Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Riverside

Algemene Inligting

Resensies

..is gelee te Ritchie (ongeveer 40km suid van Kimberley) op die oewer van die Rietrivier. Om by die oord te kom draai mens van die N12 af na Ritchie. Die oord lê dan per teerpad 2km vanaf die N12. Ons het net een nag hier oorgeslaap gedurende Jan 2016 op pad terug vanaf George.

Die oord is in twee vlakke uitgelê met staanplekke direk op die rivier oewer en die res van die staanplekke ietwat hoër op 'n terras. 

Al die staanplekke het goeie gras bedekking gehad. Die ablusies was oud, maar skoon en netjies. Daar is ook 'n swembad om in af te koel. Ek kan nie onthou of daar 'n speelpark vir kinders was nie, maar die swembad behoort hulle besig te hou.

Op die N12 by die afdraai na Ritchie, is 'n vulstasie en supermark (dink dit is 'n OK minimark) waar die nodigste aangekoop kan word.

Ons het die oord positief ervaar en sal dit defnitief weer as 'n oornag stop gebruik. Die rivier oewer staanplekke behoort groot byval te vind by die varswater hengelaars, wat vir 'n paar dae hier kan kom uitspan.

Ek het foto's gesoek, maar dit lyk asof ek nie foto's hier geneem het nie.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
Jan 2016
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/11/2018 - 18:49

...... te help, hier is 'n foto van die onderste (rivier) staanplek.  Dis 'n lekker oornag staanplek wat ek ook kan aanbeveel.

.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/11/2018 - 20:49

Stem saam met julle, ons het ook daar twee nagte gestaan op pad Melkbosstrand toe,  regtig 'n baie lekker oord, met baie besienswaardighede in die omgewing.

Een van die baie atraksies is Magersfontein waar die engelse en ons boere geveg het, ook Kimberley se groot gat is naby.

Teveel om op te noem.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
April 2016
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Ja
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras met skadu
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee

Ons het die aand van 2 Jan weer hier oorgeslaap op pad terug huistoe, en het weereens die oord as van hoogstande gehalte ervaar en beveel dit steeds met vrymoedigheid aan.