Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57242 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gegroet hier vanaf Eiland… Julie 2019 - Koffiekroeg Chris Boucher -2 minutes ago
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -38 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -58 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -1 hour ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -1 hour ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago

Biltong Sop - deur Segokok

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Mon, 26/03/2018 - 06:51
Forums

Dankie Segekok!  "Hier die resep deel ek nie maklik uit nie"

BenA en n paar van die ander lede het die al geproe...  

DEEL 1

200g BOTTER (margarien is gif)

5 KNOFFELHUISIES (gekap)

1 UI (gekap)

250G MUSHROOMS ( gekerf)

Braai die boonste goedjies liggies saam

DEEL 2

100ML KOEKMEEL

20ML GROENTEAFTREKSEL POEIER

4ML NEUTMUSKAAT

4ML FYN KOLJANDER

5ML PIETERSIELIE

SWART PEPER NA SMAAK

Meg die bestanddele van deel 2 tot ’n pasta met water . Meng in by deel 1

DEEL 3

250 ML ROOM

250 ML WATER

1 LITER MELK

1 SKYF FETA KAAS

200G GEKERFDE BILTONG... ( BILTONG POEIER WERK NET SO LEKKER)

Meng in by deel 1 en 2 en laat stadig prut.......

Waarskuwing.....  baie ryk en baie baie lekker...

Secunda

Sleep nou

Mon, 26/03/2018 - 07:49

Deon die resep gaan loop soos stroop innie winter ek stuur hom vir my ma ook sy is groot op sop

Port Elizabeth

Antie

Mon, 26/03/2018 - 08:46

Dit klink omtrent RYK en LEKKERRRR!    Buitendien, enige iets met room in is altyd die beste.  Dit is nou 'n lekker sop om vir gaste te gee vir 'n voorgereggie!

Waar my wa staan

Arie

Mon, 26/03/2018 - 09:16

Freda, ja ek stem room is nou maar eenmaal vrek lekker en dit maak 'n groot verskil aan enige soort sop, en baie [omtrent almal] ander geregte.

Gister na kerk juis by 'n koffie kroeg gaan latte drink met 'n lekker groot stuk sjokolade koek en regte egte vars plaasroom - lekker verby!!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 26/03/2018 - 13:09

Ja nee kyk, die sop gaan mooi loop in die winter,  het een vraag, mag ek maar daai wit vleis van die biltong appart geniet.

Ek sal dit nooit oor my hart kry om dit te kook nie.