Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -14 hours ago

So bietjie nostalgie

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Tue, 06/02/2018 - 19:22
Forums

Lank, lank gelede......

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinders..  'alie'-tyd by die skool met n ghoen.... touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin, dan swem in die sinkdam of skoon riviere.  Kamp op die stand was nie taboe, 'n swaai gemaak van tou met tamatie kasplank vir sitplek aan die groot appelkoos-boom; foefie slide se seer boude. Rugby op die oop stuk veld; tennis en spoorsny in die grond strate.

Die reuk van koekiesbak uit die kombuis; gemmerbier in die spens, kougom vir 'n pennie, roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie??"gues who dies on the bus today?

Wag, wag kan jy nog onthou.... toe om-die-hoek vêr was; toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan. Husse met lang ore!!

Honderde muskietbyte toe jy met oop vensters kon slaap, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. In winter is dit op mielieblare speel, ai ai daai aand as jy bad die brand!  Taaitoffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks", 'rounders' en boomklim; modderkoekies bak.

Skooltoe loop sonskyn of reen. Ringe ring a rosy speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Onder die hande klap, wolf wolf hoe laat is dit? Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...
Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens. 'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë sjokolade poeier met suiker vir sjokolade; yslollies in Tupperhouertjies gevries van aanmaak koeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en Sharps taai toffies;  malvalekkers, vissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'

Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT of netbal wedstryd.

Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 10 tot 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.

Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.

Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.

Die lekkerte van by die padkafee of drive-in gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk gesteek was en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.

Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......

Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo." Olka bolka riebietjie stolka om te besluit wie gaan toehou! Foute was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."
Geldsake was net in 'Monopoly."
Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.
Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.

'Verdowingsmiddel' het beteken "Milk van Magnesia" of Lewensessens.
Moed is ontdek as iemand jou "dare".
Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.

As jy meeste van die dinge onthou, dan het jy  G E L E W E!

Geniet en vertroetel die nagedagtes. Dit was wonderlike tye!

Centurion

Dusty

Tue, 06/02/2018 - 20:59

Was so klompie jare gelede op n strand aan die Kaapse kus. My dogter was nog klein en haar gewys om sandkoekies (soos modderkoekies) op die strand te maak. Daar het n man verby geloop stil gestaan om te kyk en gesê hy wil sy kleindogter dit ook leer. Moet sê dit was nogal lekker tye gewees

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 06/02/2018 - 21:15

Ek probeer nou onthou, maar dit is moeilik?, op hoër skool het ons nie meer die goed gespeel nie, ek was in 'n tegniese skool, (ambag skool) ons het pouses oor girls gepaat, en baklei.?

 

Meyerton

Segekok

Wed, 07/02/2018 - 06:57

Vandag kan mens nog net daarvan praat.  Kinders van vandag  wys net vir mekaar hulle selfone. Sit langs mekaar en text hulle maats wat nie by hulle is nie. Hulle gesels nie eers meer met mekaar as hulle saam is nie. 

Dit is seker hoekom mense altyd vra.... Wat is daar vir die kinders om te doen? Voor hulle gaan kamp

Secunda

Sleep nou

Wed, 07/02/2018 - 07:08

Klei lat gooi , kaal voet skool toe, tok tokkie, inry toe gaan met R10 en twee flieks koop , tent opslaan in die bos oorkant die pad pap maak duiwe slag en eet, griemie toffie eet , ons bure se kinders en ons so innie week oorgeslaap , slip weg van skool bure se apelkose gesteel tjoper fiets gery so kan ek aan gaan ja Arie daai was lekke

Waar my wa staan

Arie

Wed, 07/02/2018 - 07:14

Wie onthou nog nie nagwa wat die emers by die huise kom uothaal het?

Ons het vislyn oor die sypaaidjie gespan dan trip die met sy emmers, ek dink dit is waar die gesegde van hy het geval dat die k#k so spat vandaan kom.

 

Meyerton

Segekok

Wed, 07/02/2018 - 07:26

Arie.  In Glencoe het hulle tot in die laat 70's nog die emmer stelsel gehad. Die een het die emmers in n ry op die straat hoek gepak tot die "JAM" lorry dit kom haal het.  Baie met die fiets gery dan skop ons die eerste emmer om en die res val soos domino'blokkies. Groot gemors.

 

 

Jozie

It'l Dodat

Wed, 07/02/2018 - 07:48

Ek....

Ek onhou Nels dairy wat in Randburg bedrywig was, se perd en perdewa wat melk kom aflewer... Volgens sulke “tokens” wat inni melk bottles by die voor-deur gesit was...

Ek het so nou en dan, so met skool vakansie tye... so middle-middle reg agter die wa gehardloop en een ot twee orange-juices afgevat...

Ek was noooooit stout...... Nooooit....

Vandag, jinne jong, jy gan nie bottles vol melk by jou voordeur laat los.....

Speletjies: -

Kas-kar ry.... Tolletjie spin...... En somme enige iets wat jou verbeelding kon opwerk.....

Ek kyk my kleinseun aan... so 8 yaar.... Speel hy met sy versaameling hot-wheel karretjies.... Doer ver in sy verbeelding

Sy “games”  tyd word nou beperk.... Het glad nie n cell....  Selde met my kleindogter so 7.... speel  sy met haar poppe... ook diep inni verbeelding.... het ook nie cell nie....

Lyk my, cell maak verbeelding dood....

Centurion

Dusty

Wed, 07/02/2018 - 08:14

Ons het ook nog die emmerstelsel gehad waar ek groot geword het. 

Alles wat hier genoem is is baie bekend.

Ons het ook n speletjie gespeel wat dobbertjie genoem was.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/02/2018 - 09:14

Op die plaas was daar net die long-drop.  Soms agter weg gekruip en dan die sittende een van agter met 'n lang gras gekiellie, groot sports.  laugh

Ja so met die gesels kom baie dinge terug in die dop.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 07/02/2018 - 10:35

Die emerstelsel het maar ook soos die longdrop gewerk! In Pretoria was die emerstelsel nog in werking tot as ek reg onthou so 1956 of so. Het 'n deurtjie agter gehad wat die mense dan die emmer kon uithaal en 'n skoon een insit.

Ons het ook gereeld die dogters so van agter af met 'n grasie gekielie, groot gegil afgegee.

As daar 'n onderwyser was wat regtig mislik was het ons sy emmer in die aand gaan uithaal skuins teen sy voordeur gesit, geklop en weg gehol. As hy dan die deur oopmaak val daai emmer om is die huis en oor sy voete!

Groente en vrugte het hulle ook van perdekarre af verkoop, die kar het stadig in die straat afgery en die vrouens het dan uitgekom en lekker vas groente en vrugte gekoop.

Wie onthou nog kennetjie? Ook 'n lekker speletjie gewees. 

Die ou skoolbanke met die porselein inkpotjie, en daai lang ink pen met die los punt, gereeld die dogter wat voor jou sit se vlesel punte in die inkpot gedruk.

Centurion

Dusty

Sun, 11/02/2018 - 20:18

Wie kon nog van skooldae die lammer vangers onthou?

Dit was n groep van die onderwysdepartement wat kinders opsoek wat lank nie in die skool was sonder enige verskonings nie

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 11/02/2018 - 20:40

My ouers het altyd gesê die lammervanger is 'n vreeslike groot voël, hy vang kinders wat nie skool toe gaan nie en eet hulle op.

Kan ook die longdrop en die nagwag (nag kar) onthou. Dorps huise het die emmer stelsel gehad 9 uur saans het die "nag wag" dit kom leeg maak.

Ons het baie gehuil van die brand as gevolg van daai mielie blaar hope; tonnels in dit gebou, en as jy in daai sink bad klim, eish 7 soorte hel uit jou gebrand.

Vandag se stoutgeid en ons stoutgeid verskil hemels breed. Ons het by die onnies wat jou pak gegee het gaan vrugte steel.

 

Centurion

Dusty

Mon, 12/02/2018 - 05:27

Die plek waar ek groot geword het net 'n teerstraat gehad wat deur die plek gegaan het. die huise was in dwars strate (lane) gewees, waat nie geteer nie  en elke laan het 'n hek gehad waar dit by die teerstraat aan gesluit het. Elke aand om negeuur het iemand die hekke toe gemaak, nouwel nie gesluit nie. Verkeer daar was maar bitter min. Al die huise het ook die emmerstelsel gehad en die laerskool het "longdrops" gehad. Naweke en skool vakansies het ons maar in die tuin gewerk saam met my pa. sondae was dit doodstil. Niemand het gewerk nie. Almal het almel geken. Pakslae vir stoutighede was aan die orde van die dag gewees en dit het geen skade aan ons gedoen nie. Ek dink dit het van ons gemaak wat ons vandag is. Eerbiedig en selfstandig

Centurion

Voortrekker

Mon, 12/02/2018 - 08:25

het net 'n teerstraat gehad 

 Laat my nou terugdink aan die huis waar ek groot geword het in Somerset Wes, laat sewentigs, ons het ook nie teer strate gehad nie (gelukkig was daar speol toilette) 

Die 'stootskraper' het gereeld gekom om die strate weer gelyk te maak -   dit was natuurlik 'n hoogtepunt om dit te bekyk.   Maar die beste was die lekker klei wat 'n mens kon uitgrawe vir die klei-lat gevegte.

Na die stootskarper het die pad roller natuurlik agterna gekom om alles plat te druk smiley

Secunda

Sleep nou

Mon, 12/02/2018 - 09:34

En ons het bymekaar gekuier en geweet waar is wie sonder selfone en laptops lekke tye innie kwarrie gat gaan swem vandag kan jy nie somer swem waar jy wil nie

Centurion

Dusty

Wed, 27/06/2018 - 14:10

Wie kan nog "stretch" onhou? Dit was wanneer jy met 'n mes/skroewedraaier die ander persoon sy bene laat rek het sodat hy wydsbeen staan. Dan pen jy die mes/skroewedraaier in die grond tuusen sy voete en dan moet hy omdraai ens.