Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -12 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -32 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -53 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -55 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

Brokkoli slaai - deur Segekok

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Mon, 26/03/2018 - 06:55
Forums

Dankie Deon vir die resep.

1 x groot Brokkoli  Stoom dit so 2 -3min in micro,
braai pakkie gesnipperde spek bros, 
kap 6 spring uie, 
2 koppies gerasperde kaas, (kan ook in blokkies gesny wees, so 1cm x 1cm) SOUS:  1 k Mayonnaise, 
3 eetl asyn,
1/2 k strooisuiker. 
meng en gooi oor slaai. laat staan verkieslik oornag.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 26/03/2018 - 07:57

Die bacon en feta sal werk vir my, die ander is alles bok kos.

Ek is baie gesondheids bewus, dus eet ek GEEN groente nie!

Bly maar by bees en dan my liefling, lam, niks so lekker soos 'n lekker skaap boud, ribbetjie op die kole en dan sulke lekker lam tjoppies.

Die lekkerste bly maar so twee tand skapie, met lekker vet aan. Mens het daai vet baie nodig om jou are te smeer sodat die bloed lekker kan vloei.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 26/03/2018 - 08:43

Ek het nou die dag die slaai by ander mense geëet.  Dit was baie lekker maar sy het haar brocolli net so rou ingesit.  Daai deel het ek nie van gehou nie, rou brocolli te hard en nie lekker.  So, ek is bly om te sien Segekok stoom sy brocolli eers.   

Arie, dit is net jou are wat oopgaan van vet, ander mense s'n pak toe van die kolestorool. laugh  Maar ek stem saam met jou, die vetjie kan ek ook nie los nie, hy word geëet boeta!