TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -3 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -5 hours ago

Ford Everest

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onTue, 13/03/2018 - 09:43
Forums

Nie dat ek nou daaraan aandag gee nie, maar siende dat my getroue Nissan Pathfinders nie meer op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar gaan wees nie, het ek gewonder wat gaan my keuse wees as ek dit eendag moet vervang.  Destyds met die aankoop van my eerste Pathfinder in 2006 het ek die beskibare SUVs deeglik deurgekyk en selfs die Merc se ML het my nie beïndruk nie ten spyte daarvan dat ek al vir baie jare Mercedesse ry.  Ewenwel, ek het toe op die Pathfinder besluit vanweë sy reuse, plat, gelyk pakruim, luukshede wat rygenot verseker, betroubaarheid (ek het lank 'n Nissan Sani V6 gery), sleepkrag en redelike dieselverbruik.

Gister laat ek my Pathfinder by 'n motorwassentrum was en langs die Pathie staan 'n nuwe Ford Everest.  Albei voertuie se agter 5de deur staan oop en ek kon die twee toe mooi staan en vergelyk.  Albei voertuie se 6de en 7de ry sitplekke was platgeslaan en ek kon toe die laairuim van beide baie mooi bekyk.  Die Ford se laairuim is nie plat nie en loop opdraende, alhoewel darem gelyk.  Die Pathfinder se laai ruimte is ook plat maar waterpas gelyk.  Die Pathfinder se agter opening is breër as die Ford s'n en ook langer (dieper).  Ek wou dit met my maatband gemeet het, maar het te aardig gevoel om dit in teenwoordigheid van die eienaar te meet ! Die Pathie se 5de deur se venster maak ook van buite af oop en dis nie altyd nodig om die groot deur oop te maak net om iets in te sit of uit te haal nie.  Nie seker nie, maar dit lyk nie of die Everest hierdie gerief het nie.  Toe die eienaar agteruit stoot, merk ek sy tru-kamera se beeld is 'n klein skermpie in die truspieël.  Die Pathie het 'n reuse skerm op die paneelbord.

Ek hou egter baie van die Ford Everest, maar lyk vir my ek sal sekere eienskappe van die Pathie mis as ek dalk eendag 'n ander sleepvoertuig moet koop.

Secunda

Sleep nou

Tue, 13/03/2018 - 10:36

Len ek het laas naweek met aanstaande skoonseun se rum party dedoen gehaat met nuwe Everest en ek se nou vir jou daai is n puik voertuig lekke ruim hier by die 460 nm en lekke hoog bestuur gerief regtig top klaas

Heidelberg GP

StephanS

Tue, 13/03/2018 - 14:25

Ons het laas maand vir ma gekyk vir iets anders. Haar keuse was die Kuga of Everest.

Ons het toe op die Kuga besluit:

1. Stylvoller afgewerk

2. Baie veiligheidskenmerke. Sou ons R250000 meer gekos het om dieselfde " driver assistance and comfort" te kry in die Everest.

3. Die Kuga se Tarra is 1600kg so as dit moet kan ons die Regal sleep

4. Daai 2L motor het baie krag!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 13/03/2018 - 14:40

Stephan

Ek glo jou maar dit is te lig vir die Exclusive, die Everest en die Ranger is reg vir sleep vir ons dubbel as ouens.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/03/2018 - 20:01

Stephan, watter " driver assistance and comfort" items ontbreek by die Everest ?

Nogal belangrik vir my om te weet.

Centurion

Dusty

Wed, 14/03/2018 - 05:29

My lynbestuurder het die 2.2 Everest weergawe. Het 'n paar keer saam met hom in dit gery. Hel wel agter gekom dat dit hellwat "body roll" het. Het in die biddelry sitplekke gesit en dit agter gekom.

Geniet nog my brankar (Kuga). Moet egter nou begin kyk na nuwe bande. Soos Len iewers genoem het kyk ek na Cooper bande.

Stephan, glo dat julle die Kuga geniet.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 14/03/2018 - 08:24

Len, gaan toets ry een, ek het en dit was vir my 'n wonderlike voertuig.  Die "Limited" een het als en al wat ek nie van hom hou nie is dat hy ook lae profiel bande op het soos my ST en dit kan later nogal hard voel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 14/03/2018 - 09:05

Nee hel Willem, dis moeilikheid soek !  Ek wil nie nou 'n gejeuk veroorsaak nie, die Pathie moet nog vir eers lank hou.  Met die kar wassery het ek net toevallig die Everest langs my Pathie opgemerk en toe begin kyk.  Twee van my kinders het Rangers (een 'n 3.2 en die ander 'n 2.2) en albei sleep karavane.  Beide baie gelukkig en ek self dink dit is "smart" voertuie, alhoewel ek voorkeur gee aan 'n SUV bo 'n D/Cab.

Worcester

Wildehont

Tue, 14/09/2021 - 20:37

Salomien se RunX het nou 271 000km gery, en is ‘n 2005 model. Dis tyd om dit te vervang, maar ons kan nie meer as R150k (R55k vir die RunX ingesluit) afknyp nie. Ek wil vir haar ‘n minder plat kar kry, want ek moet ook soms daarmee ry en geniet dit nie meer om uit so plat kar te klim nie.
 

Ek het lank gesoek, en nou op ‘n 2012 Kuga 2.5 Titanium afgekom met minder as 80 000km op. Dit behoort aan ouer mense wat dit nuut gekoop het. Hulle het ‘n FJ Cruiser by hulle seun gekry en het ook ‘n Everest, so hulle wil die Kuga verkoop. Hulle wil R150k hê, maar sal onderhandel. Ek gaan môre by ‘n vriend in die motorhandel uitvind wat die boekiewaarde is sodat ek weet hoeveel om te betaal. 
 

Die kar het ‘n vol diensrekord, en afgesien van ‘n klein duikie agter geen foute nie. Sover ek weet was dit net die 1.6 EcoBoost wat gebrand het. Hierdie klink na ‘n goeie koop, maar ek dink dit gaan maar dors wees in die dorp. Wat sê julle wat ‘n Kuga het/gehad het?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 15/09/2021 - 07:26

Ek hou ook van daai Kuga 2.5, nogals 'n nice voertuig.

Hoop jy kom reg 👍

Worcester

Wildehont

Wed, 15/09/2021 - 08:16

Ek weet nie veel van Fords nie.

Dalk moet ek vir Oom Arie vra wink

Ek het al twee Fords besit en sal weer een aanskaf. Die Kuga het ‘n slegte reputasie gekry weens die swak hantering van die wat gebrand het, maar die 2.5 het nie daardie probleem nie en dis baie kar met goeie spesifikasies vir die prys. Die brandstofverbruik sit my net af en dis nog ‘n petrol enjin ook en petrol is meestal duurder per volume as diesel. My platkar en die Everest is albei diesel so ek is bederf. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 15/09/2021 - 09:32

Chris, jou vraag is amper so maklik om te besluit of jy moet inent of nie  -  moenie jou steur aan die sameswering teorieë nie, koop daardie Kuga en kry klaar !  Dis nie aldag dat jy 'n gebruikte motor met 80 000km op en 'n volle diensrekord by ouer mense kan koop nie. (Ons ouer mense pas ons voertuie mooi op !).

Ons wil graag teen die naweek fotos van julle Kuga sien asseblief.

Verre ooste

JaquesK

Wed, 15/09/2021 - 10:08

Die 2.5 was die eerste Kuga model wat in SA verkoop is. Die een wat "gebrand" het was die  volgende model in 1.6 vorm.

Die 2.5 is 'n 5 silinder Volvo enjin en is gebruik in die Focus ST en dan Volvo moddele wat die T5 was.

Verrigting is baie goed en hy klink pragtig, maar is dors veral in stads verkeer.

Worcester

Wildehont

Wed, 15/09/2021 - 11:00

Ons ouer mense pas ons voertuie mooi op !

Hopelik het hulle die Kuga lui gery, dan is dit nie so dors nie. Ek het nie ‘n swaar voet nie, maar Salomien het die gewoonte om vinnig te versnel, veral met die wegtrek. Seker omdat sy altyd haastig is.