maar daarvoor gaan haal ek 'n emmer kookwater by die ablusie - en dit gebeur maar maksimum tweekeer per dag.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 26/06/2019 - 10:03

Len, vir nou moet ek net kyk dat die pompie weer normaal pomp.

As die elektronika groed sal ek kyk na die meganiese "ball valve" opsie in die bestaande tenk.  Die laaste maar maklikste opsie is die krat met die meganiese "bsll valve" wat werk soos 'n toilet sin.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 18:07

Hier is wat ek gedoen het om die "air-lock" probleem hok te slaan sou dit weer gebeur.

.
Die pomp is op die laagste punt en die "non-return valve" is stroomop van die pomp.
.
Hier links van die "T" stuk is die bloei pyp.
.
Hier is die bloei klep.