Dinokeng Resort

Algemene inligting

Resensies

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 23/04/2019 - 11:54

Ons was die Paasnaweek 2019 daar vir ons eerste kamp daar en was aangenaam verras.  Van die staanplekke is wel beknop maar gelukkig is daar ook tente wat plek soek en dan is daar ook klomp staanplekke vir die ouens met die dubbel as karavane.

Die glybane (6) is oop herldag en geen ekstra koste nie.  Drie is vir die kleiner kinders wat apart is.

Daar is 'n groot koue swembad, kleiner een buite wat so 31°C is en dan is daar 'n ronde onder dak warm bad wat so 35°C is.

Daar is ook swart skop fietse baan vir die kleintjies.

Wat ek wel mis is 'n put-put baan, die oord bestuurder het wel gesê dit is op die tafel.

Op hierdie skakel is nog info en foto's.

.
.
.
.
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
18-22 April 2019
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Op spesiale versoek
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel met wegneem etes
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 07/04/2022 - 18:45

Ons het vroeg die jaar 2022 'n kamp gemis saam vriende se 60ste verjaarsdag weens my Ford wat gestaan het.  Ek het die naweek geskuif na 'n mid. Week (Sondag tot Vrydag oggend).  Die keer het ons op J1 gestaan wat 'n plaveide staan plek is met eie badkamer.  Al is daar nie baie koelte op die groot staanplek nie is daar gewoonlik oggend of middag skadu.

Dit is voorwaar 'n puik oord, wat lekker is vir die jongklomp en groot mense.  Hulle was besig om 'n groot nuwe warm onder dak swembad te bou wat binnekort geopen sal word en moet sê daar wag nog paar nuwe verwikkelings om die nuwe warm swembad.

.

.

.

Die nuwe warm swembad se dak konstruksie in die agtergrond gesien word.

.

.

.

.

Nuwe warm swembad in aanbou.

.

My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
27 Maart tot 1 April
Koste
R850pn met eie badkamer
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Plaveisel
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel met wegneem etes
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Lyttelton

Trev

Wed, 05/03/2025 - 17:30

Het die afgelope naweek (Vrydag to Dinsdag) vir die eerste keer by Dinokeng Resort gekamp.  

Hierdie kamp is een van die beste, indien nie die beste waar ek tot dusver gekamp het.  Ons het op F4 (met privaat ablusieblok en plaveisel) gestaan met oor genoeg spasie vir die Exclusive en 3 afdakke (ons het net 2 gebruik).  Elke staanplek het eie kraan en 2 kragpunte (1 vir blou karavaan konneksie en 'n gewone 3-punt prop).  

Privaat ablusie blok het stort, toilet en wasbak met opwasgeriewe (2 wasbakke en genoeg spasie vir skottelgoed vir 'n nasie) net buite die gebou.  Warm water, voorsien deur gas geyser, was volop.  

Die kampeerplek was redelik vol van Vrydag tot Sondag, maar dit was nog steeds stil en rustig (veel meer as wat ek van ATKV Klein Kariba kan se wat verskriklik besig gevoel het die keer toe ons laasjaar daar was).  Dit was behalwe Maandagoggend toe 'n paar jong kinders met van daardie swart skopfietse besluit het om teen 5h30vm besluit het dat die kamp te stil is...

Verskeie tipes bokke het rustig deur die kamp gewei met een of 2 wat op 'n stadium 'n oorlas van hulle begin maak het, maar andersins was dit lekker om hulle teenwoordigheid te ervaar.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
28 Feb tot 4 Mrt 25
Koste
R750 per nag
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en plaveisel opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus