Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Kambro

Algemene Inligting

Resensies

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 12/11/2018 - 18:24

....'n heerlike padstal met seker omtrent 6 karavaan staanplekke en 'n puik ablusieblok.  Dit is geleë reg langs die N12 tussen Driesusters en Kimbeley, so 25km noord van Britstown.  Dit is in die middel van die Karoo met die lieflikste sterreprag in die nag.  Dis net die regte oorslaapplek vir jou.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
Vir kinders?
Geen fasiliteite

Ek ondersteun Len se taksering van Kambro. Dit is inderdaad 'n heerlike plek om oor te bly op die N12. Baie lekker tuisgemaakte pasteie en Karoo lam is beskikbaar in die winkel/padstal en jy kan selfs 'n aandete bestel sou jy so voel. Daar is wel nie 'n swembad  nie, maar daar is wel 'n plaasdam met skoon water waarin jy kan gaan afkoel.

Hieronder foto's van 'n staanplek en die ablusieblok. Al ses die staanplekke lyk dieselfde. Jy stop jou wa so dat jy sommer direk op die gras uitklim.

.

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
Vir kinders?
Geen fasiliteite

Ons het op 17 Desember weer hier oorgeslaap. Alhoewel dit baie droog is in die Karoo en die gras op die kampeerplekke maar kol-kol is, is die res van die geriewe steeds puik en kan jy met 'n geruste hart hier oorbly.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 07/01/2019 - 21:46

Ek is juis nou besig om te beplan vir ons trip April tot Mei na ATKV Goudini, en kyk na plekke om oor te slaap. Vir so ver rit, slaap ek graag twee nagte oor op een plek, dit gee ons tyd om sommer ook die omgewing te verken., en ek sien dit is op die N12.

Dankie vir die opdatering👍

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 08/01/2019 - 11:28

Ek't nog nooit by Kambro gekamp nie, maar het al verskeie kere in die selfsorg-eenhede oorgebly. Skitterende plek.

Ek weet nie of dit ook die geval is as jy daar kamp nie, maar gaste in die selfsorg-eenhede ontvang 'n vars tuisgebakte broodjie met aankoms.

Wilma Strauss is 'n uitstekende gasvrou.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 12/01/2019 - 07:44

.............dat jy sê van die broodjie want as ek weer daar oornag-kamp, gaan ek by Wilma aandring op ook 'n broodjie !

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 12/01/2019 - 19:54

Ek gaan nêrens bespreek nie, net haak en sleep. Die plan is om so die eerste Sondag oggend van April hier te vertrek, en dan af te karing tot in Goudini, daar basis op te slaan, en van daar rond te ry. Al neem dit my 'n week tot by Goudini, wie gee om😂

Kambro is op die lysie vir so twee tit drie nagte.